‘Regering wil steeds armoede vasvat’

Die regering is steeds verbind daartoe om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer ondanks die ekonomiese afswaai, het Trevor Manuel, hoof van die nasionale beplanningskommissie, Dinsdag gesê.

Manuel het die regering se mediumstrategiese beleidsraamwerk in Pretoria uitgestippel en gesê sy hoofdoel is om die impak van die ekonomiese afswaai op die land se produktiewe kapasiteit, op werk en op armoedeverligtingsmaatreëls te versag.

“Die uitdaging bly dat ons nie kan voortgaan met die hoë vlakke van werkloosheid nie. Dit is die tipe verbintenis wat ons moet maak.”

Die beleidsraamwerk het 10 strategiese prioriteite geïdentifiseer. Dit sluit ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur, landelike ontwikkeling, voedselsekuriteit en grondhervorming, toegang tot kwaliteit opvoeding, verbeterde gesondheidsorg en die stryd teen misdaad en korrupsie in.

Manuel het gesê om die regering se doelwitte te behaal, het hy ’n sterk ontleding van sy eie vertoning nodig, asook insette van maatskaplike vennote.

Blood Suckersлобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae