VSA kry nuwe oog in Irak, Afghanistan en Pakistan

Die VSA se oog in Irak, Afghanistan en Pakistan, gaan nou heelwat groter wees. 'n Nuwe multikamerasensor word tans aangebring aan die onbemande vliegtuie wat vir waarneming en spioenasie in dié land gebruik word.

Die stelsel, bekend as die Gorgon Stare, is die volgende tree in die rigting van beheer oor die slagveld. Twee MQ-9 Reapers wat met WAAS, dié sensors van $15 miljoen, uitgerus is, sal later vanjaar toetsvlugte onderneem.

Kolonel Eric Mathewson, direkteur van die Unmanned Aircraft Systems Task Force by die Pentagon sê dit gaan 'n ongelooflike magsvermenigvuldiger wees.

Sierra Nevada Corporation, vervaardigers van die WAAS, het die naam uit die Griekse mitologie gebruik; die staar verander mense in klip.

Vyf elektro-optiese en vier infrarooi kameras neem dag en nag foto's uit verskillende hoeke, en verwerk dit na een geïntegreerde mosaëikbeeld wat baie breër is as wat 'n enkele lens kan lewer.

By die sentralebeheerkamer kan besluitnemers skeer oor die gebied, die oog laat kantel en inzoem op 'n klein area. As 'n insurgent buite die een raam beweeg, kan hy maklik deur die oog na 'n volgende raam op die stel vertoonmosaïekskerms gevolg word.

Die stelsel wat onder een vlerk aangebring word is lig en kompak en maak voorsiening vir die insluiting van wapenstelsels op dieselfde tuig.

Omdat al die digitale data bewaar word, is dit moontlik om die stelsel forensies aan te wend deur terug te gaan na vorige beelde om gebeurtenisse te rekonstrueer.

Taliban leier Baitullah Mehsud, is deur 'n Hellfiremissiel van 'n onbemande tuig in Pakistan gedood terwyl hy onder die indruk verkeer het dat hy versteek is, maar die bestaande MTS-stelsel is moeilik om te gebruik omdat dit 'n blik gee asof 'n mens deur 'n strooitjie kyk.

Met WAAS kan 'n hele gevegsterrein sigbaar wees, ten minste as dit vier vierkante kilometer beslaan. Enige iets wat beweeg, sal deur Gorgon se oog waargeneem word. Die bestaande MTS kan beswaarlik 'n vierkante kilometer onder bewaking inkry.

план бани фотоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae