Die veearts wat die DBV gehelp het in die ondersoek na dieremishandeling teen die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, is daaraan skuldig bevind dat hy die Suid-Afrikaanse Veeartsraad se reëls oortree het. Die Potchefstroomse veearts, Dr Sameer Abbas is op twee aanklagte skuldig bevind nadat hy geweier het om bewyse van
Noordwes-polisiekommissaris kry trekpas oor Marikana
Die polisiekommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Zukiswa Mbombo verlaat die polisiediens aan die einde van die maand, het RSG berig. Sy was aan die hoof van die provinsiale polisiediens ten tyde van die skietery by Marikana in 2012 toe 34 mynwerkers doodgeskiet is. Haar bedanking volg terwyl president Jacob Zuma ‘n verslag van die Farlam kommissie
Lees verder: Noordwes-polisiekommissaris kry trekpas oor Marikana
Uitspraak voorbehou teen premier wat ‘hotnot’ gebruik
Uitspraak is voorbehou in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas wat vandag in die gelykheidshof op Upington aangehoor is. ‘n Nasionale lid van die Nasionale Khoisanraad, Stanley Peterson, het die saak teen haar aanhangig gemaak nadat sy tydens ‘n amptelike begrotingstoespraak in 2010 op Upington die woord “hotnot” gebruik het. Lucas het gesê:
Lees verder: Uitspraak voorbehou teen premier wat ‘hotnot’ gebruik
Burundi-verkiesing onbepaald uitgestel
President Jacob Zuma sê Afrikaleiers het op ‘n streekberaad in Angola besluit dat die presidentsverkiesing in Burundi vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel moet word totdat daar weer politieke bestendigheid in die land is. Die spesiale vergadering in Luanda is byeengeroep ná ‘n mislukte staatsgreep in Burundi teen president Pierre Nkurunziza, wie se besluit om vir
Minister van Justisie wil regsberoep verswart
Die minister van Justisie, Mike Masutha, wil ’n prokureur-generaal aanstel om transformasie in die regsberoep te dryf. Hy het dié aankondiging vandag tydens ‘n mediasessie by die Parlement gedoen en gesê die prokureur-generaal se statuur, magte en salaris sal gelykstaande wees aan dié van ’n regter. Masutha het al dikwels in die verlede kritiek gelewer
Staat en vakbonde kom ooreen oor verhogings
Staatsdiensvakbonde en die regering het ‘n ooreenkoms bereik om salarisse met sewe persent te verhoog. Reuters berig dat die ooreenkoms ‘n staking deur sowat 1,3 miljoen staatsamptenare afgeweer het. Vakbonde wat by Cosatu ingelyf is, het aanvanklik ‘n verhoging van 15% geëis, maar dit later gedurende uitgerekte samesprekings na tien persent verminder. Staatsamptenare sal ook
Suid-Afrika val uit die Wiskunde-skoolbus
Dit blyk dat die meeste skoolkinders in Suid-Afrika steeds nie die mas opkom wanneer dit kom by wiskunde en wetenskap nie. Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling sê in ‘n verslag dat 90% van leerlinge nie die basiese vaardighede geleer word nie. Die organisasie sê verder dat slegs sowat 70% van tieners in die
DA se etniese planne in PE ontbloot
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het bewerings ontken dat hulle Danny Jordaan in Port Elizabeth gekies het om bruin kiesers te lok. Jordaan se aanwysing as burgemeester van die Nelson Mandelabaai metropool is verdoem as ‘n politieke taktiek om bruin steun te werf. Mantashe het in reaksie gesê Jordaan, ook president van die Suid-Afrikaanse
Herrie oor kunswerk: “Ek is trots om rassis te wees…”
Die kunstenaar, Willem Boshoff, wat bekend is vir sy kunswerke met gegraveerde woorde, het vir omstredenheid by die Venisiese Biennale gesorg met sy werk Racist in South Africa. Dit bestaan uit ‘n gedig wat op ‘n vierkantige aluminiumplaat van 1,2m gegraveer is en ‘n litanie van bekende klagtes oor die nuwe Suid-Afrika bevat. Die gedenkplaat
Lees verder: Herrie oor kunswerk: “Ek is trots om rassis te wees…”
EU skep vlootmag om swart gety terug te draai
Ministers van die Europese Unie het planne goedgekeur om ‘n vlootmag te skep om die gety van swart immigrante na die EU te keer. Die ministers sê daar sal op mensesmokkelaars wat veral in Libië bedrywig is, gefokus word. Sedert die VSA die Libiese staatshoof laat vermoor het, het die land in chaos verval met
