Drie Suid-Afrikaanse weermaglede is tydens ‘n aanval in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gewond. Een verkeer in ‘n ernstige toestand. Die twee anders sterk goed aan in ‘n hospitaal in Goma, volgens die SANW ‘n Woordvoerder van die departement van verdediging, Jaco Theunissen, sê een van die gewapende rebellegroepe in die
ANC-lid sê Indiërs wat kla moet teruggaan na Indië
Indiërs wat so kerm oor die swart ANC-regering moet teruggaan na Indië, sê Visvin Reddy. Reddy is ‘n voormalige ANC-raadslid en Chatsworth-takvoorsitter. Hy sê die klakouse marginaliseer hulleself net verder. President Zuma het Indiërs voorheen as swart beskryf. Reddy het kritiek gekry vir sy Facebook-opmerking, maar hy het gesê hy staan by sy omstrede opmerkings.
Lees verder: ANC-lid sê Indiërs wat kla moet teruggaan na Indië
Verkiesing 2014 skop af
Die verkiesingswiele het vanoggend amptelik begin rol toe Suid-Afrikaners in die buiteland hul kruisies kon trek, het RSG berig. Die sowat 26.000 geregistreerde kiesers in die buiteland kan slegs aan die nasionale verkiesing deelneem en kan nie vir verteenwoordigers op provinsiale vlak stem nie. Die meeste stemgeregtigde Suid-Afrikaners is in Londen, terwyl duisende kiesers ook
Soweto kry nog ‘n hospitaal van een miljard rand
RSG berig dat die Zola Jabulani Hospital in Soweto vandag eindelik sy deure open nadat die voltooiing van die hospitaal vir ses jaar vertraag is. Die distrikshospitaal met 300 beddens sal na verwagting druk verlig op die besige Chris Hani Baragwanath Hospitaal wat pasiënte van oral kry. Die Departement van Gesondheid het agt jaar gelede
Lees verder: Soweto kry nog ‘n hospitaal van een miljard rand
Front Nasionaal verwerp DA se pseudo-taalpatriotisme
“Afrikaners in die DA verteenwoordig gedekultureerde jingo’s wat deelneem aan die etniese reiniging van Afrikaanse straat- en plekname, veral in die Wes-Kaap. Die party is volledig tot anglosentriese idees verbind en kyk na ons land se geskiedenis deur die oë van Britse neomarxiste.” Só sê dr. Dan Roodt, onderleier van die Front Nasionaal, in reaksie
Lees verder: Front Nasionaal verwerp DA se pseudo-taalpatriotisme
‘Rue des Boers’ in Luxemburg verander na Nelson Mandelaweg
Luxemburg se tweede grootste stad, Esch-sur-Alzette, gaan ‘n bekende pad wat in 1923 na die Boere-soldate in die Tweede Vryheidsoorlog vernoem is, verander na Nelson Mandela-weg. Dié aankondiging het hewige reaksie onder die land se konserwatiewe en selfs verregse groepe uitgelok. Die Nasionale Museum vir Weerstandsbewegings het die stadsvaders van Esch-sur-Alzette naby die Belgiese grens
Lees verder: ‘Rue des Boers’ in Luxemburg verander na Nelson Mandelaweg
FN-lede dreig om kommunistiese vlag voor DKD te verbrand
Front Nasionaal het sy wanhoop uitgespreek oor die departement van korrektiewe dienste se gesloer met Clive Derby-Lewis se mediese parool. “Ons kom nou naby aan die 21-dae-ultimatum wat aan die departement van korrektiewe dienste gestel is tydens ons betoging op 12 April. Tot op hede het mnr. Clive Derby-Lewis nog nie enige mediese ondersoek deur
Lees verder: FN-lede dreig om kommunistiese vlag voor DKD te verbrand
SADOU veroordeel lede wat poste koop
City Press het vroeër berig dat SADOU-amptenare senior onderwysposte in KwaZulu-Natal, Noordwes en Limpopo aan onderwysers verkoop. Dié koerant beweer dat sommige van lede van die onderwysvakbond betrokke is by ‘n geldmaakskandaal rakende poste. Die onderwysersvakbond SADOU het gevra dat enigeen wat oor inligting na vore kom. Hulle het die korrupsie sterk veroordeel. Blykbaar word
Polisie onderdruk geweld suid van Johannesburg
Die polisie het oproeriges in Finetown naby Ennerdale, suid van Johannesburg, met rubberkoeëls uiteengejaag. Motoriste is gevra om die gebied te vermy weens die geweld, veral by Jamesweg en Provincialweg. Die polisie het op oproermakers naby die Indiërwoonbuurt Lenasia geskiet nadat hulle paaie versper en motoriste met klippe bestook het. Gewelddadige swart inwoners het polisiebeamptes
Dokters Sonder Grense in SAR aangeval, drie gedood
MSF, oftewel Dokters Sonder Grense, se hoof Stefano Argenziano sê sy organisasie sal hul teenwoordigheid in die Sentraal-Afrikaanse Republiek heroorweeg nadat drie van hul personeellede doodgemaak is. Argenziano het gepraat na aanleiding van die aanval in Boguila waarin minstens 22 mense, onder wie drie lede van die organisasie MSF, in ‘n aanval deur gewapende mans op
Lees verder: Dokters Sonder Grense in SAR aangeval, drie gedood
