Op IOL nuus verskyn onlangs almal se gunsteling pseudo-Engelse aartsbiskop, en hy begin nou ernstig vrae te vra of die
"struggle" die moeite werd was, gegewe die verval waarin SA tans verkeer.
Die Uwe het sy misnoë uitgespreek tydens 'n gedenklesing vir twee Umkontho we Sizwe strydmakkers, Coline Williams en Robbie Waterwich wat twintig jaar gelede in die stryd omgekom het. Williams en Waterwich was oppad om 'n kleefmyn te plant iewers tussen Athlone se magistraatshof en polisiestasie toe hulle in 'n oomblik van onversigtigheid die bom in hul hande laat ontplof het.
"struggle" die moeite werd was, gegewe die verval waarin SA tans verkeer.Die Uwe het sy misnoë uitgespreek tydens 'n gedenklesing vir twee Umkontho we Sizwe strydmakkers, Coline Williams en Robbie Waterwich wat twintig jaar gelede in die stryd omgekom het. Williams en Waterwich was oppad om 'n kleefmyn te plant iewers tussen Athlone se magistraatshof en polisiestasie toe hulle in 'n oomblik van onversigtigheid die bom in hul hande laat ontplof het.
En waarom wou hulle die bom plant? Omdat hulle geprotesteer het teen kiesersregistrasie voor die algemene verkiesing. Soos met die geval van Pawlik Morozof het die ANC hierdie aksie gekaap om 'n paar nuwe kitsmartelaars in die lewe te roep.
Die ironie van hierdie gedenklesing het my behoorlik van my wysie gebring. Kiesersregistrasie, daardie een stap na hul vryheid, was vir hulle 'n bron van onvrede, tot soverre mate dat terreurtaktieke beskou was as 'n geskikte middel hierteen. Dat daar selfs 'n gedenklesing bestaan vir hierdie graad van onnoselheid – sowel die oorsaak as uitvoering daarvan – behoort vir Tutu seker 'n verklaring te wees waarom SA tans in hierdie Hobbesiaanse "Oorlog van almal teen almal verkeer"; 'n oorlog wat steeds meer rewolusionêre energie begin kry.
Die Groot Inkwisiteur van die Afrikaner het blykbaar nie sy mede-Nobelpryswenner Albert Camus gelees nie, daardie wit Algerynse onafhanklikheidstryder wat in sy baanbrekende werk L'homme revolte gestel het dat rewolusie byna altyd tot 'n versterking van staatsmag gelei het, en in feite sy eie doel verraai.
Inderdaad sou ek Tutu graag dieselfde vraag wou stel: was dit die moeite werd om so haatlik teenoor Afrikaners op te tree bloot omdat hulle beter geweet het hoe Afrika-bevryding daar uitsien? Was die Swart Gevaar en Rooi Gevaar werklik irrasionele drogbeelde van die NP se propagandamasjien? Is Tutu bereid om die hand in eie boesem te steek en toe te gee dat die vorige regering – ondanks al sy baie swakhede – te kampe gehad het met hierdie allesverslindende monster van tribale samehorigheid wat elders in Afrika 'n dodetal van ongeveer vyf Holocausts opgelewer het die afgelope veertig jaar?
Tydens die Waarheidskommissieverhore het Tutu voor in die koor gesing om elke bietjie goedwilligheid van die vorige bedeling af te maak as onbelangrik. Sy onsinnige uitdrukking hiervoor was dat 'n slegte boom geen goeie vrugte kan dra nie. 'n Mens wonder nou of die huidige boom wat hy gehelp plant het so fantasties goed is.

Desondanks ploeter hy voort en probeer sy bes om hierdie huidige koers wat hy ingeslaan het aan te hou. Een van die aanwesiges by hierdie lesing was Trevor Manuel wat in sy openingsrede geïmpliseer het dat die ANC moet werk daarvan maak om die Wes Kaap nie-rassig te maak. "Nie-rassig maak" is natuurlik ANC-taal vir verdeel en heers, aangesien hulle nog suur druiwe het oor hul verkiesingsnederlaag aldaar.
Weereens maak die ANC van allerlei drogredenasies gebruik om hul magsbasis te konsolideer. Enersyds gee Manuel as ANC-lid toe dat sy organisasie op die verkeerde pad is, maar probeer desnieteenstaande mense oor te haal om op hulle te stem.
Tydens die gedenklesing het hulle dokumantêre films gewys oor die lewens van hierdie twee terroriste (wat op IOL as "operatives" beskryf word) en dat pamflette tydens hul begrafnis uitgedeel was waarin – tot niemand se verbasing – die apartheidpolisie weer die skuld gegee was vir hul dood.
Hoe dan ook, ek dink die filosoof Therèse Delpech het die spyker op die kop geslaan toe sy gestel het dat die moderne mens se grootste tekortkoming is dat sy emosionele wasdom nie saam met sy tegnologie gegroei het nie. Die mees onsinnige verklaring of aanval kan grootskaalse skade aanrig. Nêrens is hierdie voorbeeld duideliker as in Afrika nie. Tutu het met sy kinderagtige uitbarstings en beskuldigings homself genoeg skuldig gemaak hieraan.
Dalk moet hy saam met Camus ook maar begin om daardie ander Nobelpryswenner William Golding se klassieke Lord of the Flies grondig te bestudeer. Waar Orwell se Animal Farm 'n parodie op Kommunisme was, kan 'n mens Golding se werk ongetwyfeld as 'n parodie op Oehoeroe sien.
Anders as Tutu, was Golding en Camus se Nobelpryse ten minste nooit gesteel gewees nie.
Wie sê toeval bestaan nie?

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.