Tutu se ‘morele’ dilemma

 Op IOL nuus verskyn onlangs almal se gunsteling pseudo-Engelse aartsbiskop, en hy begin nou ernstig vrae te vra of die Image "struggle" die moeite werd was, gegewe die verval waarin SA tans verkeer.
 
Die Uwe het sy misnoë uitgespreek tydens 'n gedenklesing vir twee Umkontho we Sizwe strydmakkers, Coline Williams en Robbie Waterwich wat twintig jaar gelede in die stryd omgekom het. Williams en Waterwich was oppad om 'n kleefmyn te plant iewers tussen Athlone se magistraatshof en polisiestasie toe hulle in 'n oomblik van onversigtigheid die bom in hul hande laat ontplof het.
En waarom wou hulle die bom plant? Omdat hulle geprotesteer het teen kiesersregistrasie voor die algemene verkiesing. Soos met die geval van Pawlik Morozof het die ANC hierdie aksie gekaap om 'n paar nuwe kitsmartelaars in die lewe te roep.
 
Die ironie van hierdie gedenklesing het my behoorlik van my wysie gebring. Kiesersregistrasie, daardie een stap na hul vryheid, was vir hulle 'n bron van onvrede, tot soverre mate dat terreurtaktieke beskou was as 'n geskikte middel hierteen. Dat daar selfs 'n gedenklesing bestaan vir hierdie graad van onnoselheid – sowel die oorsaak as uitvoering daarvan – behoort vir Tutu seker 'n verklaring te wees waarom SA tans in hierdie Hobbesiaanse "Oorlog van almal teen almal verkeer"; 'n oorlog wat steeds meer rewolusionêre energie begin kry.
 
Die Groot Inkwisiteur van die Afrikaner het blykbaar nie sy mede-Nobelpryswenner Albert Camus gelees nie, daardie wit Algerynse onafhanklikheidstryder wat in sy baanbrekende werk L'homme revolte gestel het dat rewolusie byna altyd tot 'n versterking van staatsmag gelei het, en in feite sy eie doel verraai.
 
Inderdaad sou ek Tutu graag dieselfde vraag wou stel: was dit die moeite werd om so haatlik teenoor Afrikaners op te tree bloot omdat hulle beter geweet het hoe Afrika-bevryding daar uitsien? Was die Swart Gevaar en Rooi Gevaar werklik irrasionele drogbeelde van die NP se propagandamasjien? Is Tutu bereid om die hand in eie boesem te steek en toe te gee dat die vorige regering – ondanks al sy baie swakhede – te kampe gehad het met hierdie allesverslindende monster van tribale samehorigheid wat elders in Afrika 'n dodetal van ongeveer vyf Holocausts opgelewer het die afgelope veertig jaar?  
 
Tydens die Waarheidskommissieverhore het Tutu voor in die koor gesing om elke bietjie goedwilligheid van die vorige bedeling af te maak as onbelangrik. Sy onsinnige uitdrukking hiervoor was dat 'n slegte boom geen goeie vrugte kan dra nie. 'n Mens wonder nou of die huidige boom wat hy gehelp plant het so fantasties goed is.
Desondanks ploeter hy voort en probeer sy bes om hierdie huidige koers wat hy ingeslaan het aan te hou. Een van die aanwesiges by hierdie lesing was Trevor Manuel wat in sy openingsrede geïmpliseer het dat die ANC moet werk daarvan maak om die Wes Kaap nie-rassig te maak. "Nie-rassig maak" is natuurlik ANC-taal vir verdeel en heers, aangesien hulle nog suur druiwe het oor hul verkiesingsnederlaag aldaar.
 
Weereens maak die ANC van allerlei drogredenasies gebruik om hul magsbasis te konsolideer. Enersyds gee Manuel as ANC-lid toe dat sy organisasie op die verkeerde pad is, maar probeer desnieteenstaande mense oor te haal om op hulle te stem.
 
Tydens die gedenklesing het hulle dokumantêre films gewys oor die lewens van hierdie twee terroriste (wat op IOL as "operatives" beskryf word) en dat pamflette tydens hul begrafnis uitgedeel was waarin – tot niemand se verbasing – die apartheidpolisie weer die skuld gegee was vir hul dood.
 
Hoe dan ook, ek dink die filosoof Therèse Delpech het die spyker op die kop geslaan toe sy gestel het dat die moderne mens se grootste tekortkoming is dat sy emosionele wasdom nie saam met sy tegnologie gegroei het nie. Die mees onsinnige verklaring of aanval kan grootskaalse skade aanrig. Nêrens is hierdie voorbeeld duideliker as in Afrika nie. Tutu het met sy kinderagtige uitbarstings en beskuldigings homself genoeg skuldig gemaak hieraan.
 
Dalk moet hy saam met Camus ook maar begin om daardie ander Nobelpryswenner William Golding se klassieke Lord of the Flies grondig te bestudeer. Waar Orwell se Animal Farm 'n parodie op Kommunisme was, kan 'n mens Golding se werk ongetwyfeld as 'n parodie op Oehoeroe sien.
 
Anders as Tutu, was Golding en Camus se Nobelpryse ten minste nooit gesteel gewees nie.
 
Wie sê toeval bestaan nie?

красная рубашка для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

Wat gaan van die Voortrekkermonument word?

Image

Die wêreldresessie het sy spore ook op die Voortrekkermonument (VTM) gelaat.

Die Hoofuitvoerende amptenaar van die VTM, genl. Gert Opperman, berig dat ongeveer 280 00 minder buitelandse besoekers die VTM vanjaar besoek het as verlede jaar. Dit het meegebring dat R600 000 minder aan hekinkomste verdien was.

Staatsubsidies maak slegs 16% van die VTM Groep se bedryfsinkomste uit en dit plaas geweldige druk op die organisasie se kontantvloei.  Hierdie druk word direk weerspieël in die inkomstepakkette van die amptenare en personeel wat wat tussen 30 en 50% minder as hul eweknieë in sogenaamde verklaarde instellings elders verdien.  Die VTM moet ‘n  jaarlikse bedryfstekort van R160 000 te Bloedrivier absorbeer.  Die VTM moet ook ongeveer R400 000 per jaar tot die salarisse van die Erfenisstigtingpersoneel bydra. Die Erfenisstigting en Bloedrivier, asook die ander terreine onder beheer, ontvang geen staatssubsidie nie.

Om op te som, die Afrikanervolk se geskiedkundige plekke verkeer onder groot druk.

Om die situasie die hoof te bied, het die VTM Groep spanne kundiges saamgestel om ondersoek in te stel na moontlike strategieë wat die toekoms van die monument en ander erfenisterreine moet bepaal. Die kundiges sal hul dienste gratis verskaf en sal waarskynlik hul aanbevelings vroeg in 2010 maak, aldus die generaal.

Voorverlede week het ons Bloedrivier besoek. Die historiese voorligting was uitstekend en die gevoel van werklikheid binne die walaer gee mens hoendervleis. Gedurende die drie en ‘n half uur terug na Pretoria het ons nie veel gepraat nie, vasgevang in die wete dat ons voorgeslagte slegs kon oorleef weens ysere dissipline, samehorigheid en geloof. Lees gerus oor die Groot Trek hier.

Terwyl ‘n handjie vol Afrikanerorganisasies probeer om die geskiedenis van die Afrikaners in stand te hou, is daar minstens ‘n veertigtal ander organisasies wat voorgee dat hulle die Afrikanervolk van ondergang wil red. Hul onbetrokke houding jeens die VTM asook ander erfenisterreine noop mens om te vra hoe hulle ‘n volk se toekoms kan red as hulle nie eens sy verlede wil red nie?

Een van die ondersoekkomitees se taak is om met voorstelle vorendag te kom om die VTM en ander erfenisterreine se finansiële voortbestaan te bestendig. Hulle word ook aangemoedig om buite die vierkant te dink.

Ek wil aan die hand doen dat hulle dit sal oorweeg om hul mandaat uit te brei en om ‘n breër belangstelling by Afrikanerorganisasies teweeg te bring sodat ‘n veel wyer volksbetrokkenheid daaruit sal voortspruit.

Eerstens kan die komitee dit oorweeg om ‘n jaarlikse Afrikanerkongres te reël. Alle Afrikanerorganisasies kan die kongres bywoon; nie net kultuurverenigings nie, maar ook godsdienstige –, opvoedkundige –, landbou– en beskermingsdienste-organisasies. Dan is daar ook die Verkenners, Voortrekkers, vakbonde, vroueorganisasies en sakekamers.

Met sy hoë profiel en organisasievermoë wil ek voorstel dat Solidariteit en Afriforum saam met die Erfenisstigting die leiding hiermee neem. Anders sal Jacob Zuma se mense weer ‘n saamtrek soos voor die verkiesing moet reël…

Tydens so ‘n jaarlikse kongres sal almal kan sien hoe die praters van die doeners onderskei word. Elke organisasie kan uitgenooi word om ‘n erfenisterrein, hetsy alleen of saam met ander, volgens hul vermoë onder beskerming te neem en om die verantwoordelikheid vir die insameling van fondse vir daardie projek se instandhouding te aanvaar. Daarmee sal hulle hul akkreditasie as lede van die jaarlikse Federale Afrikanerkongres kan verdien. Sou organisasies te klein wees om individueel op te tree, kan hulle met sustersorganisasies saamsmelt om hulle in staat te stel om hulself by die Afrikanersaak in te presteer.

Slegs organisasies wat aktief bydra om ons verlede te help red, kan gevolglik daarop aanspraak dat hulle ook aktief deelneem om die Afrikanervolk se toekoms van ondergang te red. Dit sal ‘n einde maak aan die voortbestaan van die nie-presterende pratende groepies wat nooit iets tot stand bring nie, maar wat nogtans die volk wil red.

Ek is reeds jare lank kampvegter vir ‘n Afrikanerraad en het die argumente daarteen reeds herhaalde keer gehoor. Die hoofargument daarteen is dat dit byna onmoontlik is om organisasies met ‘n honderdduisend lede oor dieselfde kom te skeer as organisasies wat uit ‘n faksmasjien of ‘n rekenaar bestaan. Alle organisasies sal nooit ewe groot of ewe belangrik kan wees nie, maar nou word die geleentheid geskep vir groeiende werksgroepe om op ‘n gedesentraliseerde basis hulself in te presteer in die Afrikanersaak.

Die Afrikanerkongres kan ‘n jaarlikse instellng wees waar die erfenisbegroting goedgekeur word en waar ander kwellende sake bespreek en standpunte geformuleer kan word. Sodoende sal die Erfenistigting se las oneindig verlig word en sal die instandhouding van ons volksgoedere nie meer ‘n gedelegeerde verantwoordelikheid aan ‘n handjievol amptenare wees nie. Dan sal dit weer ‘n volksaak word soos dit in in vroeër jare was.

 ‘n Afrikanerraad sal dan nie meer nodig wees nie, en sal Afrikaners uiteindelik ‘n redelike verenigde front aan die buitewêreld kan toon. In hierdie opsig kan ons gerus ‘n blaadjie uit prof. Danny Titus se Bruin Belange Inisiatief (BBI) neem.

Waarteen Afrikaners sal moet waak is om te verhoed dat hul geskiedenis by verstek aan die staatskas uitgelewer word en dat hulle beheer oor hul erfenisterreine sook die VTM deur transformasie verloor wanneer Afrikaners se geskiedkundige plekke deur volksvreemdes bedryf word. Die dag as dit sou gebeur, is dit ikabod met ‘n eens trotse volk.

