President Jacob Zuma het in Berlyn in Duitsland aangekom vir samesprekings met die sukkelende Duitse kansellier, Angela Merkel. Merkel se koalisie wankel tans onder die migrantekrisis, met haar eie gewildheid wat aanhou daal. Die Duitse minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere (CDU) het onlangs gesê dat hy wil die regte van sogenaamde asielsoekers beperk.
Goedkoop politiekery ontsier internasionale atletiek
Amerika en Brittanje wil Rusland graag voor volgende jaar uit die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro skors. Die Wêreldagentskap teen opkikkers (Wada) het Maandag aanbeveel dat Rusland uitgeskop word oor “sistemiese gebreke” in die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) jeens opkikkers. In die verslag word gesê dat die Olimpiese Spele in Londen in 2012
Lees verder: Goedkoop politiekery ontsier internasionale atletiek
Suid-Afrikaner wat doodgeskiet is in Jordanië nog onbekend
Pres. Barack Obama het Maandag ‘n volledige ondersoek in Jordanië belowe na ‘n skietry waarin ses mense, waaronder twee Amerikaners en ’n Suid-Afrikaner, dood is. Die Suid-Afrikaner se naam is nog nie bekend nie. Die VSA beskou die aanval op die Koning Abdoellah-polisie-opleidingsentrum naby die hoofstad Amman in ’n baie ernstige lig, sê hy. Obama
Lees verder: Suid-Afrikaner wat doodgeskiet is in Jordanië nog onbekend
Eksamens verloop vlot sê NWU
Eksamens by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom- en Vaaldriehoek-kampusse het reeds begin en verloop sover vlot. Dit is volgens die universiteit se Louis Jacobs. Die eksamens by hierdie twee kampusse het op 2 November aanvang geneem nadat dit aanvanklik met een week uitgestel is weens die landwye studentebetogings teen studiegeldverhogins. Die universiteit het later ‘n interdik
Rou riool vloei deur droogtegeteisterde dorp
Die Mohokare-munisipaliteit in die Vrystaat, wat Smithfield en Zastron insluit, word geteister deur rou riool in die waterkanaal wat in Generaal Hertzogstraat in Smithfield ingeloop het. Munisipale woordvoerder, Lehlonolo Mafatman, sê hoewel die rioolstelsel herstel word, is daar steeds ‘n krisis met lopende water, maar dit sal die week aandag geniet. Smithfield gaan gebuk onder
VN waarschuwen voor een grote vluchtelingenstroom uit Irak
De Verenigde Naties waarschuwen voor een grote vluchtelingenstroom uit Irak. Vooral burgers uit de stad Mosul zouden binnenkort wegvluchten. Wanneer het Iraakse regeringsleger een offensief besluit te starten in de Noord-Iraakse miljoenenstad, zal een enorme vluchtelingenstroom op gang komen, schrijft persbureau Reuters op basis van een verklaring van UNHCR, de VN-vluchtelingenorganisatie. Slag De stad Mosul
Lees verder: VN waarschuwen voor een grote vluchtelingenstroom uit Irak
Aaklige week vir lugvaart in SA
Vier vliegtuie het sedert Vrydag neergestort regoor die land, met die mees onlangse ongeluk wat Sondagmiddag plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het op ‘n residensiële eiendom naby Grand Central Lughawe in Midrand neergestort. Eienaars van die huis het ‘n groot knal gehoor toe die vliegtuig in ‘n boom geland het sowat vyf meter van hulle
Klipgooiers versper R55
Motoriste wat van Pretoria na Johannesburg reis is aangeraai om die R55 naby Olievenhoutbosch te vermy. Oproeriges in die gebied het Maandagoggend die pad versper en klippe gegooi na motoriste wat probeer het om die roete te gebruik. Die pad is gesluit deur die owerhede. Die Tshwane Metropolisie het gesê die protesaksie word aangevuur deur
Bloedige hitte terwyl WB aardverwarming en armoede bespreek
Suid-Afrikaners in die binneland moet hulle staal teen bloedige hitte in die droë week wat voorlê, het RSG berig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik van volgehoue hoë temperature in die noordelike dele van die land, waaronder Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes. Die kwik sal in sommige gebiede hoër as 40 grade Celcius styg.
Lees verder: Bloedige hitte terwyl WB aardverwarming en armoede bespreek
Business Day verwelkom belaglike Nigeriese boete teen MTN
Die selfoonoperateur, MTN, het bevestig dat sy bestuurshoof, Sifiso Dabengwa bedank het. Die maatskappy se uitvoerende voorsitter, Phuthuma Nhleko sal in Dabengwa se pos waarneem. Sy bedanking volg nadat die Nigeriese owerhede MTN met meer as R70 miljard beboet het. Die maatskappy het getalm om 5 miljoen onwettige SIM-kaarte te deregistreer. Die Suid-Afrikaanse regering het
Lees verder: Business Day verwelkom belaglike Nigeriese boete teen MTN
