Die S&P Case-Shiller nasionalehuisprysindeks het 'n 16,6% daling in huispryse aangetoon vir die derde kwartaal, gemeet teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is selfs laer as die 15,1% rekorddaling van die tweede kwartaal.
Pryse in Case-Shiller se aparte indeks van 10 groot stede het gedaal met 'n rekord 18,6% terwyl die indeks vir 20 stede met 17,4% gedaal het.
Met die terugneem van huise wat op rekordhoogtes verkeer, die ekonomiese toneel wat al hoe swakker lyk en werksverliese wat styg, is al die elemente in plek om die pryse selfs verder te laat daal.
"Die onstuimigheid in die finansiële markte plaas verdere afwaartse druk op die huismark, wat reeds verswak is deur sy eie grondreëls," het Dawid Blitzer, Standard & Poor's se woordvoerder vir die indekse in 'n persverklaring gesê.
"Al drie die kumulatiewe indekse en 13 van die 20 metroareas toon nuwe rekord vlakke van dalings. …Pryse is weer terug op die vlakke waar hulle in 2004 was," het hy gesê.
Die 10-stad indeks het nou 23,4% verloor van sy hoogste waarde af, wat dit in Junie 2006 bereik het. Die 20 -tad indeks het 21,8% verloor van die Julie 2006 vlak en die nasionale indeks het 21% gedaal sedert die derde kwartaal in 2006.