‘n Volk sonder ‘n verlede het ook geen toekoms nie.

Dan verdien Afrikaners om as ‘n groepie enkelinge uit Afrika verdryf te word.

сколько каналов в зубеФильчаков прокурор отзывы

Is huidige onluste die voorspel tot revolusie?

Image

Iets merkwaardigs is op die oomblik besig om in Suid-Afrika te gebeur. Vir die eerste keer in dekades vind skynbaar spontane onluste onder die swart bevolking in hul woonbuurtes plaas. Ons moet onthou dat vorige onrusepisodes, in die sewentiger- en tagtigerjare onder die vorige bewind, met honderde miljoene dollar vanuit die buiteland aangestook is.

Trouens, in Suid-Afrika is iets soos "spontane onluste" eintlik 'n non sequitur. Maar tensy die Sweedse regering, die Anglikaanse kerk, Wêreldraad van Kerke of die Britse of Amerikaanse geheime diens soos in die verlede weer besig is om opstand teen die regering aan te blaas, vind daar vandag iets baie ongewoons plaas. Swartmense betoog en pleeg openbare geweld uit protes, nie omdat hulle ideologies vanuit Londen of Stockholm gemotiveer en – belangriker – befonds word nie, maar vanself!

Hierdie feit van spontane onluste bevat 'n belangrike boodskap wat nie geïgnoreer kan word nie. Moontlik – selfs, waarskynlik – staan Suid-Afrika op die vooraand van die gewelddadige revolusie van die Afrikatipe wat al dikwels vir die land voorspel is maar nog nooit gematerialiseer het nie.

Dít waarvan De Tocqueville in sy beroemde ontleding van die Franse revolusie praat, die sogenaamde "revolusie van stygende verwagtigings" is besig om sienderoë in Suid-Afrika te gebeur. Volgens De Tocqueville, pleeg arm mense wat aan gebrek en hongersnood lei nie revolusie nie (anders as wat ons aldag deur die alwetende joernaliste in ons hopelose koerante vertel word). Die kiem van revolusie word juis gesaai as 'n voorheen ondergeskikte klas (of ras, in ons geval) se lewensomstandighede verbeter. Die opheffing van ekonomiese en finansiële sanksies, asook 'n gunstige wêreldekonomie, het sedert 1994 tot die langste opwaartse ekonomies siklus ooit in die land gelei. Hoewel werkloosheid hoog gebly het, het die rekordbelastinginkomste van die staat aan die ANC-bewind die moontlikheid gebied om 'n welvaartstaat op die Europese model in te stel waar tot 13 miljoen mense vandag een of ander vorm van toelaag van die staat ontvang.

Terselfdertyd het die ANC met sy praatjies van "'n beter lewe vir almal" verdere verwagtings geskep dat daar inderdaad en binnekort werklik so 'n lewe sal aanbreek, waar die gemiddelde swarte as't ware by die klub van SEB-miljardêrs kan aansluit. Trouens, in die ou Suid-Afrika het die verskil tussen ryk en arm geen revolusionêre potensiaal geskep nie, want blankes het tot 'n ander kultuur en 'n ander orde behoort. Diegene wat apartheid as 'n soort feodale stelsel getipeer het, was in dié opsig nie ver verkeerd nie en ons weet dat feodalisme eeue lank in Europa sonder veel kritiek of teenstand verdra is.

Die gesig van 'n middelklasblanke in die ou Suid-Afrika wat in sy toentertydse Volkswagen-kewer klim om na sy middelklashuis in 'n blanke woonbuurt te ry, het geen woede of nyd by die breë massas swartes ontketen nie. Slegs die verpolitiseerde elite wat deur die radikale kliek aan die stuur van die anti-Suid-Afrika-veldtog aagehits is, het om bloed geroep en met die reusepropagandamiddele tot hulle beskikking revolusie gepredik. Weereens, dat daardie revolusie desnieteenstaande hul geld, internasionale invloed en beste pogings nie plaasgevind het nie, spreek boekdele aangaande die maatskaplike toestande wat destyds geheers het.

Aan die ander kant word die gemiddelde inwoner van 'n sogenaamde "township" of lokasie vandag gekonfronteer met die sogenaamde "swart diamante", die nuwe swart nomenklatoera wat op die rug van die politieke magsoorname en plundering van staatsbates, regstellende aksie en rykwordskemas bekend as "swart ekonomiese bemagtiging" ontstaan het. Enkele duisende swartes is "bemagtig" en verryk, maar die massa moes meesal sonder werk met 'n aalmoes in die vorm van toelaes klaarkom.

Die gewone swarte op straat sien, terwyl hy soos 'n sardien in die taxi ingeryg en vasgedruk sit, die huidig bevoordeeldes verby hom ry in hul luukse blinkswart sedans; hy neem waar hoe hulle sorgvry in die winkelsentrums alles koop wat hulle begeer, dikwels op skuld wat die banke maar te graag aan hulle toestaan. Sal dit ons verbaas as Jan Alleman in sy lokasie waar die lewe maar min of meer soos tydens apartheid sy gang gaan, verraai voel? Op die TV is daar aan hom vertel dat hy aan 'n grootse "bevrydingstryd" deelgeneem het. Nie net het hy daardeur abstrakte "vryheid" en "demokrasie" – begrippe waaroor dooie wit mans al honderde jare lank dik boeke geskryf het – verkry nie, maar ook die reg om as globale verbruiker saam met sy bevoordeelde medeswartes aan die SEB-partytjie te mag deelneem.

Voeg hierby stygende energie- en voedselpryse, asook die staat wat skielik 'n afname in sy belastinginkomste ondervind wat sy welvaarstelsel toenemend gaan bemoeilik en ons het – om nou 'n cliché te gebruik – 'n resep vir revolusie.

Waarskynlik vind daar op die oomblik meer onluste en openbare geweld as gedurende die bewind van PW Botha plaas. Die verskil is egter dat die BBC en die Britse pers dit nie aan die groot klok hang nie. Onluste onder blanke minderheidsregering is voorbladnuus,  maar onluste of selfs burgeroorlog in Afrika onder swart regerings is niks om  oor huistoe te skryf nie. En natuurlik weet die Britse en Amerikaanse regerings, asook die horde linkses en liberales in Suid-Afrika wat hul multikulti-ideologie klakkeloos napraat, veel beter as ons hoe om hierdie dinge te "bestuur".

Die Anglo-Amerikaanse slimjanne wat vir ons suksesse soos 'n "demokratiese" Zimbabwe en Kenia met die wonderlike stabiliteit en voorspoed in daardie lande geskep het, gaan in elk geval nie lees wat ek hier in Afrikaans skryf nie. Dus wil ek myself tot ander "dom Boere" soos ekself rig. Behalwe dat ons oor 350 jaar se ervaring van ons kontinent en sy "donker oog" (Laurens van der Post) beskik, lees ons ook al jare lank die groot filosowe en politieke denkers. Vir die Britte en sekerlik vir hul napraters soos die liberale Kaapse maatskappy genaamd met die ontoepaslike naam van "Nasionale Pers" is ons "dom", maar self is ons nie onder kalkoene uitgebroei nie.

Enigeen wat bietjie terugstaan en hom afvra wat nou eintlik aan die gang is met die huidige onluste rondom sogenaamde "dienslewering", kan net bekommerd raak. "Dienslewering" is 'n kodewoord vir die gunste en gawes van die welvaartstaat wat veronderstel is om die stemme en berusting van die swart massa af te koop terwyl hul broers in die party en in die comprador-burgery van Johannesburg soos varke in die Gucci-en-BMW-trog smul.

Nóg die ANC-staat, nóg sy korrupte amptenary wat nie in staat is om papier in die naaste fotokopieerder te hou nie, beskik oor die vermoë om hoegenaamd die Suid-Afrikaanse welvaartstaat in bedryf te hou. Weens die komende begrotingstekorte, asook die inploffing van munisipale en staatstrukture onder die gewig van regstelling en grypsug, gaan "dienslewering" nie plaasvind nie. En diegene wat dink dat Trevor Manuel se nuwe Stalinistiese beplanningsdepartement 'n jota verskil gaan maak, moet weer dink. Finansies is die maklikste departement om te bestuur. Solank die Ontvanger van Inkomste se rekenaarstelsel werk, sorg die privaatsektormaatskappye se ouditeure dat hul belastings op datum bly. Manuel is net so 'n hopelose en bose linkse warkop soos die res van die oud-terroristiese narre in die ANC en sy "suksesvolle" tydperk as minister van finansies bewys net mooi niks.

Die Afrikaner se ondergang was, met die uitsondering van plaasmoorde en geweldsmisdaad, tot dusver redelik geweldloos. Maar die huidige onluste en onstabiliteit skep die potensiaal vir wanorde en geweld soos wat ons in dié land nog nie gesien het nie.

Enigiets kan gebeur en afgesien van oorblyfsels uit die ou stelsel soos 'n paar Casspirs en 'n hand vol blanke polisiemanne wat nog nie uit die stelsel gesuiwer is nie, is daar niks om 'n groot skare wat op loop gaan te stuit nie. Die potensiaal vir onluste, plundery en 'n algemene verval in wet en orde – kortom, vir revolusie – was nog nooit so hoog soos nou nie.

Elke regdenkende Afrikaner behoort sy wapen/s byderhand te hê, met die maksimum wettige (en dalk onwettige) hoeveelheid ammunisie om hom en sy gesin te kan beskerm indien dinge, soos hulle sê, handuit ruk. 'n Voorraad kos en water en ander basiese lewensmiddele spreek ook vanself. Begin maar weer blikkieskos opgaar. In 1994 was dit nie nodig nie, want toe was daar nog blanke amptenare en het die staatsdiens, polisie en weermag gefunksioneer. Danksy transformasie en alles wat daarmee saamhang, geniet ons in 2009 geen staatsbeskerming meer nie. En as jou liberale bure vir jou lag, laat hulle maar lag. Liewer Bangjan as Dooiejan. Regoor die wêreld tref mense voorsorg vir onverwagte gebeurlikhede; om op die onsekere toekoms voorbereid te wees, is die kenmerk van 'n beskaafde mens.

Ons is letterlik op onsself aangewese.

Waarheen hierdie kranksinnige samelewing op pad is, sal net die tyd leer. Intussen bou die onweerswolke op. Die graad van geweld in Suid-Afrika is reeds hoër as in vele oorloggeteisterde gebiede soos Irak of Afghanistan. Met die politieke dimensie wat nou bykom in die vorm van gewelddadige onluste rondom "dienslewering", beweeg ons al hoe nader aan die rand van die soort totale verval in geweld en wanorde wat tradisioneel heet: revolusie.

play arabian nightsФильчаков прокурор харьков

Kovsies se nuwe Engelse rektor

Image

In Sondag se Rapport verskyn 'n onderhoud met Prof. Jansen oor sy aanstelling as rektor en visie-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat. Die artikel se kopteks lui heel onheilspellend: "Oor 'n jaar sal jy die UV nie herken nie". Daar gaan allerlei transformasies plaasvind, want Kovsies ly nog steeds onder die aangeplakte stigma van die bose, ongetransformeerde wit studente wat op die verkeerde plek op die verkeerde tyd 'n ontgroeningsgrap uitgehaal het.

