SAL probeer kontak maak met kajuitpersoneel

Suid-Afrikaanse Lugdiens het Donderdag probeer om kontak te maak met kajuitpersoneel in Moembaai, waar terroriste aanvalle soveel as 100 mense dood gelaat het.

Suid-Afrikaans Lugdiens kan bevestig dat die redery tans vlug- en kajuitbemanning in Moembaai het," het die redery in 'n verklaring gesê.

"'n Totaal van nege bemanningslede  is in Moembaai, en ses van hulle is reeds opgespoor. SAL probeer nog om kontak te maak met die oorblywende drie bemanningslede."

Buitelandse nuusagentskappe het gesê dat spanne gewapende mans hotelle, 'n restaurant, 'n treinstasie en hospitale in  gekoördineerde aanvalle in Moembaai bestorm het, en westerlinge gyselaar geneem het. Moembaai is die finansiële hoofstad van Indië.

'n Groep, vermoedelik Moslem militante, het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

шапочка для новорожденного купить спбАлександр Фильчаков