Die onwettige SANW-betoging op Woensdag 26 Augustus, is kommerwekkend. 'n 'Weermag' wat die staatsgesag (wat hy veronderstel is om te beskerm) uitdaag, laat rooi ligte flikker. En dit nogal teen 'n Hooggerregshofbevel. Om nie te praat van die ongelooflike gebrek aan dissipline nie – waar was die militere polisie?
Vlak van debat op Beeld en op Praag
Ek kyk na Praag se webblad en daar is benewens die jongste nuus oor 'n wye verskeidenheid sake, ook 'n interessante en inligtende debat tussen Johann Wingard en Buks van Rensburg oor biotiese en abiotiese olie en die moontlikheid van verdere ontdekkings.
Mandela hou van kommunisme, maar vier die ondergang daarvan
Nelson Mandela, wat gereeld sy bewondering vir Suid-Afrikaanse kommuniste uitspreek, neem egter aan die viering van die twintigjarige ineenstorting van die Berlynse muur deel.
Lees verder: Mandela hou van kommunisme, maar vier die ondergang daarvan
ANC-haatspraak teenoor blankes wek kommer
Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.
Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos
Slegs 10,3% skuldigbevindings
Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.
Die regte toerusting
top 10 websitesАлександр Фильчаков Васильевич
Vier Britte sterf vir 150 stemme…
Vier Britse soldate sterf vir 'n skamele 150 stemme. So lui 'n koerantopskrif in Londen na afloop van die verkiesing in Afghanistan waar Brittanje soldate in die Helmandprovinsie ontplooi het om 'n vrye en regverdige uitslag daar te verseker. Die inligting is bekend gemaak nadat die Britse ambassadeur in Kaboel, Mark Sedwill, bekend gemaak het
W?reldrugby se grootste somerswaeltjie
Die een speler wat Springbokrugby nie kan vervang nie
Dat een swaeltjie nie 'n somer maak nie, is 'n ou braaivleisinsig. Daarmee word aangedui dat 'n sportspan se sukses nie aan 'n enkele speler toegeskryf kan word nie. Dit word meermale geïntoneer wanneer 'n sterspeler sy terugkeer na 'n besering maak. As, sê nou maar Richie McCaw of Daniel Carter ontslaan word uit die terapieproses en as't ware rittel en trippel om die veld tydens die All Blacks se volgende toets te betree, word die vraag gevra: Watter verskil sal dit maak? Dis dán wanneer die braaivleis-Naas Botha kug en frons en beduie dat, ja McCaw is die wêreld se voorste baljagter en moontlik die wêreld se beste speler, pond vir pond, maar – staan by hier kom dit nou – een swael maak nie 'n somer nie.
VSA kry nuwe oog in Irak, Afghanistan en Pakistan
Die VSA se oog in Irak, Afghanistan en Pakistan, gaan nou heelwat groter wees. 'n Nuwe multikamerasensor word tans aangebring aan die onbemande vliegtuie wat vir waarneming en spioenasie in dié land gebruik word. Die stelsel, bekend as die Gorgon Stare, is die volgende tree in die rigting van beheer oor die slagveld. Twee MQ-9
Lees verder: VSA kry nuwe oog in Irak, Afghanistan en Pakistan
Polisie gaan soldategeweld ondersoek
Die polisie ondersoek die onwettige betoging deur soldate by die Uniegebou wat gister gewelddadig geraak het toe honderde lede van die getransformeerde SANW (SA Nasionale Weermag) chaos gesaai het.
