Igor Panarin – wat in 'n onderhoud gepraat het wat deur Izvestia getranskribeer is – het in die onderhou gesê dat die finansiële krisis sal vererger, werkloosheid sal toeneem en mense sal hulle spaargeld verloor, alles faktore wat die land se opbreek sal veroorsaak.
"Ontevredenheid neem toe, en dit word op die oomblik net teruggehou deur die hoop dat verkose president, Barack Obama, wonderwerke kan verrig," het hy gesê. "Wanneer lente kom sal dit duidelik wees dat daar geen wonderwerke is nie"
Amerika sal in 6 dele opbreek; Stille Oseaankus; die Suide; Texas; die Atlantiese oseaan kus; Sentrale state en die Noordelike state.

'n Professor by die diplomatiese akademie van Rusland se ministerie van buitelandse sake het gesê dat Amerika sal opbreek in ses dele as gevolg van die land se ekonomiese krisis.