Onderwyser in hof oor kinderporno

Videomateriaal en verklarings wat verband hou met die saak van ­Gregory Robinson, ’n Potchefstroomse onderwyser, word tans ingewag. Robinson, 46, word saam met verskeie Suid-Afrikaners verbind met ’n beweerde internasionale kinderpornografie-netwerk, het Beeld berig. Hy het Woensdag in die streekhof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie. Bert Viljoen, 54, ‘n voormalige

Lees verder: Onderwyser in hof oor kinderporno

Sal belasting Malema uit parlement hou?

Die Ekonomiese Vryheidsvegters wou nie kommentaar lewer oor hul partyleier, Julius Malema se belastingstatus nie. Malema skuld die Ontvanger R16 miljoen. Die EFF se woordvoerder het egter die versekering gegee dat hul leier wel parlement toe sal gaan. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder het gesê dat hy nie inligting oor die belastingaangeleentheid het nie.

Lees verder: Sal belasting Malema uit parlement hou?

Marikana Steungoep dreig met openbare protes

Die Marikana Steungoep dreig met openbare protes as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle het die President gevra om ‘n geskrapte klousule ter herstel wat die Marikanakommissie opdrag gee om die rol van staatsdepartemente in die skietery by Marikana op 16 Augustus 2012 te ondersoek. RSG berig dat ‘n woordvoerder, Trevor Ngwane, gesê het

Lees verder: Marikana Steungoep dreig met openbare protes

Meeste Moslems verwerp terreurgroep

Nigerië se president Goodluck Jonathan het Boko Haram se aanbod om swart skoolmeisies vir gevangenes uit te ruil, verwerp. Die skoolmeisies is vroeër deur die terreurgroep ontvoer. Boko Haram is ‘n groep Takfiri-militante, vermom as Moslems, wat misdade in verskillende dele van die wêreld pleeg in ‘n poging om Islam swart te smeer. Net soos

Lees verder: Meeste Moslems verwerp terreurgroep

Ondersoek na onderwyspos-bedrog kom

President Jacob Zuma het ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die bewerings van omkopery vir onderwysposte goedgekeur. Die sekretaris-generaal van die Nasionale Kongres, Monokoane Hlobo, het die ondersoek verwelkom en sê korrupsie behoort op dieselfde manier hanteer te word. Verskeie vakbonde is glo betrokke by die vermeende werksverskaffings-bedrogspul in die onderwys. Die Nasionale Kongres van

Lees verder: Ondersoek na onderwyspos-bedrog kom

Stakers reageer nie op teksboodskappe om te gaan werk nie

Stakende mynwerkers by Impala Platinum het glo soos by die Lonmin-myn, nie gereageer op steksboodskappe van hul werkgewers om terug te keer werk toe nie. Vakbondleiers by Implats sê die teksboodskappe van platinumprodusente wil spanning onder werkers aanhits. Daar is ook steeds ‘n groot polisie-teenwoordigheid by platinummyne op Rustenburg in Noordwes, te midde van die

Lees verder: Stakers reageer nie op teksboodskappe om te gaan werk nie

Vreemde simbool vir eenheid in Europa

Die 180 miljoen TV-kykers wat die Oostenrykse bebaarde “dame” moes aanhoor tydens die Eurovision-sangprys die pas afgelope naweek, het seker besef normaliteit gaan nie die kompetisie gou wen nie, net soos verkiesings nie gou Eurokrate gaan aanwys nie. Met ‘n merkwaardige kombinasie van blieng en bravade het Thomas Neuwirth se alter ego gewys dat ‘n

Lees verder: Vreemde simbool vir eenheid in Europa

Caster Semeya ontken sy verlowing

Die atleet Caster Semenya het alle gerugte oor sy verlowing aan sy mede-atleet Violet Ledile Raseboya ontken. “Daar is geen troue nie. Moenie die gerugte glo wat julle in die nuus lees nie,” het Semenya aan die Sowetan-koerant se webblad gesê. Die Daily Sun het Maandag berig Semenya (23) het sy ouers na die familie

Lees verder: Caster Semeya ontken sy verlowing

Rusland verbied VSA se gebruik van vuurpylenjins

Rusland wil die VSA verbied om Russies vervaardigde vuurpyl-enjins vir militêre satelietprojekte te gebruik, het die adjunk-premier Dmitri Rogozin Dinsdag volgens Newsweek aangekondig. Dit behels die MK-33 en RD-180 enjins wat Rusland aan die VSA beskikbaar gestel het. Dié besluit kom nadat Amerika sanksies teen Rusland ingestel het om die Russe te dwing om die

Lees verder: Rusland verbied VSA se gebruik van vuurpylenjins

Twis oor wrak die Santa Maria kan wees

Amerikaanse navorsers glo hulle het die wrakstukke opgespoor van die Santa Maria, die beroemde karavel van Christopher Columbus. ‘n Skeepswrak is gevind aan die noordkus van Haiti wat die 500-jarige oorblyfsels kan wees van Columbus se befaamde reis na die Nuwe Wêreld. ‘n Navorser, Barry Clifford sê hy het konkrete bewyse van ‘n wrak wat

Lees verder: Twis oor wrak die Santa Maria kan wees