praag.co.za

Etiket: s? Botswana

  • Sluit grense met Zimbabwe, s? Botswana

    Phanu Skelemani, minister van buitelandse sake het aan BBC Wêreldnuus gesê dat Suider-Afrika misluk het om Mugabe met mediasie te oortuig, en dat hulle nou sanksies sal moet instel.

    Die leiers moet "aan Mugabe reguit sê, 'kyk, jy is nou op jou eie, ons gaan jou grense sluit, ons skakel nou af,' en ek glo nie hy sal hou nie. Indien geen brandstof die land binnekom vir 'n week nie, kan hy nie hou nie," het Skelemani gesê.

    Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het Woensdag gesê dat "geen vordering" gemaak word in die nuwe rondte samesprekinge wat  Dinsdag begin het nie. Hy sê ook dat Mugabe en sy party se hardkoppigheid tot op hede die kanse dat die ooreenkoms sal werk al minder na 'n realiteit laat lyk. Zimbabwe se regering het geen onmiddellike kommentaar gelewer nie.

    Tsvangirai het voorts gevra dat Mbeki onttrek as bemiddelaar.

    Die Amerikaanse ambassadeur vir Zimbabwe, James McGee, het ook 'n beroep gedoen op Afrikane om met meer gesag op te tree.

    "Die mees belangrike druk sal uit die streek kom," het hy by die jaarlike dinee van die Commercial Farmers Union van blanke boere gesê. Meeste van hulle is van hulle grond af gedwing deur planmatige regeringsondersteunde grondroof.

    Die SAOG en die AU "behoort op te staan en die wil van die mense af te dwing" het McGee gesê.

    Botswana en Zambië was sover die stemme teen Mugabe, terwyl Zimbabwe ondergaan in 'n politieke en ekonomiese krisis wat landbou, gesondheid en onderwys laat ineenstort het, en waar tekorte aan voedsel, skoon water, medisyne, elektrisiteit en brandstof die norm geword het in die land.

    как сделать печкуАлександр Фильчаков прокурор