Jansen verraai nie net sy rasse-obsessie in hierdie artikel nie, maar op die koop toe ook sy misnoeë, of onkunde, met formele Afrikaans. Toegegee, miskien is ek so effens 'ongetransformeer' in my opvattings oor mense in hoë poste, maar uitdrukkings soos "daar is nog nie closure nie", of "…hoe self-righteous ek was", en les bes "as jy tien jaar terug gesê het ek is 'n token het ek jou gemoer!" – is nou nie die taal wat ek van 'n rektor verwag nie.
 
Dit is tog 'n bietjie vreemd dat iemand wat so fanaties gedrewe is om wittes herop te voed oor 'n koshuisinsident, self ander wil "moer" as jy net iets skeef van hom sou sê oor sy aanstelling. Sy UDF/ANC verlede, tesame met Tutu se invloed wat aan hom 'n Fulbright-beurs aan 'n Amerikaanse universiteit verleen het, is seker genoeg bewys van 'n politieke aanstelling.
 
In sy kantoor, beskryf die joernalis, is daar min versierings, maar sy onlangs geskrewe boek stel hy trots ten toon. En die titel van hierdie boek? Dit lui "Knowledge in the Blood", en dit handel oor die vraagstelling hoekom jong Afrikaners nog nie wil "transformeer" nie, selfs diegene wat in die post-apartheid tydperk gebore en getoë is.

Blykbaar is die hele hedendaagse konteks waarin hulle opgevoed is deurweek van opvattings uit die verlede, en dis hier waar verandering moet plaasvind, aldus die rektor. Vandaar dat hy pleit dat jong Afrikanertjies ingepeper moet word met verhale van wittes wat swart ideologieë gesteun het, of Hoetoe's wat Toetsi's gesteun het en derglike verhale.

Hul eie geskiedenis, wat al 350 jaar hul identiteit gevorm het moet onder die groot tapyt van die vergangklikheid gevee word. Sonder skroom trek hy vergelykings met die Holocaust en Rwanda se volksmoord.
 
Dit skeel hom blykbaar min dat Afrikatale tydens apartheid spronge vooruit gegaan het, en dat swartes in Suid-Afrika danksy apartheid beter geletterd was as swartes aan sy alma mater in die Verenigde State. Die één les wat ons hieruit kan haal, is dat ondanks die miljarde-investeringe om swartes op te hef, insluitende hul 9 universiteite (terwyl Afrikaners so iets soos 5 gehad het), is Oehoeroe nog altyd 'n reële gevaar sodra die kasteelmuur van blanke oorlewing val.
 
Jansen pleit in sy boek dat daar geen maatskaplike of genetiese "essensie" is wat 'n mens tot haat of liefde oorhaal nie. 'n Mens wonder dan waarom hy – in sy eie woorde – wittes so gehaat het. Tog laat dit 'n mens wonder: haat en liefde is universele menslike eienskappe. Blykbaar moet daar tog iets inherents aanwesig wees in 'n mens om hierdie eienskappe voort te bring. Jansen het nog vòòr sy avonture in Amerika aan Wits gestudeer, tydens apartheid nogal, maar desondanks haat hy wittes hieroor.  
 
Hoe dan ook, dit bewys dat ons onsself liewer kan distansieer van die Marxistiese opvatting dat armoede 'n mens tot radikalisme dryf. Dit lyk asof die beter-gesitueerdes radikaler begin word, as dit nie altyd al so was nie. Ek dink dit was Trotski wat op 'n stadium so tussen neus en lippe deur gesê het dat die gewone gepeupel tog maar net 'n klomp onnosel kuddediere is, wat beteken dat hulle na willekeur opgeoffer mag word aan die Groter Saak. Jansen se transformasietaal herinner nogal sterk hieraan.
 
Jansen en kie het die universiteite wat hulle destyds op 'n skinkbord ontvang het heeltemaal verpes met hul eindelose politieke aktivisme, en nou is Kovsies die volgende wat in daardie skrootwerfmeule geplet moet word.
 
Dit is hoog tyd dat ons plan moet maak en kyk of ons nie Afrikaanstalige lang-afstand universiteite kan open nie, hoewel daar blykbaar al derglike stappe onderneem word. Stel jou voor jy kry les in Afrikaans vanuit byvoorbeeld Nederland of België (of selfs Engeland, vanwee die groot aantal geleerde Afrikaners aldaar – dit sal nou 'n lekker dwarsklap na Milner se gees wees!), teen bekostigbare tariewe. Dit mag dan geen onafhanklike eie staat wees nie, maar ten minste is ons jong mense gespaar van fanatiese Afrikanerhaters soos Jansen se ideologiese breinspoelery, en dan tegelykertyd profiteer hulle van internasionaal-erkende wetenskaplike onderwys.
 
Laat ons eerlik wees: Om 'n Afrikanerhater in 'n tradisionele, Afrikaanse hoër onderwysinstelling aan te stel is geensins eerbiedwaardig nie, maar net die soveelste platform waarmee die regerende elite skaamteloos arrogant sy idee van nuwe swart baasskap kan uitbasuin. Dit ly by my geen twyfel dat die ANC doelbewus die Reitz-insident vir daardie doeleinde gekaap het nie.
 
As Jansen werklik wil weet wat mense tot haat of liefde oorhaal, kan hy beter begin deur sy eie neo-imperialistiese transformasieplanne te bevraagteken wat hy so graag op ander wil afdwing.
 

форма 026уАлександр Фильчаков прокурор

De Klerk se jongste set

Image

FW de Klerk het bloed aan sy hande, die bloed van die 50 000 Afrikaners wat sedert 1994 gewelddadig gesterf het en steeds sterf. Ook die honderdduisende Afrikanervroue wat oor die afgelope 15 jaar deur swartes aangerand of verkrag is, is sy verantwoordelikheid. Elke dag lees ons in die pers en op die internet van die chaos en geweld wat op plase en in die voorstede woed.

Nie net was De Klerk aandadig aan groteske verraad deur die mandaat wat hy van die destydse blanke kieser ontvang het om te onderhandel as 'n vrypas vir oorgawe te interpreteer nie, maar die grondwet wat hy en sy handlanger Roelf Meyer aangeneem het, is 'n volslae klug. Feitlik elke reg in die sogenaamde grondwet, dié op gebruik van die eie taal, die reg om te werk, eiendomsreg, ensovoorts, word in terme van ras gekwalifiseer.

Artikel 9 (5) van die SA grondwet bepaal: "Diskriminasie… is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is."

Daarom moet De Klerk se onlangse uitspraak by 'n Solidariteit-konferensie oor regstellende aksie, waar hy hom teen "ongelykheid" uitgelaat het, gesien word vir die absurditeit wat dit is. As argitek van die grondwet en die klakkelose oorgawe aan die radikale, eksterne, gewapende vleuel van die terroristiese ANC, het hy ongelykheid en anti-blanke diskriminasie tot in aller ewigheid op sy eie mense afgedwing. Nie dat De Klerk meer 'n Afrikaner is nie, want indien hy hoegenaamd begaan was oor die gestadigde volksmoord wat tans teen Afrikaners gepleeg word, sou hy lankal ereselfmoord gepleeg het om aan 'n uiteindelike vuurpeleton van sy eie mense te ontkom.

Solidariteit, wat enkele jare gelede nog gemeen het dat regstellende aksie "onvermydelik" was maar net "billik" toegepas behoort word, is dubbel naïef in sy benadering tot regstellende aksie. Aan die een kant word gemene saak met die verraderlike De Klerk gemaak wat moontlik weer 'n strategie in die mou voer om die Afrikaner van die wal in die sloot te help. Aan die ander kant gaan die internasionale ideologiese en strategiese dimensie van ras en rassewetgewing aan die vakbond verby.

Met Obama in die Withuis, word die Amerikaanse Hooggeregshof tans getransformeer om die magsbalans in die hof na links te druk. Die aanstelling van die ultraliberale en antiblanke Spaanssprekende regter, Sonia Sotomayor, wat moeilik deur die Republikeinse minderheid gekeer gaan word, sal verseker dat die Amerikaanse Hooggeregshof voortaan regstellende aksie met hernieude ywer in die VSA gaan toepas.

Intellektueel en ideologies is Suid-Afrika deesdae die "51ste staat" van die VSA. Trouens, die totaliteit van die ANC se anti-blanke wetgewing en maatreëls is feitlik onveranderd vanuit Amerika oorgeneem. Binne hierdie klimaat waar regstellende aksie internasionaal al hoe ongenaakbaarder toegepas gaan word, is daar geen kans dat rasionale argumente daarop indruk gaan maak nie.

Uiteindelik is regstellende aksie 'n teenstrydigheid. Dit gaan nie daaroor om enigiets "reg te stel" nie, maar om instellings van blankes te suiwer of om 'n dubbele standaard te handhaaf waar swartes se prestasie met 'n ander, laer maatstaf as dié van blankes of selfs Asiërs gemeet word.

Die aandrang op regstellende aksie geskied ook nie om enige reële of historiese onreg te herstel nie, maar op grond van rassenasionalisme. Terwyl enige vorm van blanke bewussyn as "rassisme" gesien word waarvoor blankes selfs krimineel vervolg kan word, verteenwoordig swart rassenasionalisme die normale uitdrukking van die swartman se kultuur en identiteit.

Daarom, selfs al gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie tot niet soos dié van Zimbabwe, sal regstellende aksie gehandhaaf word. Geen rasionele argument of 'n beroep op gelykheid sal indruk maak op dié rasgedrewe beweging wat byna globaal en al hoe sterker in die VSA gevoer word nie.

Dis 'n ope vraag of De Klerk oneerlik of bloot dom is. Miskien albei. Terwyl Amerika hom gereed maak om deur wetgewing en grootskaalse immigrasie sy eie blanke meerderheid tot dieselfde magtelose minderheidstatus as dié van Suid-Afrikaanse blankes te reduseer, gaan Suid-Afrika insgelyks voortstrompel op die pad van regstellende aksie en sogenaamde "swart bemagtiging" wat ons ekonomie, landbou, infrastruktuur en die regstelsel op sy knieë gaan dwing.

De Klerk sal in die geskiedenis gesien word as die man wat nie net die Afrikaner vernietig het nie, maar 'n hele beskawing in Suider-Afrika tot 'n val gebring het. Sy huidige politiekery vanuit sy geveerde leuenstoel is waarskynlik bedoel om ons mense nogeens 'n rat voor die oë te draai – om ons huidige ondergang en verdrywing uit ons vaderland net verder te verdoesel.

освещение лестницы вДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Hoe nou, Sadou?

ImageDie Natalse tak van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysers-Unie, Sadou, kla oor hoe eksamenantwoordstelle nagesien word. (Is dit nie terloops interessant hoe menige lande en organisasies met “Demokraties” in hulle name juis niks van die aard is nie? Sadou is ‘n gawe versameling Staliniste, en so ook was die Duitse Demokratiese Republiek allermins demokraties.)

Volgens Sadou word nie-moedertaalsprekers van Engels glo benadeel deur die wyse waarop antwoordstelle nagesien word.

Sadou se lede is uiteraard die einste onderwysers wat skoolhou vir juis diegene– swart leerlinge en hulle ouers – wat ten alle koste aandring daarop om in Engels onderrig te word. Die Hoërskool Ermelo verkeer byvoorbeeld nie onder druk om klasse in plaaslike tale – Zoeloe of Tswana – aan te bied nie. Nee, dit móét Engels wees.

Die resultaat is voorspelbaar. Die Zoeloesprekende skoolkind sit op die skoolbank en word uit ‘n Engelse handboek onderrig in wiskunde of biologie. Die onderrig word verskaf deur ‘n onderwyser wat Engels probeer praat, maar eintlik self ‘n Zoeloe is en wie se taalvaardigheid in Engels swak is. Nóg die skoolkind, nóg die onderwyser verstaan hetsy Engels op ‘n aanvaarbare vlak, hetsy begryp hulle alles wat in die handboeke in Engels gekryf is. Die kinders gaan skryf dan hul eksamens, ook in Engels, en druip soos vlieë.

Sadou se lede is nie net die kluts met Engels kwyt nie, maar gaan soek ook die blaam vir swak prestasies op die verkeerde plek. Die leerlinge se swak prestasie word summier toegeskryf aan die nasieners, wat glo eers die Engels wat die leerling probeer besig beoordeel, en dan eers na die vakkundige inhoud van die antwoordstel kyk.

Die driedubbele mededingende nadeel –‘n onderwyser wat nie eintlik Engels kan praat nie, ‘n leerling wat nie die Engels in die handboek ordentlik kan lees nie en dan in Engels eksamen moet skryf, word egter totaal en al deur Sadou geïgnoreer.

‘n Voor-die-hand-liggend oplossing vir swak prestasie sou logieserwys insluit om a) handboeke in die moedertaal van die leerlinge op te stel, b) vir die leerlinge om onderrig in hulle moedertaal te ontvang, en c) om die eksamen ook in hulle moedertaal te skryf. Daar is sowat vier keer meer Zoeloes as Afrikaners en dus regverdig hul getalle al die bostaande stappe.

Luister is egter min. Dit móét teen wil en dank Engels wees, al lei die gebruik van Engels regstreeks daartoe dat ‘n groot aantal leerlinge druip. In die Marxistiese onderwysvakbondlid, asook die leerlinge en hul ouers, se koppe is dit egter beter om in te Engels druip as om in Zoeloe deur te kom.

подоконник купить спбтопкарго отзывы

Johann Wingard: ‘n Strategiese alliansie tussen Boere en Russe?

Image

Dit is fassinerend om op skotteltelevisie na kanaal 405, Russia Today (RT), te kyk. Nie vir sy goeie joernalistiek as sodanig nie, maar om te sien hoe ‘n kapitalistiese Rusland vandag funksioneer. Oor baie jare moes ons hoor dat alles wat Russies is, taboe en verwerplik is. Nou wys die RT-kanaal ‘n ander, moderner Rusland en bied ‘n aangename kykervaring vir die oningeligtes.

My eerste kennismaking met Rusland was aan die einde van November 1993. Toe die Swissair-vliegtuig op die Moskouse lughawe land en mens die wit sneeu en ystoneel buite sien, besef jy waarmee Napoleon en Hitler se troepe mee te kampe gehad het. ‘n

Uur later in die hotel, omring deur vriendelike en hartlike Russiese sakemanne, het die beklemmende gevoel van angs wat deur jare se breinspoeling in my gevorm was, egter plek gemaak vir die ontdekking dat die Russe net sowel doodgewone Afrikaners kon gewees het. Hulle lyk selfs soos Boeremense…

Ek was verskeie keer daarna weer in Rusland, waar ons ‘n kontrak vir ‘n aardgaskompressorprojek in Siberië onderhandel het. Tydens een so ‘n besoek was ek selfs gas van wyle Leonid Bresjnef se kok. Behalwe vir die kaviaar op broodjies met yskoue vodka het Bresjnef blykbaar baie eenvoudige eetgewoontes gehad.

Oor dekades het ons geleer dat kommunisme die groot vyand van die Weste is. Ons het geleer hoedat kommunistiese Rusland daarop ingestel was om Suid-Afrika se strategiese minerale rykdom in te palm om wêreldoorheersing vir kommunisme te verkry. Dit was glo die redes waarom ons teen buurlande moes oorlog maak. Ons het geglo dat Rusland en kommunisme onlosmaakbaar van mekaar was. Rusland was dus die permanente vyand van die Weste en ons ‘n onlosmaakbare deel van die Weste.

Maar binne een dekade het die politieke landskap totaal verander. Suid-Afrika is nie meer deel van die Weste nie, maar deel van die ontwikkelende ekonomiese gemeenskap. Die Weste se vyande is nou Suid-Afrika se vriende. Rusland is nie meer kommunisties nie en die Tsaars is terug in die Russiese geskiedenisboeke. Leningrad is weer St. Petersburg. Die Russe het kommunisme permanent vaarwel geroep.

Ironies genoeg is Suid-Afrika vinnig op pad om ‘n kommunistiese staat te word. Dit is om daardie rede dat baie Afrikaners die ANC/SAKP-alliansie as verwerplik beskou. Ons het geleer om kommunisme te haat! Die staatsdiens is ook nie meer deel van ons Afrikanerwees nie. Honderde duisende Afrikaners het hul land, wat met soveel trots, ywer en sorg oor dekades heen opgebou is, reeds verlaat. Niks is vandag meer dieselfde as vyftien jaar gelede nie. Afrikaners is vandag as ‘n kwynende volksgroep ontbloot – ‘n volk wat met homself worstel om sy nuwe identiteit te vind.

Is Afrikaners nog deel van daardie Westerse wêreld wat hulle polities ontmagtig het? By watter moondheid kan hulle nou hul heil gaan soek? By die hooghartige Weste, die raaiselagtige Sjina of by die laaste blanke nasie op aarde, die Russe? Of moet hulle maar aangaan om hul gene as enkelinge regoor die aardbol te versprei om ander volke se geenpoele te versterk?

Vandag weet ons almal dat Rusland die slegte beer was waarmee die NP-regering sy ondersteuners bymekaar gehou het. Ons weet ook dat ons manne in uniform moes glo dat die oorlog waarin hulle gewikkel was, die moeite werd was. Rusland en kommunisme was vir die meeste Afrikaners een en dieselfde ding. Daarvoor het ‘n reusagtige propagandaveldtog gesorg.

Hoeveel mense besef dat die Russe tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) aan die kant van die Boere was? Het u al gehoor van veggeneraal Jefgeni Jakoflewitsj Maksimof? Hy is by Thaba Nchu gewond en kry daarna ‘n helde-ontvangs in Pretoria waar hy as veggeneraal verkies is.

Dan was daar ook die Georgiese prins Nikolai Georgiewitsj Bagration-Moekranski, wat na die oorlog as “Niko die Boer” bekend gestaan het. Niko was selfs ook krygsgevangene op St. Helena.

In ‘n baie interessante boek “The Russians and the Anglo-Boer War”, wat in 1999 die lig gesien het, beskryf Apollon Davidson en Irina Filatova ( Human & Rousseau, 1998. 287 pp. ISBN 978-0-7981-3804-8.) hoe die ABO die verbeelding van die kontinent se nasies aangegryp het. So byvoorbeeld was die Transvaalse uitstalling van ‘n Boereplaas tydens die Groot Wêrelduitstalling van 1900 in Parys die heel gewildste stalletjie wat die meeste besoekers gelok het. In Rusland het Boeremanie hoogty gevier. Die Russiese media het geweldig baie publisiteit aan die ABO verleen en Boereliteratuur is selfs in Russies vertaal.

Die beroemde Leo Tolstoi het volgens die skrywers glo eendag opgemerk: “Elke oggend as ek die koerant oopmaak, sien ek met hartstogtelike verwagting uit na die goeie nuus dat die Boere die Britte verslaan het.”

Vir hul navorsing het die outeurs diep gedelf in Suid-Afrikaanse en Russiese literatuur en skets ‘n oorsese perspektief op die ABO. Hulle skryf hoe Russiese vrywilligers by die Boeremagte aangesluit het en hoe ‘n ongemaklike verhouding tussen Boer en Rus vanweë kultuurverskille in die veld bestaan het. Volgens hulle het die Russe net die grootste agting vir die Boere se dapperheid en krygskuns getoon. Hoewel hul getalle maar min was, het die Russe glo baie ongevalle gehad. Die skrywers beraam dat daar ongeveer 259 Russiese vrywilligers aan die oorlog deelgeneem het, maar maak die punt dat die werklike waarde van hul betrokkenheid die simboliese betekenis van hul teenwoordigheid en opoffering was, iets wat oneindig baie vir die moreel van die Boere se leierskap beteken het.

Die terugvoer wat Maksimof en Niko die Boer aan die Moskouse militêre kringe gegee het, het ‘n interessante perspektief oor Brittanje se gebrek aan krygsvermoë geskets. Die Russe het toe geweet dat die Britse leër nie teen ‘n kontinentale moondheid opgewasse sou wees nie.

Die skrywers voer aan dat die Russiese samelewing nog nooit oor enigiets so verenig was as wat dit met hul simpatie vir die Boerevolk was nie. Die Russe was volgens hulle deurgaans pro-Boer en anti-Brits, en betrokkenheid by die ABO het met die eeuwending ‘n integrale deel van Rusland se siening van hul nasionale eiebeeld geword. Die Boere was vir die Russe ‘n sprekende voorbeeld van ‘n landelike burgery of proletariaat wat sy eie republieke opgerig het, wat as “kleinboere” ‘n eerlike bestaan gemaak het en teen die Britse monargie en adellikes weerstand gebied het. Vir die Russiese volksmentaliteit was dit ‘n inspirasie.

Op strategiese vlak lees ons dat Tsaar Nikolas in sy dagboek skryf dat hy die uitslag van die ABO sou kon bepaal deur bloot opdrag aan sy Turkestanleër te gee om na die Indiese grens op te ruk. Dit sou Brittanje noodsaak om ‘n nuwe front te open om Indië teen ‘n moontlike Russiese besetting te beskerm en dus die aftog sou moes blaas uit Suid-Afrika. Generaal JC Smuts het selfs aan ‘n plan gewerk om ‘n opstand in Indië te stook, waarna die Russe sou ingryp. Brittanje kon nie twee groot oorloë gelyktydig bekostig nie – die ABO was alreeds Brittanje se duurste oorlog ooit.

Tsaar Nikolas skryf in sy dagboek dat hy Keiser Wilhelm II oor sy planne in Berlyn gaan inlig het. Wilhelm het die geopolitiek egter baie meer genuanseerd benader en wou nie betrokke raak om openlik solidariteit met Rusland teen Brittanje te betoon nie.

Image

?n Russiese kommando tydens die ABO met erkenning aan Stormfront Russia

Natuurlik was Rusland self ook geïnteresseerd in die Transvaal se edelmetale en minerale en wou ekonomiese bande met die ZAR smee. Vanweë die ingewikkeldheid van die groot moondhede se diplomasie t.o.v. die ABO, was Rusland se pro-Boerse sentimente gevolglik tot woorde beperk. Behalwe vir ‘n paar honderd vrywilligers wat die Boere kom help het, het Tsaar Nikolaas nooit tot aksie oorgegaan nie.

Tydens die Sowjet– en apartheidstydperke het die verwydering tussen die Russe en Afrikaners amptelik toegeneem tot ‘n vlak van openlike vyandigheid wat tot bloedvergieting op die slagvelde van Angola gelei het. Enige toenadering met die Russe is as verraad beskou.

Die skrywers sluit af met ‘n vraag of dit moontlik is vir die Boere en die Russe om ná meer as ‘n eeu weer die vriendskapsbande te hernu, om aardie gevoel van nostalgie wat behoue gebly het, ten spyte van die outoritêre regimes in beide lande wat die nasionale geheues wou suiwer, weer te ervaar. Hulle beweer dat daar wel nog oorblyfsels is van ‘n sterk sentiment wat gebou was op die verromantisering van die Boere se unieke sin vir vryheid, wat deur hul heldedade en krygskuns versinnebeeld was.

Geen minderheidsvolk kan sonder buitelandse ondersteuning homself laat geld op dieselfde grondgebied wat hy met ‘n oormag vreemdedlinge moet deel nie. Kyk na die Hongaarse minderheid in Romenië, wat deur Hongarye ondersteun word, die Duitse minderhede in Europese lande wat deur Duitsland gestut word om hul kulturele en menseregte te beskerm, die Turke in Duitsland, en so meer. Die Afrikaners het geen natuurlike oorsese ondersteuningsnetwerk wat hul stemme kan dikmaak as sake skeefloop nie.

Afrikaners se historiese kultuurbande met Nederland het tydends die apartheidtyd ernstige skade opgedoen. Die Afrikaners se beeld in Brittanje en die VSA is op perverse wyse sodanig geskaad dat ‘n strategiese aansluiting met daardie lande haas onmoontlik is.

Tydens ‘n gesamentlike sitting wat die Volkstaatraad met ‘n tiental ambassadeurs van oorsese lande in die Ou Raadzaal in Pretoria gehad het, was dit net die Russiese gesant wat enige simpatie met die Raad se taak getoon het. Hy het verduidelik dat die Russe die staatkundige kwessies rondom etnisiteit wel deeglik begryp. In die Praagartikel Was Lenin en Verwoerd op dieselfde golflengte? beskryf ek hoedat Lenin en Stalin ‘n beleid van etnofederalisme geformuleer en in Sowjet-Rusland toegepas het. Vir byna ‘n eeu het Russe die erkenning van selfbeskikking aan etniese groepe, ja selfs vir die Russiese Jode, met hul moedersmelk ingekry. Hulle begryp dit dus en besef waaroor dit gaan.

Waar liberaliste (soos die DA, bv.) erkenning van volksgroepe as verdelend en gevaarlik beskou en ‘n multikultibenadering verkies, beskou federaliste soos die Russe dit as helend en saambindend vir die nasionale staat as geheel.

Ek wil aan die hand doen dat ons weer na Rusland kyk. Afrikaners kan aan die Russe iets in Afrika bied wat geen ander Afrikavolk besit nie, naamlik ‘n Europese ingesteldheid wat die vaardighede van ‘n nywerheidsrewolusie deurgemaak het. Vir hul Afrikaprojek benodig die Russe ons kennis van Afrika-spesifieke landbou, water, energie, minerale verwerking, argitektuur, die mediese wetenskap, ensovoort.

Ek voorsien dus ‘n strategiese alliansie tussen Boere en Russe vir samewerking in Afrika, gevolg deur ‘n kultuurverdrag wat die historiese bande tussen hulle weer sal verstewig.

Intussen kan ons na kanaal 405, RT, vir uitstekende nuusmateriaal kyk.

Lees ook Kobus Du Pisani se boekresensie.

 

#ИМЯ? вредОлександр Фільчаков прокурор

Wil die Afrikaner nog veg vir Afrikaans?

Image

Al hoe meer mense kla oor die gebrek aan Afrikaans by banke, staatsdepartemente en natuurlik op SAL-vliegtuie. Nou die dag sien ek die voorafbetaalde sim-kaarte wat MTN verkoop. Die verpakking is in Engels, maar daarop staan: “Sotho and Zulu translation inside.” Maar geen Afrikaans nie.

Ook was ek onlangs toevallig in die Randburgse Landdroshof. Groot was my verbasing om te sien dat al die kennisgewings in die hofgebou tweetalig is: in Engels en ‘n swart taal… Weereens geen Afrikaans nie.

Ek dink nie daar is meer enige twyfel dat die staat, meer nog as die Britse koloniale staat van 60 of 150 jaar gelede, ‘n doelbewuste veldtog teen Afrikaans voer nie. Uiteindelik spruit die toestand uit politieke mag, of gebrek daaraan. Die persepsie wat die staat, groot sake en die algemene publiek van Afrikaners het, is dat hulle die politieke verloorders van Suid-Afrika is wat die verste van die politieke mag af verwyder is.

As ons dink aan ‘n soort Venn-diagram van politieke mag in die land, met ‘n al hoe kleiner area wat die sirkel van politieke mag sny, dan lyk dit waarskynlik so:

  • Zoeloes: ons het ‘n Zoeloepresident
  • Xhosas: hulle speel steeds ‘n groot rol in die ANC
  • Sotho’s: hulle beheer die Vrystaat en Suid- en Noord-Sotho word in die binneland gepraat waar die ANC nie kan bekostig om hulle heeltemal te vervreem nie.
  • Engelse: hulle behou hul kulturele, ekonomiese en ideologiese bande met die Anglo-Amerikaanse empaaier, daarom domineer Engels in Suid-Afrika. ‘n Aanval op Engelse of Engels sou gesien word as ‘n aanval op Brittanje en die VSA.
  • Kleurlinge: hulle is die meerderheidsbevolking in die Wes- en Noord-Kaap, dus het Kreools-Afrikaans ‘n bestaansreg soos ons dit op Sewendelaan op TV aantref. In baie opsigte het die “Kaapse” aksent die standaardaksent op RSG geword.
  • Afrikaners: ons is doelbewus van die politieke mag uitgesluit en waar ons oor getalle beskik, soos in die Pretoriadistrik of die Oos- en Wesrand, is die munisipale afbakenings so gemaak dat ons orals in die minderheid verkeer en oorheers word. Daar woon 700 000 Afrikaners in en rondom Pretoria; nietemin sien mens byna nêren Afrikaans nie. Sowel Tukkies as UNISA is grotendeels verengels en binne vyf jaar sal daar feitlik geen Afrikaans meer aan daardie instellings gedoseer word nie. Afhangend van die uitslag van die grondwetlike hofsaak oor Ermelo-hoërskool, mag Afrikaanse hoërskole ook binnekort van buite deur die onderwysdepartemente oorgeneem en verengels word.

Die enigste gebiede waar Afrikaans nog te siene is of gehoor word, is dié wat aan staatsbeheer of beheer deur groot maatskappye ontkom, soos die Afrikaanse musiek, gemeenskapsradiostasies en die internet. Ek weet nie of daar ‘n groot toekoms vir die Afrikaanse koerante is nie, want hulle gaan vir seker – soos die Afrikaanse universiteite – getransformeer word en sal stadig maar seker na Engels oorslaan. Daar verskyn reeds Engelse advertensiebylaes by die Afrikaanse koerante en ons kan sien hoe Die Burger en Rapport se redaksionele standpunte oor Afrikaans toenemend ooreenkom met dié van die rektor van Stellenbosch, naamlik dat “eentalig-Afrikaanse instellings ‘n mite is”. Indien daar nie meer plek vir eentalig-Afrikaanse universiteite of skole is nie, waarom sal eentalig-Afrikaanse koerante nog verdra word?

Trouens, was dit nie vir die internet nie, het Afrikaans al so te sê uit die openbaar verdwyn. Ons moet in gedagte hou dat die huidige taalstryd hoofsaaklik op die internet gevoer word. Diegene wat ten gunste van “die mite van eentalig-Afrikaanse instellings” is, word sistematies gesensureer deur die tradisionele media, sowel die gedrukte media as radio en TV – met die uitsondering van enkele gemeenskapsradiostasies. Die druk wat daar vanuit die internet toegepas word, veroorsaak egter dat die verengelsingsproses stadiger verloop as wat andersins die geval sou gewees het.

Indien enigiemand in 1994 sou voorspel het dat Afrikaans binne 15 jaar tot dieselfde vlak as die swart minderheidstale soos Venda of Tsonga gereduseer sou word, sou so ‘n persoon as ‘n regse doemproefeet uitgeskel gewees het. Nietemin ervaar ons tans die doodsnikke van Afrikaans as kultuurtaal en wetenskapsmedium. Die oorgrootte meerderheid Afrikaners onder 30 en veral dié wat ná 1994 hul skoolopleiding ontvang het, kan nie meer ingewikkelde begrippe in Afrikaans oordra nie. Eintlik verkeer hulle in ‘n fase van oorgangstweetaligheid waar hulle woordeskat toenemend Engels en slegs die sintaksis nog Afrikaans is. Hulle kinders – die volgende geslag – gaan in ‘n feitlik volledig eentalige Engelse wêreld grootword, met Engelse skole, universiteite, howe, staatsdepartemente, munisipaliteite, werkomgewings en selfs kerke.

Die NG Kerk het hom reeds teen die gedagte van taalhandhawing uitgespreek en sal lidmate bedien in die taal wat hulle verkies of wat ‘n gedeelte van die lidmate verkies. Ek weet van ten minste een NG-gemeente – een van die oudstes in die land – waar eredienste reeds in Engels plaasvind omdat die jonger lede van die gemeente, sowel as die predikant, dit so verkies. Dit rym meer met ‘n “loslitstyl” van godsdiensbelewing.

Niemand van ons wat in die goue tydvak van Afrikaans grootgeword het en dit as iets vanselfsprekends aanvaar het, sou destyds kon voorsien dat die taal in ons leeftyd sou teruggly na waar dit 150 jaar gelede was nie, waar vele mense skaam was om dit te praat en daar gelag is vir diegene wat “kitchen Dutch” as kultuurtaal wou gebruik het.

As ons eerlik is, moet ons erken dat slegs drastiese optrede Afrikaans nou van volslae ondergang kan red. As Afrikaans oor die afgelope vyftien jaar soveel veld kon verloor, hoeveel te meer gaan dit nie oor die volgende vyftien jaar wegkwyn nie?

Die Afrikaner het by ‘n kruispad gekom: óf hy moet veg vir sy kulturele (en fisieke) voortbestaan, óf hy moet maar tou opgooi en verengels of emigreer, wat op dieselfde neerkom.

Die vraag is: wil hy veg? Gemeet aan die aanloklikheid van ‘n globale verbruikersbestaan in Engels, watter waarde of bekoring hou Afrikaans, die produk van ‘n vervloeë nasionalisme van sewentig of tagtig jaar gelede, steeds vir hom in?

Aan die ander kant is dit miskien ‘n wonderwerk dat Afrikaans – wat nader aan Middel-Nederlands verwant is as Nederlands self – al soveel eeue lank oorleef en telkens soos ‘n feniks uit die as verrys.

In hierdie desperate tyd is dit waarskynlik ons enigste bron van troos en inspirasie.

компрессор винтовой ценалобановский александр игоревич класс

Mbeki se meesterplan om blankes die see in te jaag

Image

Onlangs het ek twee baie interessante gesprekke met 'n swartman gehad. Volgens hom het my boek, Scourge of the ANC, sy oë oopgemaak vir die dreigende ramp in Suid-Afrika soos wat dié beweging ons land verder en verder oor die afgrond sleep.

Maar toe vertel hy my iets wat my koue rillings gegee het: dat Thabo Mbeki reeds tien jaar gelede 'n meesterplan ontplooi het om van die blankes in Suid-Afrika ontslae te raak. Mbeki se strategie rus op twee bene: die stimulering van die plaaslike swart geboortesyfer deur kindertoelaes en die oopgooi van ons landsgrense sodat swartes vanuit die hele Afrika die oorblywende wit residensiële enklawes in die land kan oorstroom.

