10:07:33 Die eksamenvraestelle wat deur die Vryheidsfront Plus aan die lig gebring is en waarin blatante ideologiese inhoud in aardrykskundige vrae voorkom, herinner nie net aan Sowjetonderwys nie. Dit ís Sowjetonderwys.
Skerpioene in wapenstransaksiesoektog
Sewe plekke is Woensdag deur die Nasionale vervolgingsgesag (NV) se direktoraat vir spesiale operasies (Skerpioene) deursoek in verband met die wapenstransaksies.
Sluit grense met Zimbabwe, s? Botswana
Zimbabwe se bure behoort hulle grense te sluit in 'n poging om president Robert Mugabe te onttroon, het Botswana se minister vir buitelandse sake Woensdag in die sterkste oproep tot aksie tot op hede gesê.
Ideologiese breinspoeling in eksamenvraestelle
9:18:05 Eksamenvraestelle word deur die ANC-bewind vir ideologiese breinspoeling gebruik. “Die eksamenvraestelle (Gemeenskaplike taak vir assessering GTA) hierdie week vir graad 9 leerlinge wat oor Geskiedenis en Aardrykskunde handel, was niks anders as blatante politieke beïnvloeding nie. Die geskiedenis word daarin eensydig deur 'n swart bril aangebied”, het mnr. Andrew Gerber, VF Plus Woordvoerder oor Onderwys gesê. “Tot die Aardrykskunde vrae word polities gelaai deur byvoorbeeld te vra om die afstand te bereken wat Steve Biko van sy huis na die Greyhospitaal moes ry. Die onderliggende doel van al die vrae is om alle wittes permanent in die beskuldigdebank te plaas en skaam te maak oor hulle verlede”, volgens Gerber.
SAL probeer kontak maak met kajuitpersoneel
Suid-Afrikaanse Lugdiens het Donderdag probeer om kontak te maak met kajuitpersoneel in Moembaai, waar terroriste aanvalle soveel as 100 mense dood gelaat het.
Minstens 100 gedood in Indiese stad
Spanne gewapende mans het luukse hotelle, 'n gewilde restaurant, hospitale en 'n treinstasie aangeval in gekoördineerde aanvalle regoor Indië se finansiële hoofstad. Ten minste 101 mense is dood in die aanvalle, waarin westerlinge as gyselaars geneem is, en dele van die stad Donderdag onder beleg is, het die polisie gesê. 'n Groep vermoedelike Moslem militante het verantwoordelikheid vir die aksie aanvaar.
Meer Kleurlinge in SA tronke
Lede van die kleurlingbevolking word teen amper dubbel die tempo van swartmense in die tronk gestop deesdae, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV) gesê.
Westerlinge aangeval in Moembaai
06:10:10 'n Groep Moslems wat hulself die "Dekkanse moedjahedien" noem, het Westerlinge in Moembaai aangeval en ongeveer 80 mense gedood. Beelde van luukse hotelle waarin skote gehoor word, word tans wêreldwyd deur televisiekanale uitgesaai.
Amerikaanse huispryse daal met ‘n rekord 18%
Die daling in Amerikaanse huispryse het tot 'n rekordvlak gesak die somer, volgens 'n gids van eiendomsmarkte wat Dinsdag vrygestel is.
Pretoria naamsveranderinge nie haastige proses, s? Ramokgopa
Tswane burgemeester Gwen Ramokgopa het Woensdag gesê die voorgestelde naamsverandering van 27 straatname in Pretoria nie 'n haastige proses is nie, en dat die proses steeds aan die gang is.
Lees verder: Pretoria naamsveranderinge nie haastige proses, s? Ramokgopa
