Twee mans wie se bakkie in Dutywa gaan staan het, is deur rowers van onderdele beroof, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag berig.
Afrikaner bevind hom weer in die 1930s
Die Afrikaner bevind hom vandag met dieselfde taalprobleem as in die dertigerjare toe jy in besighede soos die OK Basaars, Greatermans, jou handelsbanke (voor Volkskas) en talle fabrieke geen bediening ontvang het as jy nie Engels gepraat het nie. Jy kon blou in die gesig of grys word, maar jy sou wag totdat jy skaamteloos jou geradbraakte Engels praat om bedien te word. Dít ten spyte van Afrikanerdogters wat jou moes bedien en wat nes vandag terwille van selfbehoud gelate daaraan moes meedoen.
Twee Britte tronk toe weens ‘rassisme op die internet’
Twee Britse mans is vir die eerste keer tronkstraf opgelê bloot weens rassistiese uitlatings in pamflette en op die internet. Simon Sheppard, 51, van Selby in Noord-Yorkshire is tot vier jaar en tien maande tronkstraf gevonnis en sy medepligtige, Stephen Whittle, 42, van Preston is tot twee jaar en tien maande in die gevangenis veroordeel.
Lees verder: Twee Britte tronk toe weens ‘rassisme op die internet’
‘Regering wil steeds armoede vasvat’
Die regering is steeds verbind daartoe om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer ondanks die ekonomiese afswaai, het Trevor Manuel, hoof van die nasionale beplanningskommissie, Dinsdag gesê. Manuel het die regering se mediumstrategiese beleidsraamwerk in Pretoria uitgestippel en gesê sy hoofdoel is om die impak van die ekonomiese afswaai op die land se produktiewe
Goudsektorvakbonde verwerp aanbod
Vakbonde, waaronder Solidariteit, het loonaanbiedinge van die goudsektor van die Kamer van Mynwese verwerp. Solidariteit het Dinsdag in ’n verklaring gesê geen ooreenkoms kon Maandag tussen die partye bereik word nie. Hy het saam met ander vakbonde die aanbod verwerp. “In die ronde van samesprekinge het AngloGold Ashanti, Gold Fields en Rand Uranium verhogings van
Dokters verwerp aanbod
Altesame 91% van dokters wat lede van die SA Medical Association, Sama, is en aan ’n aanlynopname deelgeneem het, het die regering se salarisaanbod verwerp, het Sama Dinsdag gesê. Van die 2 484 dokters wat in die aanlynopname gestem het, het 223 die beroepspesifieke aanbod van die regering aanvaar. Altesame 2 261 het dit verwerp.
Tshwane-naamverslag deur VF Plus gekeer
Die Tshwane-metroraad se Stadsbeplanning-, nntwikkeling- en streeksdientekomitee is deur die Vryheidsfront Plus gedwing om ‘n agendapunt, waarvolgens naamborde wat slegs die naam "Tshwane" bevat by toegangsroetes in Pretoria opgerig gaan word, te wysig omdat dit strydig is met ‘n hofinterdik wat sulke naamborde verbied.
Afrikaans: radikale optrede is nou nodig
Ek lees die pessimistiese skrywe van Dan Roodt, Wil die Afrikaner nog veg vir Afrikaans?, wat meer waarhede bevat as baie van die linkse media saamgevoeg en 'n tydige dokument verteenwoordig.
Daar is baie geskryf en gedebatteer oor 'n volkstaat, die moontlikheid of dit kan werk en ook waar dit moet wees en of dit ons enige hoop bied om ons kultuur, taal en volk te beskerm. Nou ek is geen voorstander van hierdie idee nie, maar ek gaan dit ook nie as 'n mislukte idee afmaak nie.
Chinese maatskappy gaan fabriek in SA oprig
Die Chana-motormaatskappy, 'n Chinese staatsbeheerde voertuigvervaardiger, gaan VS$80 miljoen (omtrent R662,4 miljoen) in Suid-Afrika belê, berig Business Report Dinsdag.
Afrikaners praat oral in openbaar Engels
Ek dink Fanie van Heerden is reg. Oral waar jy in die openbare plekke, soos by die poskantoor, banke, kettingwinkels, ens. kom, en in die rye staan, hoor jy hoe "Afrikaners" Engels met mekaar en die toonbankbeampte praat. As jy as enkeling wat Afrikaans wil praat, by die beampte kom en Afrikaans met hom/haar praat, dink hulle jy's snaaks of moedswillig om nie ook Engels te praat nie en hou maar net aan Engels met jou praat. Ek gaan natuurlik in Afrikaans voort.