My swart kennis is 'n oud-PAC-man en staan dus objektief teenoor die ANC, wat hy sien as 'n party wat deur Xhosa-intellektuele oorheers word. Die interessante ding omtrent die Xhosa-intellektuele is dat hulle blykbaar meerderwaardig teenoor die res van die swartes in die land voel wat nie oor hul linkse opvoeding, wat deels deur die Kommunistiese Party en deels deur die Anglikaanse kerk voorsien is, beskik nie. Mandela, die skrywer van How to be a good communist, is 'n sprekende voorbeeld van 'n Xhosa-intellektueel, maar so ook natuurlik Mbeki.

Aan die ander kant voel die Xhosa-intellektuele minderwaardig teenoor die blankes en veral vanweë die geskiedkundige voorval toe die 11-jarige profetes, Nongkwasi, voorspel het dat die son op 18 Februarie 1857 rooi sou opkom, waarna die voorvaders die blankes in die see sou jaag. Maar eers moes die Xhosas al hul beeste doodmaak. Historici beraam dat die Xhosas op Nongkwasi se aandrang 300 000 tog 400 000 beeste van kant gemaak het.

Natuurlik is die voorspelling nooit bewaarheid nie en het die son op 18 Februarie 1857 net normaal op die horison verrys. Die gevolglike hongersnood onder die Xhosas wat hul beeste manies om die lewe gebring het, het blykbaar die Xhosa-getalle van 105 000 tot 27 000 laat afneem. Intussen het die vrugbare Xhosas uiteraard weer vermeerder van die destydse 27 000 tot die huidige 8 miljoen, geen geringe prestasie nie!

Maar die sielkundige en politieke gevolge van Nongkwasi se rampspoedige visioen is nog lank nie verby nie. Volgens my swart geesgenoot – soos wat die gesprek gevorder het, het ons allerlei raakpunte in ons denke ontdek – het die Xhosa-intellektuele almal 'n obsessie oor Nongkwasi. Die kombinasie van vernedering en mislukking wat op haar droom gevolg het, spook nog steeds by die Xhosa-leierskap, waaronder Mandela en veral Mbeki.

Image

Nongkwasi (regs) en ‘n medeprofetes, Nonkosi

Daarom het Mbeki 'n meer rasionele manier bedink om die vernedering en neerlaag van die Nongkwasi-insident te wreek. Pleks van 'n massa-offerande van beeste om die voorvaders te laat opstaan, vertrou Mbeki op die miljoene swart jeugdiges wat deur die ANC se bevolkingstimulasieprogram verwek word, asook die massa-immigrasie vanuit Afrika suid van die Sahara, om die blankes dié slag werklik vanuit die land te suiwer.

Dié tweepuntplan – die stimulering van die bevolkingsaanwas en die oopstel van ons grense – is reeds aan die gang en die Zuma-ANC gaan dit nie keer nie.

Volgens die minister van sosiale ontwikkeling, Edna Molewa, ontvang 13 miljoen inwoners van Suid-Afrika tans toelaes van die staat. Onder hulle tel 9 miljoen kinders.

Hoewel ek in The Scourge of the ANC mense attent wou maak op die implikasies van die ANC se natalistiese bevolkingsprogram, het my swart kennis my op 'n skrikwekkende aspek gewys waaraan ek self nie gedink het nie: In 'n hoë persentasie van gevalle waar om kindertoelaes aansoek gedoen word, geskied dit ná ouer swart mans skoolmeisies van jonger as sestien swanger gemaak het.

Om seksueel met iemand jonger as sestien te verkeer, is statutêre verkragting. Mbeki se plan om deur kindertoelaes die swart bevolking te stimuleer, subsidieer dus regstreeks of onregstreeks die massaverkragting van honderde duisende, indien nie miljoene, kinders onder sestien. Die babas wat so verwek word, word dikwels voortydig gebore vanweë die jeug van hul moeders. Nie net word die druk op ons reeds oorbelaaide openbare gesondheidstelsel hierdeur verhoog omdat sulke suigelinge tyd in broeikaste moet deurbring en ander vorme van spesiale behandeling moet ontvang nie, maar hulle word haglik verwaarloos. In die eerste plek is hulle liefdeloos verwerk om vir 'n toelae in aanmerking te kom. Uit die geledere van daardie nege miljoen kinders waarvan die ouers, let wel, toelaes ontvang, word die volgende geslag misdadigers wat "apartheid" en blankes vir hul toestand gaan blameer, letterlik geteel.

Image

Ceausescu en Kim Il-soeng in Noord-Korea tydens 1971

Die enigste ander voorbeeld in die onlangse geskiedenis wat met Mbeki en die ANC se geboortebeleid vergelyk kan word, is dié van die Roemeense diktator Nikolai Ceauşescu. Ceauşescu het in die sestigerjare gesinne sonder kinders swaar belas en geboortebeperking feitlik onmoontlik gemaak. Vroue met vyf kinders of meer is deur die staat met allerlei voordele beloon.

Ceauşescu is veral deur Mao se Kulturele Revolusie beïnvloed, asook die Noord-Koreaan Kim Il-soen se opvatting van "Djoesjê" wat letterlik beteken: "die mens is meester van alles is en besluit alles". Soos Mao en Kim Il-sung het Ceauşescu die "totale transformasie van die samelewing" nagestreef. Totale transformasie deur bevolkingsaanwas… klink dit dalk bekend?

Voedselskaarste en hongersnood is vir die ANC van sleutelbelang omdat dit die "nuwe geslag vryheidsvegters" wat met kindertoelaes geskep word tot misdaad en geweld sal oorhaal. Vandaar grondhervorming waarvan die doel tweeledig is: om Afrikanerboere van hul plase te verjaag en om voedselproduksie te verlaag sodat die jeugdige bevolking honger en meer aggressief kan raak. Mandela het die houding van die Xhosa-intellektuele destyds opgesom toe hy gesê het dat "diegene wat nie met die nuwe Suid-Afrika tevrede is nie maar kan emigreer".

Hy kon seker bygevoeg het: en daardie blankes en Afrikaners wat nie wil emigreer nie, sal deur ons verwekte kindersoldate doodgemaak word.

Die Xhosa-weerwraak vir Nongkwasi se fout is reeds in volle swang en dié keer gaan die blankes wel in die see gejaag word. Aldus my swart vriend.

шапочки для купания новорожденных купитьЛобановский

Was Lenin en Verwoerd op dieselfde golflengte?

Image

'n Interessante artikel Nation Making in Russia's Jewish Autonomous Oblast: Initial Goals and Surprising Results (pdf) deur William R. Siegel het my nou die aand geboei. Hoeveel van ons weet dat daar ook 'n ander Joodse volkstaat as Israel bestaan?

Volgens Siegel bestaan daar sedert 1934 wel so 'n volkstaat in Rusland, genaamd die Joodse Outonome Oblast — wat in Russies bekend staan as die Yevreiskaya Avtonomnaya Oblast.

Lenin het 'n nasionale beleid geformuleer wat Josef Stalin geïmplementeer het. Daarvolgens sou elk van die nasionale volksgroepe van die Sowjetunie 'n grondgebied kry waar kulturele selfbeskikking binne 'n sosialistiese raamwerk geniet kon word. Die amptelike godsdiensbeleid was ateïsme en Judaïsme was dus in konflik daarmee. Hul idee was om 'n Sowjet-Sion te vestig waar 'n Joodse proletariaatkultuur kon ontwikkel en waar Jiddisj liewer as Hebreus die amptelike taal sou wees. Hier sou 'n nuwe Joodse letterkunde en kunste hul godsdiens as primêre kultuuruitdrukking kon vervang.

Die Bolsjewiste het gereken dat outonomie vir etniese groepe op plaaslike vlak die Bolsjewiste sou toelaat om hul mag oor moedertjie Rusland in sy geheel te konsolideer. Die ongeveer 90 outonome gebiede of Oblasts moes genoegsame politieke outonomie oor eie sake verkry wat hulle vir dekades gelukkig sou hou. As gelykes het die Oblasts in 'n federale verhouding teenoor mekaar gestaan. Outonomie oor eie sake sou bewys lewer van Sowjet-Rusland se verdraagsaamheid teenoor gekoloniseerde minderheidsvolke wat onder kommunistiese dwingelandy verkeer het.

Lenin se etnofederalisme was 'n strategiese ideologiese skuif wat moes verseker dat die etniese minderheidsvolke sou help om die burgeroorlog vir die Bolsjewiste te wen. Op die langer termyn sou dit ook 'n model wees hoe om kommunisme regoor die aarbol te vestig deur die vrese van minderhede daardeur te besweer. Om die Russiese nasie te bou, wou Lenin die proletariaat dus vernasionaliseer. Om wêreldwye kommunisme daarna te vestig, moes die proletariat vervolgens verinternasionaliseer word (Workers of the world unite!). 'n Internasionale proletariaat sou kultuurverskille kon transendeer en hiervoor sou hy baie groot toegewings op plaaslike en kulturele gebiede maak om minderheidsvolke tevrede te hou. Die proletariaat moes deel word van die kommunistiese oplossing en moes dus nie nuwe etniese probleme skep nie.

Deur die verantwoordelikheid van ekonomiese streeksontwikkeling vierkantig op die skouers van die politieke elite van die Oblasts te plaas, sou hy ook verseker wees van samewerking tussen streeksowerhede.

Terloops, ek het al gewonder tot welke mate Lenin se etnofederalisme dr. Verwoerd se eertydse Bantoestanbeleid beïnvloed het. Mens kan nie help om die Verwoerdiaanse denkpatroon duidelik hierin te sien nie en bespiegelings dat sy voortydige dood dr. Verwoerd verhinder het om die federale konsep vir Suid-Afrika as volgende stap deur te voer, was dalk nie so vergesog nie. In plaas daarvan is die plaaslike politiek in die rigting van aparte hysbakke, ens. gestuur.

Om die Joodse Oblast te vestig, word die Komitee vir Landelike Vestiging van Joodse Werkers (Komzet) in 1924 gestig. Hulle moes met 'n plan vorendag kom om Jode te hervestig. 'n Aparte komitee sou die fondsinsameling behartig deur die internasionale Joodse gemeenskap te bearbei.

Die Komzet het vas geglo dat die Sowjet-Joodse vraagstuk slegs op tipiese Leninistiese wyse bygelê kon word, d.w.s. die Jode moes op een grondgebied versamel word waar hulle hul politieke en ekonomiese lewens volgens eie aard in 'n volwaardige outonome gebied binne die Sowjetfederasie sou kon organiseer.

Komzet het Joodse hervestigingsprojekte in die Oekraïne asook in die Krim begin, maar die Sowjetelite het sonder enige inspraak van Komzet, 'n relatiewe onbevolkte gebied aan die suidelike grens van die Russiese verre-ooste uitgesoek wat as Joodse volkstaat sou dien.

Vir Komzet was dit heeltemal onverwags en dit was duidelik dat die Bolsjewiste se oorwegings heeltemal van hul eie verskil het. Vir die Sowjetowerhede was die ekonomiese en militêre oorwegings van 'n leë gebied belangriker as die spesifieke belange van die Joodse gemeenskap. Hulle was gretig om 'n menseskild teen moontlike aanvalle deur Sjina of Japan te vestig. Hoewel die klimaat nie geskik was vir landbou nie, was die gebied tog ryk aan natuurlike minerale en ander hulpbronne wat ontgin kon word.

Image

Kaart met erkenning aan Wikipedia. Die Joodse gebied is effens groter as Belgi?

In 1928 keur die Opperste Sowjet 'n versoek van Komzet goed dat hulle met die hervestigingsprojek kan begin. In die lente van 1928 vestig 654 Jode hulle in Birobitsjdjan, soos die plek toe bekend was. Gedurende die daaropvolgende klompie jare vloei 'n konstante stroom Jode na Birobitsjdjan, sodat daar in 1930 reeds 1500 Jode gevestig het, uit 'n totale nie-Joodse bevolking van 37 000 vir die gebied. Tydens die hongersnood van 1932 in die Oekraïne pak 'n verdere 14 000 Jode die lang tog na Birobitsjdjan aan.

Maar 'n uittog uit Birobitsjdjan het begin en teen 1932 het die helfte van die oorspronklike 654 Jode nie meer kans gesien vir die harde klimaat van die gebied nie. 'n Amptelike propagandaveldtog het tog daarin geslaag om Jode na Birobitsjdjan te lok.

Mens kon dit verstaan, want die armlastige Joodse gemeenskap het uitgesien na die welvaart en politieke outonomie in die Sowjetamptenare se beloofde land. Maar die Sowjetpropaganda het nooit gebruik gemaak van dít wat vir Jode belangrik was nie, naamlik die Sionistiese retoriek en slagspreuke, Judaïsme en die Tora.

Inteendeel, die Sowjetamptenare se oogmerk was presies die teenoorgestelde. Dit was daarop gemik om die historiese waardes van die Joodse tradisies en godsdiens te negeer. Selfs Hebreus was verbied en skole kon onderrig in slegs Russies en Jiddisj (Joodse Duits) gee. Selfs sinagoges was kategories verbied. Dit was gevolglik baie moeilik vir Jode om hul eie volkstaat te bou sonder enige fundamentele wortels wat as gom moes dien om die mense as etniese eenheid te verenig. Die Sowjetpropagandaveldtog was ook daarop gerig om Jode af te raai om Palestina as toekomstige volkstaat te oorweeg.

Die Joodse volkstaat het gevolglik klaaglik misluk. Aan die een kant het die Sowjetheersers geglo dat dit moontlik was om 'n etniese tuisland kunsmatig van die grond af te begin deur die gebied beskikbaar te stel en die vestigingskoste daarvoor te absorbeer. Aan die ander kant het hulle probeer om hul doelwit te bereik sonder inagneming van die volkswil en historiese gehegtheid wat volksgenote het vir hul grondgebied, faktore wat sentraal staan in enige poging tot volksbou.

Die projek was dus doodgebore.

In 1998, sestig jaar ná sy stigting, het die Joodse Outonome Oblast, oftewel Joodse volkstaat in Rusland, 'n Joodse bevolking van 589 gehad teenoor die nie-Joodse bevolking van 214 085. Die naam is nog die Joodse Outonome Oblast en Jiddisj word nog in enkele skole gebruik. Daar bestaan nog Joodse straatname, en selfs 'n Joodse televisieprogram. Hoewel eienaardig vir ander mense, is die inwoners trots op hul uniekheid as nie-Joodse inwoners van 'n Joodse volkstaat.

Kan Afrikaners enige lesse uit hierdie geskiedenis leer? Beslis.

  • Om 'n nuwe staat te begin en om daarna 'n volk daarin te vestig is 'n langsame proses wat dekades neem.
  • Wanneer daar mededingende gebiede bestaan soos die geval was met Palestina en Birobitsjdjan, sal die een waar die historiese oorwegings die sterkste is bo die ander seëvier.
  • Vryheid bestaan nie net as 'n gevoel om vry te wees nie, maar ook uit die vrye uitoefeing van opsies en keuses op kulturele en ekonomiese gebiede. In 'n nuwe gebied is opsies baie beperk.
  • ''n Volkstaat wat verkeerd begin, of vir die verkeerde redes begin word, gaan verkeerd eindig. Die Russiese owerhede wou 'n mensebuffer gehad het, terwyl die Russiese Jode 'n ekonomies lewensvatbare kultuurheimat gesoek het.

Is die gebied rondom Pretoria nie ook maar die Boere se Palestina nie? Daar is die heldeakker, die Voortrekkermonument, die Ou Raadzaal, Kerkplein, die Staatsteater, al die kerke, honderde skole, Loftus, en natuurlik die honderde duisende Afrikaners wat daar woon en werk…

magic boxesДанильченко Юрий прокурор

Waarom bestaan die SANW nog?

ImageDie DA se skaduminister van verdediging, David Maynier, maak geldige punte oor die wanfunksionele aard van Suid-Afrika se weermag. Wat eens die mees formidabele militêre masjien in Afrika was, is vandag ‘n MIV-deurtrekte groep narre wat almal saam sou sukkel om ‘n enkele kompanjie Amerikaanse soldate te verslaan, laat staan nog die Zimbabwiese weermag.

Ek hoef ook nie uit te wy oor die oorsake hiervan nie – transformasie, swak dissipline onder voormalige MK-lede ensovoorts.

Ek bevraagteken wel waarom die land in die eerste plek ‘n weermag het. Is een van ‘n weermag se belangrikste funksies nie juis om die land teen buitelandse invallers te beskerm nie? Die Franse het byvoorbeeld die Maginot-lyn gebou, ‘n reeks vestings en loopgrawe naby die noordoostelike grens van Frankryk, om hulle grondgebied teen die Duitse invallers te beskerm. (Die bouers van dié lyn het egter nie voorsien hoe ingrypend Blitzkrieg-taktieke die reëls van die spel sou verander nie.)

Met bostaande in gedagte is Suid-Afrika se SANW se bestaan vir my raaiselagtig. Waarom het Suid-Afrika byvoorbeeld Gripen-vegvliegtuie of duikbote? Watter Afrikaland of ander vyand gaan Suid-Afrika vanuit die lug bedreig? Watter vyandige vaartuig gaan deur ‘n duikboot afgeweer word – ‘n vlot vol onwettige immigrante, moontlik?

Die probleem is egter veel groter en dieper as die afwesigheid van ‘n huidige lugbedreiging. As Suid-Afrika se weermag ten doel het om die land se grondgebied teen invallers te beskerm, het hy die oorlog lankal reeds verloor. Een kwart van Zimbabwe se bevolking het die land reeds binnegeval, tesame met beduidende getalle Mosambiekers en invallers vanuit ander lande.

Daar is reeds 10-15 miljoen vreemdes wat die land se grondgebied binnegeval het, sonder dat die SANW ‘n vinger verroer het om die invallers te stuit. Nie net het die SANW geensins die kapasiteit om hulle te stuit nie, maar die ANC-bewind het ook inderdaad duidelik gemaak dat Suid-Afrika se grense vir alle praktiese doeleindes nie meer bestaan nie. Visumvereistes vir Zimbabwiërs is afgeskaf. Geen realistiese pogings word aangewend om Zimbabwiërs, Mosambiekers of enige ander inwoners van die res van Afrika te repatrieer nie, buiten ‘n paar honderd wat dan en wan per trein na Beitbrug vervoer word, net om dieselfde dag weer terug te keer.

Watter doel dien ‘n weermag dus as die land se territoriale integriteit ‘n grap is, as daar geen grense meer bestaan nie? Is dit bloot om ‘n orkes te verskaf by die opening van die parlement? Wie of wat presies moet die weermag afweer? Wie gaan die Gripens bombardeer of watter vliegtuie gaan hulle afskiet, siende dat die invallers reeds die land binnegeval het, en die oorlog dus alreeds oorweldigend beslis is ten gunste van die invallers?

Kan dit wees om die land binnelands te beveilig, as’t ware ‘n soort laaste loopgraaf-oefening, waar die weermag die land se inwoners in klein deeltjies van die grondgebied probeer verdedig teen die invallers? Weer eens is die antwoord nee. ‘n Laegraadse burgeroorlog soos vergstalt in plaasmoorde, veral in landelike gebiede waar die weermag hom die meeste tuis sou voel, woed onverpoosd voort.

Waarom bestaan die SANW nog enigsins, dus, buiten as ‘n werkgewer vir die ANC bewind se kaders?

купить футболки детские в интернет магазине недорогоФильчаков прокурор отзывы

Bernie Madoff: Die grootste swendelaar van alle tye

Image

Bernard Lawrence "Bernie" Madoff het die twyfelagtige eer as die grootste swendelaar van alle tye verwerf. Hy kom van 'n gewone Joodse familie in New York. Sy pa, Ralph, was eers 'n loodgieter voordat hy aandelemakelaar geword het. Dinge het beter gegaan en sy seun Bernie kon sy höerskoolloopbaan voltooi en universiteit toe gaan. Bernie behaal 'n graad in politieke wetenskap aan die Hoffstra-universiteit.

Hy trou met Ruth Alpern, sy eertydse skoolnooi by wie hy twee seuns, Andrew en Mark het. In 1960 stig hy die Wallstraatse firma Bernard L. Madoff LLC en mettertyd word hy die voorsitter van die NASDAQ-aandelebeurs. Sy firma word een van die topmarkmakerfirmas van Wallstraat. Sy broer, dié se kinders en sy eie twee seuns werk naderhand vir sy firma wat as een van die suksesvolste en invloedrykste beleggingshuise in New York beskou was.

Honderde duisende beleggers het hul geld aan sy firma toevertrou, min wetende dat hy besig was om die heel grootste piramideskema (Amerikaners praat van 'n Ponzi-skema) van alle tye te bedryf. ('n Piramideskema is een waar later beleggers se geld gebruik word om vroeër beleggers met buitensporige opbrengste mee terug te betaal.) Tydens die hofsaak vroeër vanjaar is onthul dat nagenoeg $65 miljard van slagoffers se swaarverdiende spaargeld, pensioenfondse en liefdadigheidsorganisasies se trustgeld so by hom belê was.

Op 10 Desember lig hy sy seuns in dat hy etlike miljoene rande vroeër as beplan aan bonusse wou uitbetaal. Sy seuns wou egter weet hoe hy kon bekostig om bonusse te betaal as hy nie sy beleggers kan betaal nie. Hy het toe glo gebieg dat sy batebestuursmaatskappy "een groot leuen" is. Geskok bespreek hulle dit met hul prokureur, wat die saak die volgende dag by die owerhede aanhangig maak.

Madoff word deur die FBI gearresteer en van sekuriteitebedrog aangekla. Die ironie is dat die sekuriteitsowerhede (die SEC) sy firma reeds in 1999 ondersoek het nadat klagtes deur ontleders ontvang was, maar hulle kon destyds niks ongerymds vind nie.

Tydens ondervraging kom dit aan die lig dat Madoff sy piramideskema in 1991 begin het. Hy erken dat by nooit enige geloofwaardige of legitieme beleggings met sy kliënte se geld gemaak het nie, maar dat hy dit eenvoudig net so in sy eie besigheidsrekening by die Chase Manhattan Bank gestort het, waaruit hy opgeblase opbrengste aan sy kliënte betaal het, selfs tydens die latere ekonomiese resessie. Hy het in die hof erken dat hy vals handelstransaksies, buitelandse oordragte en geldwassery gepleeg het om sy aktiwiteite teenoor die owerhede te verbloem.

Madoff besef toe uiteindelik dat sy hele kaartehuis inmekaar getuimel het. Die resessie het te diep gesny en nuwe beleggers kon nie meer gevind word om die kontantvloeistroom te bestendig nie. Hy het geen ander keuse gehad as om met die hele sak patats vorendag te kom nie.

Einde verlede maand, op 29 Junie, vonnis regter Chin vir Madoff tot 150 jaar tronkstraf. Met vonnisoplegging het Madoff aan al sy slagoffers verskoning gevra: "Ek laat 'n nalatenskap van skande aan my familie en kleinkinders na. Dit is iets waarmee ek vir die res van my lewe sal moet saamleef."

Regter Chin het daarop gewys dat hy geen pleidooie of briewe van enige familie of vriende ter versagting van vonnis ontvang het nie. "Dit sê vir my iets," was die regter se kommentaar.

OP 71-jarige leeftyd word Bernie Madoff, die bekende New Yorkse filantroop, miljardêr, gesinsman en finansiële leier weggelei as eensame gevangene nommer #61727-054 na New York se Metropolitan Correction Center.

Soos die winter ongewenste plante, insekte, kieme en peste uitroei, het 'n resessie die neiging om onwettige skemas uit te roei wat tydens voorspoedjare wortel skiet en opbloei.

Lees gerus: http://en.wikipedia.org/wiki/Bernard_Madoff

медицинскую справкуtopcargo

Gray Davis, Rapport en Eksdom

Image

Tydens die jare 2000 en 2001 was daar ‘n elektrisiteitskrisis in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die besonderhede van die krisis sou bekend voorgekom het aan Suid-Afrikaners wat tans onderhewig is aan die wanbestuur van ‘n getransformeerde Eksdom, waar regstellende-aksiehoofbestuurders R30 miljoen jaarliks “verdien” het, maar die land met kragonderbrekings moes sukkel.

Ten spyte daarvan dat die Kaliforniese bevolking met 13% gegroei het tydens die jare negentig, is geen nuwe kragsentrales opgerig nie. ‘n Rampspoedige derugeleringsprogram van grootmaatpryse vir elektrisiteit, gekoppel aan regulering van kleinhandelpryse en mislukte privatisering, het tot chaos gelei. Die berugte beurtkrag – so welbekend aan Suid-Afrikaners – het die Kaliforniese verbruiker in die jaar 2000 begin tref.

Die Enron-maatskappy, eweneens berug vir sy sonderlinge boekhoumetodes, en andere het die situasie tot hul eie voordeel uitgebuit en en deur markmanipulering buitensporige winste gemaak. Die Demokratiese goewerneur, Gray Davis, het te laat wakkergeskrik en nes ‘n getransformeerde Eksdombaas daarin misluk om die krisis te bestuur. In 2003 is Davis deur die Kaliforniese kiesers herroep as goewerneur en deur Arnold Schwarzenegger, “The Governator”, vervang.

Die Kaliforniese kieser het dus hul demokratiese mag by die stembus gebruik om hul misnoeë teenoor die politici uit te druk. Davis het die prys vir sy onbeholpenheid betaal en is sy pos kwyt. Min mense sou met my verskil dat dit presies is hoe ‘n demokrasie veronderstel is om te werk. Kiesers behoort die mag te hê om politici wat nie na hulle belange omsien nie, in die pad te steek.

Naspers asook Rapport was tot onlangs toe een van die groot lofsangers van die Nuwe Suid-Afrika. Bykans alles wat onder die vorige bedeling plaasgevind het, is deur ‘n verskeidenheid skrywers in Nasperspublikasies as boos en onmenslik voorgehou. Vir ‘n hele aantal jare was Ton Vosloo en sy bende liggewigte soos Jan-Jan Joubert voor in die koor van lofsangers vir die ANC-bewind. Tans is Naspers byna volledig getransformeer, nes Eksdom, met die bruin Mafia wat tans die boonste bestuursvlakke van Naspers se publikasies beheer.

Met die paleisrewolusie in Pietersburg (Polokwane) in Desember 2007, toe Mbeki deur die Zuma-faksie ontset is, het Rapport se lojaliteit na Helen Zille en haar DA verskuif. Die koerant het egter deurentyd sy steun vir die sogenaamde “demockracy” te kenne gegee, of dit nou as ondersteuners van die ANC of van die DA was.

Nóg ‘n linkse liggewig, Lisa Albrecht, het onlangs die leisels van Rapport by Tim du Plessis oorgeneem, nádat laasgenoemde na Beeld verskuif is. Siende dat die redakteur dikwels die hoofberigte in die koerant hetsy skryf, hetsy goedkeur, is dit redelik om aan te neem dat me Albrecht ook vandag s’n geskryf of goedgekeur het.

Die titel van die genoemde rubriek is Weerlose verbruiker. Dit handel oor die uitwerking wat Eksdom se verregaande prysverhoging van 31,3% op die verbruiker gaan hê. Niemand sal daarmee stry nie, en almal weet ook wie die ergste daardeur getref gaan word. Wenk: dis beslis nie die wanbetalers in die townships of diegene wat krag steel in plakkerskampe nie. Dis die gewone verdagtes, die blanke melkkoeie in die voorstede.

En dan, in ‘n verstommende bekentenis, maak die skrywer van die redaksionele stuk dit duidelik dat die Mzansiese “demockracy” eenvoudig nie werk nie. Gedagtig aan goewerneur Davis se herroeping in Kalifornië, haal ek die volgende sin uit Rapport se hoofartikel aan: “Die groot tragedie vir die verbruiker is dat hy self niks aan die situasie kan doen om verbruikerspryse in toom te hou nie.”

Kontrasteer bostaande fatalisme met Gray Davis se ontsetting. Snaaks dat die Kaliforniese kieser wel iets aan die chaos in dié deelstaat se elektrisiteitsbedryf kon doen, maar daar het julle dit uit die perd se bek: Suid-Afrika se verbruikers is magteloos, aldus Rapport. Ons kan niks doen aan Eksdom nie.

Ek stem uiteraard saam met Rapport. Veral blanke kiesers is volledig onmagtig om langs die weg van die rassesensus bekend as Mzansi se verkiesings iets aan ons eie lot te kan doen. Die stemvee wat eendragtig vir die ANC stem, gaan aanhou om so te maak, maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie.

Rapport is heeltemal reg dat Suid-Afrika se “demockracy” onwerkbaar en ‘n mors van tyd is, al was dié bekentenis per abuis en waarskynlik onbedoeld implisiet in gister se hoofartikel. Die enigste vraag wat oorbly, is hoe lank dit vir Rapport sal neem om twee en twee bymekaar te tel, om te besef dat selfbeskikking vir blankes en Afrikaners die enigste pad uit die moeras van die “demockracy” is.

люстра итальянскаяФильчаков прокурор харькова

Nog ‘n apartheidsdroom?

Image

Mnr Christo Burger wat in Atlanta, Georgië, in die VSA woon, se Nuwelandplan wat hy tans met groot ywer onder Afrikaners bemark, verdien nadere ondersoek. Ek was teenwoordig by een van sy kleiner seminare en het dit baie moeilik gevind om die logika of waarde van sy Nuwelandprojek te verstaan of selfs net om daaraan vat te kry.

Volgens sy plan wil hy 'n 200 hektaar meer langs die Oranjerivier bou wat ongeveer R200 miljoen sal kos. Die 'meer', gevoed deur water vanuit die Oranje, sal dan die aantrekkingskrag van 'n temadorp vorm wat huisvesting vir ongeveer 48 000 witmense sal bied.

Vir ekonomiese bedrywighede sal daarop gefokus word om duisende buitelandse besoekers daarheen te lok om die Suid-Afrikaanse son te geniet en om van hul kwale en vetsug genees te word. Daar sal van ekovriendelike energiebronne gebruik gemaak word en 'n Afrikaanse universiteit en skole opgerig word. Inderdaad, 'n volkstaat in die kleine. Belangstellendes kan aansluit by 'n organisasie wat die projek wil bedryf teen 'n maandelikse fooi van R50 per persoon. Indien 'n "kritiese" massa belangstellendes sou aansluit, wil hy duisende DVD's regoor die aardbol versprei om sy plan internasionaal te bemark.

Wat my pla, is dat hy geen konkrete inligting verskaf nie. Mens besef dat die projek tans nog op die droomstadium is en dat meer inligting gewoon net nie bestaan nie. Nogtans is hy in die mark om sy droom in kontant te toets. In kru mediese terme word dit in die bedryf as voortydige ejakulasie beskryf. Alle harde inligting soos uitlegplanne, argiteksketse, ingenieurs- en omgewingsimpakstudies ontbreek en breedvoerige Bybeltekse word aangewend om daarvoor te vergoed.

Ek is self 'n bewese projekontwikkelaar en wil graag die volgende aanbied om sy projek se gangbaarheid te toets:

  • Daar bestaan reeds twee reusagtige groot mensgemaakte mere, genaamd die Hendrik Verwoerd -en Vanderkloofdamme. Hulle is grootliks onbenut vanuit 'n eiendomsontwikkelingsoogpunt gesien. Die bestaande damme kan dus as basis dien. Al wat benodig word is om erwe daar te bemark.

  • Maar dan, wie gaan al die huise, hospitaal, universiteit en skole by sy nuwe meer bou? Om nie eens van die infrastruktuur soos riolering en watersuiwering te praat nie? As dit boukontrakteurs gaan wees, sal swart werkers dit waarskynlik doen.

  • Om 48,000 witmense te huisves sal ongeveer 16 000 middelslaghuise van 200 vk meter elk benodig word. Teen 'n realistiese 50 huise per jaar sal daar oor vyftig jaar slegs 2500 huise opgerig wees.

  • Die 50 witmenshuise per jaar en infrastruktuur daarvoor sal 'n arbeidsmag van ongeveer 1 000 werkers benodig, en hulle sal waarskynlik in 'n nuwe lokasie langs die dorp moet woon. 'n Ekonomiese aktiwiteit van so 'n omvang sal 'n verdere 3000 of meer swartes en afhanklikes na die aangrensende plakkerskamp aanlok.

  • Die swart kinders sal 'n skool benodig en hulle sal waarskynlik soos in Ermelo aan die nuwe wit skool toegelaat moet word om in Engels onderrig te ontvang.

Mens kan nog lank aangaan om meer praktiese oorwegings uit te wys, maar ek sal vireers volstaan met die stelling dat apartheid, met eie woongebiede, wat deur die polisie afgedwing was, 'n baie doeltreffende manier was om rasse te skei en om aparte woongebiede te verseker. Dit is reeds gedoen. 'n Nuwe poging sonder enige staatsmag sal moeilik toegepas kan word.

Vir Christo Burger se plan om te slaag, kon hy gewoon bestaande dorpies koop en met hoë mure omring. Die eienaars kan dan aangemoedig word om die ou huise met hul eie hande en die hulp van werklose jong Afrikaners te restoureer. Dit sal egter 'n probleem wees om die mense besig te hou as die huise klaar gerestoureer is.

Die onhaalbaarheid van geografiese skeiding in nuwe gebiede het my lankal laat besluit om liewer die begrip van 'n stadstaat soos Pretoria-Oos, Pretoria-Noord en Centurion te ondersteun wat dan as kultuurheimat vir Afrikaners van regoor die aardbol sou kon dien. Die mense is reeds daar, hulle is reeds in die meerderheid en moet as eerste stap slegs selfseggenskap oor eie sake verwerf.

выбрать сварочный генераторОлександр Васильович Фільчаков