VSA en Frankryk loop uit tydens Ahmadinejad-toespraak

Verskeie afgevaardigdes, insluitende die VSA en Frankryk, het uit die VN se Algemene Vergadering tydens ‘n toespraak deur die Iranse president, Mahmoud Ahmadinejad, geloop. Dit word gesien as ‘n sein aan Ahmadinejad dat hierdie lande sy land se kernprogram afkeur. Daar is ernstige kommer dat Iran hulle kernkapasiteit sal gebruik om massavernietigingswapens te vervaardig, waarskynlik

Lees verder: VSA en Frankryk loop uit tydens Ahmadinejad-toespraak

Pakistan en Wes-Indiërs veg hard maar bereik min

Die Wes-Indiese krieketspan het gister nie baie lank gevat om die wip en spoed van die kolfblad op die Wanderers gewoond te raak nie, maar in die kort tydjie was die top ses kolwers – en nommer agt op die koop toe – reeds terug in die paviljoen. Dié span is natuurlik aanmekaar gelap en

Lees verder: Pakistan en Wes-Indiërs veg hard maar bereik min

Verwelk die krieketblommetjies al weer?

Ek en my maat Wim was daardie swart dag in 1999 persoonlik op Edgbaston in Birmingham, toe menere Klusener en Donald ‘n breinfloute beleef het en uitgehardloop is met die laaste bal van die Krieketwêreldbeker 1999. Ek kon sedertdien nog nie besluit wat was erger nie: die skok langs die veld, of hoe die Aussie-ondersteuners

Lees verder: Verwelk die krieketblommetjies al weer?

Volksvergadering te Vegkop dié naweek

Die Boere-Afrikanervryheidsinisiatief het ‘n volksvergadering vir die komende naweek by die Vegkopfeesterrein naby Heilbron belê. Volgens die organiseerders het hulle gedurende die afgelope twee maande honderde duisende Afrikaners deur middel van pamflette, radio-uitsendings en die internet uitgenooi na die volksvergadering wat oor die naweek van 25 tot 27 September by Vegkop naby Heilbron in die

Lees verder: Volksvergadering te Vegkop dié naweek

Rassedebat spoel oor na TV

Die rassedebat wat in die Afrikaanse media, sowel koerante as webwerwe, begin het, het oor die naweek na die TV oorgespoel toe twee programme van die SAUK die toenemende verwydering tussen wit en swart opgehaal het. Freek Robinson het in sy program “Fokus” op die tweede kanaal van die SAUK vir Flip Buys van Solidariteit

Lees verder: Rassedebat spoel oor na TV

Reise van Janssens en De Mist

Eers goewerneur Janssens, en later kommissaris-generaal De Mist het omvattende reise in die binneland onderneem. Die laaste gerieflike woonhuis waarin Janssens op pad na die oosgrens tuisgegaan het, was die boerewoning van Hillegard Mulder. In een van die grootste vertrekke het daar ‘n orrel gestaan. Daar het die gesin en die bure op Sondag byeengekom

Lees verder: Reise van Janssens en De Mist

VF+ wil met plaaslike ANC oor ‘Pretoria’ praat

Die Vryheidsfront Plus het uitsprake van die plaaslike ANC in Pretoria verwelkom waarin hulle erken het dat die naam van die hoofstad Pretoria is. Die voorsitter van die ANC se Tshwane-distrik, Sputla Ramokgopa, het aangedui dat Pretoria se naam nie sonder meer verander sal word nie. Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is hierdie ‘n

Lees verder: VF+ wil met plaaslike ANC oor ‘Pretoria’ praat

VSA sluit alle amptelike kantore in SA

Die VSA sal hulle ambassade en ander Amerikaanse regeringskantore in Suid-Afrika Woensdag gesluit hou nadat ‘n veiligheidsbedreiging geïdentifiseer is. Die aard van die bedreiging is nie bekend nie. Woordvoerder van die ambassade Sharon Hudson-Dean het Dinsdag gesê die kantore sal moontlik weer Woensdag heropen. Ian Kelly van die VSA se State Department sê die bedreiging

Lees verder: VSA sluit alle amptelike kantore in SA