Amerikaanse navorsers glo hulle het die wrakstukke opgespoor van die Santa Maria, die beroemde karavel van Christopher Columbus.
‘n Skeepswrak is gevind aan die noordkus van Haiti wat die 500-jarige oorblyfsels kan wees van Columbus se befaamde reis na die Nuwe Wêreld.
‘n Navorser, Barry Clifford sê hy het konkrete bewyse van ‘n wrak wat dié van die Santa Maria kan wees. Hy en sy span het talle onderwaterfoto’s en afmetings van die wrak geneem.
Clifford , 68 , wat ‘n verkenningstog verlede maand gelei het, sal Woensdagoggend ‘n perskonferensie hou by die Explorers Club in New York om die ontdekking aan te kondig.
Hy het gesê hy wil graag die skip in Haiti laat bly as deel van ‘n permanente uitstalling om die land se sukkelende toerismebedryf te help.
Clifford sê hy werk glo nóu saam met die regering van Haiti om die gebied afgesper te kry vir ‘n meer omvattende ondersoek.
Die Santa Maria was deel van Columbus se ekspedisie in 1492. Dit het op Kersdag daardie jaar gestrand.
Maar Haïti se amptenare het met skeptisisme Dinsdag gereageer, en gesê dit is onwaarskynlik dat enige iets sou oorgebly het van die wrak.
“Dit is ‘n historiese en wetenskaplike fout om te sê dat die Santa Maria opgespoor kon gewees het onder die see,” sê Erol Josue, direkteur van Haïti se Nasionale Etnologiekantoor.
Hy wys daarop dat die hout van die karavel deur oorlewendes gebruik is om ‘n klein fort, genaamd La Navidad te bou.
Dit word vandag beskou as die eerste Europese nedersetting in die Nuwe Wêreld.

de zoon van Erik de Rode liet er zeker alleen de hond uit ?
Wonder nogal wat lê daar op die seebodem. Sal nogal interessant wees.