praag.co.za

Business Day verwelkom belaglike Nigeriese boete teen MTN

Written by

in

,

Die selfoonoperateur, MTN, het bevestig dat sy bestuurshoof, Sifiso Dabengwa bedank het. Die maatskappy se uitvoerende voorsitter, Phuthuma Nhleko sal in Dabengwa se pos waarneem.

Sy bedanking volg nadat die Nigeriese owerhede MTN met meer as R70 miljard beboet het.

Die maatskappy het getalm om 5 miljoen onwettige SIM-kaarte te deregistreer.

Die Suid-Afrikaanse regering het intussen sy kommer oor die situasie uitgespreek, maar die Business Day het Nigerië se boete as welverdiend voorgehou omdat Suid-Afrika glo “arrogant” is en ‘n nuwe bestuur verwelkom.

Ander Suid-Afrikaanse maatskappye word glo met dieselfde kwas geteer sê die sakekoerant.

President Muhammadu Buhari se regime het reeds ander ongewilde stappe teen buitelandse belegging geneem wat die land se ekonomiese groei kan benadeel.

Nigerië het ‘n jaarlikse begroting van $22.6 miljard, maar eis 23 persent van net een maatskappy, sy platinumbelegger MTN.

Nigerië het Shell met $3.96 miljard beboet in 2011 vir omgewingskade. In 2011 is ‘n farmaseutiese reus insgelyks beboet met $75 miljoen vir ‘n meningitismedisyneproeflopie wat glo die lewens van ongeveer 12 000 mense geëis het.

Kennelik is die ontkoppeling van SIM-kaarte in vergelyking nie so ‘n ernstige oortreding nie.

Suid-Afrikaanse maatskappye word duidelik geteiken met die goedkeuring van sekere partye soos dit uit die Business Day se houding blyk.

Standard Bank in Nigerië het naelskraap ‘n $5 miljoen-boete in dieselfde week as MTN vrygespring.

Comments

6 responses to “Business Day verwelkom belaglike Nigeriese boete teen MTN”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die hele suid afrika kry seer met hierdie nigeriese boete en die koerant keur dit goed? Wonder wie hulle dien.
    Die vorige MTN grootbaas is terug midde ooste toe en soos ek verstaan het probeer die arabiere nou juis vir MTN uit nigerië druk sodat hulle daardie mark kan oorneem.

    1. Guest Avatar
      Guest

      En vreemd genoeg gee die Joodse koerant in SA ondersteuning daarvoor!

    2. Wim Kotze Avatar
      Wim Kotze

      Het jy aandele in MTN? Dit is nie Suid Afrika wat arrogant is nie. Dit is die agtergeblewenes wat kontinentaal groot meneer speel met hulle erfporsie van die apartheid regime.

      1. G Avatar
        G

        En die Nigeriese eis lyk nie vir jou snaaks nie?

        1. Wim Kotze Avatar
          Wim Kotze

          Niks wat Phineas doen is snaaks nie. Miskien belaglik maar beslis nie snaaks nie.

      2. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Nee ek het nie – die uitvloei van kapaitaal van daai aard maak weer die rand seer – dit beteken als wat ek moet aankoop vir my produksie. Dit beteken al ons kos word duurder. Brandstof word duurder ens ens ens.

Leave a Reply