’n Groot aantal leerlinge van verskillende skole het die VF Plus hieroor genader en hulle frustrasies met die eensydige ANC-propaganda uitgespreek. In die matriekleerplan is daar byvoorbeeld slegs ses reëls wat na die Anglo-Boereoorlog en Afrikanergeskiedenis verwys. Uit die reaksie van die leerlinge is dit duidelik dat die Departement van Onderwys presies die teenoorgestelde bereik en dat hierdie werkswyse leerlinge teenoor mekaar polariseer. Veral die Afrikanerjeug kom in opstand teen wat hulle beskou as 'n verdraaiing en eensydige aanbieding van die geskiedenis.
Daar is voor 1994 ook goeie dinge vir swart mense gedoen. In 'n tydsbestek van 40 jaar is byvoorbeeld 7 universiteite vir Swartmense, Bruinmense en Indiërs tot stand gebring. Daardie Universiteite funksioneer vandag nog.
Prof. Mamphela-Ramphele wat jare lank 'n persoonlike verhouding met mnr. Steve Biko gehad het, het onlangs nog gesê dat die onderwys wat voor 1994 vir Swartmense aangebied is, in baie opsigte beter was as die UGO wat deur 'n ANC-regering nou aangebied word. Die matrieksertifikate wat voor 1994 verwerf is, was meer werd (ook in die internasionale wêreld) as wat swart en wit mense se sertifikate vandag werd is.
Dit het tyd geword vir die ANC om te let op wat die tendens in die wêreld daar buite is. Werklike demokrasie beteken meer regte vir minderheidsgroepe. Werklike demokrasie beteken dat een groep nie ander groepe probeer oorheers nie. In Indië het kultuur- en godsdiensgroepe die reg op eie skole op staatskoste. In België het 80,000 Duitssprekendes die reg op 'n eie Onderwysdepartement en 'n Onderwysminister. Waarom kan meer as 'n miljoen Afrikaners nie dieselfde in Suid-Afrika kry nie? Hulle is daarop geregtig – net soos die Tswanas, Zoeloes en ander volke ook daarop geregtig sou wees as hulle dit verkies.
Een Onderwysdepartement waar een dominante kultuurgroep die septer swaai en sy sienings op almal afforseer, werk nie.
Afrikaners begin ryp raak vir die gedagte van 'n eie Onderwysdepartement soos in baie lande vir minderheidsgroepe bestaan. Die geskiedenis soos dit tans deur ‘n ANC-bril vir Afrikanerkinders aangebied word, raak by die dag meer onaanvaarbaar.
Die VF Plus verwerp die eensydige aanbieding van die twee graad 9-eksamenvraestelle. Dit is onverdedigbaar en bevestig die feit dat elke kultuurgroep geregtig is op 'n eie onderwysstelsel en sy weergawe van die geskiedenis. Hier volg 'n bladsy waarin irrelevante politieke inhoud verskyn:
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.