By 'n mediakonferensie in Pretoria het sy gesê die implikasies verbonde aan die naamsveranderinge was nog nie geassesseer nie, en dit sal eers gedoen word wanneer die proses (naamsverandering) afgehandel is.
"Dit is nie 'n dringende saak nie" het sy gesê, en bygevoeg dat die gemeenskap dit moet ondersteun, siende dat sake van erfenis belangrik is.
Sy het geen aanduiding gegee van wanneer die proses afgehandel sal wees nie.
