Pretoria naamsveranderinge nie haastige proses, s? Ramokgopa

Tswane burgemeester Gwen Ramokgopa het Woensdag gesê die voorgestelde naamsverandering van 27 straatname in Pretoria nie 'n haastige proses is nie, en dat die proses steeds aan die gang is.

By 'n mediakonferensie in Pretoria het sy gesê die implikasies verbonde aan die naamsveranderinge was nog nie geassesseer nie, en dit sal eers gedoen word wanneer die proses (naamsverandering) afgehandel is.

"Dit is nie 'n dringende saak nie" het sy gesê, en bygevoeg dat die gemeenskap dit moet ondersteun, siende dat sake van erfenis belangrik is.

Sy het geen aanduiding gegee van wanneer die proses afgehandel sal wees nie. 

куплю братопкарго