Meer Kleurlinge in SA tronke

Lede van die kleurlingbevolking word teen amper dubbel die tempo van swartmense in die tronk gestop deesdae, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV) gesê.

Getuienis toon dat die hoër tronksyfers toegeskryf kan word aan die voorkoms van bendeaktiwiteit en alkohol en dwelmgebruik onder die groep, het die Instituut gister in 'n verklaring gesê.

"In Oktober 2007 het omtrent 80% van die tronkbevolking bestaan uit swartmense, wat ook 79% van die hele bevolking van Suid-Afrika uitmaak."

"Maar die kleurlingbevolking is tronk toe gestuur teen 'n tempo van amper 651 per 100 000 mense. Dit is amper dubbeld die syfer van die swart bevolking, wat maar 342 per 100 000 was in 2007.

Die blanke- en Indiërbevolking is tronk toe getuur teen 'n gelyke tempo van ongeveer 60 per 100 000 mense."

Die SAIRV het gesê dat die analise van die tronkbevolkings, wat in die 2007 tot 2008 uitgawe van die Suid-Afrikaanse ondersoek  gepubliseer is, gebaseer is op syfers van die Departement van korrektiewe dienste.

"Die analise wil nie op enige manier voorstel dat seker bevolkingsgroepe meer geneig is tot kriminaliteit as enige ander groep nie."

"Dit poog eerder om sekere omgewingsinvloede te identifiseer wat lede van sekere gemeenskappe kan dryf tot kriminaliteit."

Navorsing het getoon dat sekere bevolkingsgroepe, soos die Indiërs en blankes, groter proporsies stabiele families het.

Sekere gemeenskappe, soos die in Limpopostreek, het beter sosiale kohesie as ander groepe.

"Verder was daar getuienis dat kriminele bende-aktiwiteit en dwelm- en alkohol misbruik meer voorgekom het onder gemeenskappe wat deur kleurlinge bewoon word as ander groepe.casino sign upФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae