Die 180 miljoen TV-kykers wat die Oostenrykse bebaarde “dame” moes aanhoor tydens die Eurovision-sangprys die pas afgelope naweek, het seker besef normaliteit gaan nie die kompetisie gou wen nie, net soos verkiesings nie gou Eurokrate gaan aanwys nie.
Met ‘n merkwaardige kombinasie van blieng en bravade het Thomas Neuwirth se alter ego gewys dat ‘n vervelige nabootsing van ‘n James Bond-fliek se temaliedjie tog kan wen as die boodskap van “eenheid” net reg is.
Conchita Wurst, sy verhoognaam, het openbare bewustheid van geslagsrolle kennelik aan die Europese kyker opgedring in die hoop dat wederstrewiges nie voortaan die eenheidsgedagte bevraagteken nie.
Soos ‘n gay joernalis onlangs opgemerk het sal die Amerikaanse president na Hillary Clinton waarskynlik gay wees, omdat president Obama gekies is om “rassiste” te brandmerk en Hillary sal word om “vrouehaters” swart te smeer.
Wurst is ‘n beter handelsmerk as enige van die voorste Euro Parlementskandidate, wat self kla dat gewone mense nie ‘n idee het van wie aan bewind is in die EU nie.
Portugal se mees onbekende maoïstische uitvoerproduk, Jose Barroso en die ewe onbekende Herman van Rompuy, president, is twee voorbeelde van die demokratiese tekort wat aan die hart van Europa lê.
In ‘n poging om meer herkenbaar aan kiesers te wees, het die EU nou klaarblyklik ‘n ding [sonder ironie] as simbool van die Unie gekies wat nie manlik òf vroulik is nie, maar sommer albei.
Tydens die aanvaarding van die Eurovision-trofee, het die dubbelslagtige Wors ook dié onvergeetlike woorde geuiter: “Ons is eenheid en ons is onstuitbaar.”
Conchita se oorwinning het egter kykers oral ontstel, veral in Rusland, waar honderde mans foto’s van hulself gepos het waar hulle hul baarde uit protes afskeer.
Die omstrede dwelmverslaafde TV-kok Nigella Lawson, het ‘n foto van haarself met ‘n baard op Twitter gepos, ‘n desperate stap om haar tanende gewildheid te red.
Sy is ‘n voorbeeld van die aanhangers wat die heel middelmatige Wors amusant en nie erg vervelig vind nie.

