‘Rue des Boers’ in Luxemburg verander na Nelson Mandelaweg

ruedesboersLuxemburg se tweede grootste stad, Esch-sur-Alzette, gaan ‘n bekende pad wat in 1923 na die Boere-soldate in die Tweede Vryheidsoorlog vernoem is, verander na Nelson Mandela-weg. Dié aankondiging het hewige reaksie onder die land se konserwatiewe en selfs verregse groepe uitgelok. Die Nasionale Museum vir Weerstandsbewegings het die stadsvaders van Esch-sur-Alzette naby die Belgiese grens toestemming gevra om die naam van die “Rue des Boers” te verander ná mnr. Nelson Mandela se dood in Desember verlede jaar.

‘n Uitstalling wat bekend staan as “Van Prisonier tot President” word tans deur die museum aangebied. Die burgemeester, Vera Spautz, sê die museum is naby die Weerstands-plein geleë en die stad het gemeen dat die ou Suid-Afrikaanse president se verset teen die destydse NP-regering meer simbolies as dié van die Boere-soldate is. Die Apartheidsmuseum in Johannesburg het sy steun aan die naamsverandering toegesê. – Radio Pretoria

26 thoughts on “‘Rue des Boers’ in Luxemburg verander na Nelson Mandelaweg”

      1. As hierdie ‘n man na die “Heer” se hart is dan weet ek darem nie. Hierdie is loutere propaganda en nonsens wat mense kwytraak. Dit wys hoe diep die gevoel in die wêreld teen die Boerevolk van ZA werklik is.
        Ons word wêreldwyd verag vir geen goeie rede nie – dit is of hulle die hele kolonialistiese spul wandade (meesal deur die Engelse gepleeg) voor ons deur wil gooi.
        Hierdie is die tipe haat teen ons wat vir my net geen sin maak nie en wat vir my wys dat die wêreld so geestelik arm is dat hulle na iemand van hierdie kaliber gryp as ‘n verlossersfiguur – alles tekens dat ons stryd nie teen vlees en bloed alleen is nie.

  1. http://www.wort.lu/de/view/nelson-mandela-ausstellung-eroeffnet-536005d8e4b0c1eb30fa4ea8

    Direct maar gereageerd op de betreffende ingesleten papegaaiachtige voze moraal dat als speeltje van de zelfingenomen zelfvoldane gegoede politieke klasse dient en ontaard in liederlijke achterlijke Baäl adoratie voorzien van een vol vat geschiedvervalsing en doorsnee eenzijdigheid.

    Mogelijk kunnen we gezamenlijk ondersteund een kort en bondig bericht(in Engels, Frans, Duits en Afrikaans) sturen namens 10 of meer PRAAG commentatoren waarin inhoudelijk protest aangetekend bij le mairie in Esch sur Alzette met verwijzing naar Plaasmoord waarbij al 4000 Boere erbarmelijk het leven lieten.

    bv. :
    Geacht gemeentebestuur van Esch sur Alzette,

    Hierbij tekenen wij krachtig protest aan tegen de voorgenomen wijziging van deze straatnaam omdat deze aansluit en goedkeuring lijkt te geven aan de sinds 1994 ingezette Volkenmoord op de etnische minderheid van Boere Afrikaners waarbij al 4000 mensen onder het rancuneuze anc schrikbewind zijn vermoord in Plaasmoorde !

    Hopende dat u rekening wilt houden met de erbarmelijke feitelijke situatie voor de slachtoffers.

    Hoogachtend.

    PRAAG commentatoren.

  2. Wys maar net weer hoeveel simpatie ons van die buitewêreld kan verwag. Net mooi niks. Ons is, soos altyd, op ons eie aangewese. Anders kan ons maar vergeet. Luxemburg, die mees kapitalistiese regime op aarde wat hulde bring aan ‘n derdewêreld kommunistiese rewolusionêr. Hoe werk dit? Dit werk deur volgehoue linkse proganda oor baie jare en verder ook omdat daar geen risiko vir hulle is om hierdie standpunt in te neem nie. Trouens is daar ‘n kans om nog so’n bietjie meer rykdom uit die situasie te put. Mag hulle in hulle eie goudomlynde vomeersel verstik.

  3. Dit mag sommiges interesseer, maar in die hele Malawi is daar nie ‘n enkele straat wat nie terroris vernoem is nie. Geen Mandela, of Madiba laan, straat, of weg nie. Opmerklik word Hailie Selassie vernoem, en so ook Jomo Kenyatta en wragtie ook Queen Victoria avenue in die middl van Blantyre. Selfs die statjie se naam hou nog . Miskien herinner die naam hulle aan Afrika se lieflingsport—klipgooi en tyres brand !
    Lyk my Ou Nelson is nie oral in Afrika so ‘n groot held nie.

  4. Binnekort sal roeteaanwysings as volg verloop:
    1. Neem die Mandelaroete
    2. Draai regs in Mandelarylaan
    3 By die Mandelabeeld
    4 Draai links in Mandelastraat
    5 Draai weer regs in Mandelaweg
    6 Jou bestemming is Mandela close 666.

    1. Kalium, dis nie heeltemal waar nie. Dit gaan eerder so: Ry af met die Nelson Verwoerd rylaan en draai lings in Koningin Muhlangu. Hou aan vir drie kilometer tot verby die Hendrik Zuma sirkel. Draai daar links en volg die pad tot by Nelson Strydom, verby die Genl Hans Sizulu hospitaal. Die Uhurumakietie eetplek is aan jou regterkant.

Maak 'n opvolg-bydrae