praag.co.za

Vreemde simbool vir eenheid in Europa

ruseurovisionDie 180 miljoen TV-kykers wat die Oostenrykse bebaarde “dame” moes aanhoor tydens die Eurovision-sangprys die pas afgelope naweek, het seker besef normaliteit gaan nie die kompetisie gou wen nie, net soos verkiesings nie gou Eurokrate gaan aanwys nie.

Met ‘n merkwaardige kombinasie van blieng en bravade het Thomas Neuwirth se alter ego gewys dat ‘n vervelige nabootsing van ‘n James Bond-fliek se temaliedjie tog kan wen as die boodskap van “eenheid” net reg is.

Conchita Wurst, sy verhoognaam, het openbare bewustheid van geslagsrolle kennelik aan die Europese kyker opgedring in die hoop dat wederstrewiges nie voortaan die eenheidsgedagte bevraagteken nie.

Soos ‘n gay joernalis onlangs opgemerk het sal die Amerikaanse president na Hillary Clinton waarskynlik gay wees, omdat president Obama gekies is om “rassiste” te brandmerk en Hillary sal word om “vrouehaters” swart te smeer.

Wurst is ‘n beter handelsmerk as enige van die voorste Euro Parlementskandidate, wat self kla dat gewone mense nie ‘n idee het van wie aan bewind is in die EU nie.

Portugal se mees onbekende maoïstische uitvoerproduk, Jose Barroso en die ewe onbekende Herman van Rompuy, president, is twee voorbeelde van die demokratiese tekort wat aan die hart van Europa lê.

In ‘n poging om meer herkenbaar aan kiesers te wees, het die EU nou klaarblyklik ‘n ding [sonder ironie] as simbool van die Unie gekies wat nie manlik òf vroulik is nie, maar sommer albei.

Tydens die aanvaarding van die Eurovision-trofee, het die dubbelslagtige Wors ook dié onvergeetlike woorde geuiter: “Ons is eenheid en ons is onstuitbaar.”

Conchita se oorwinning het egter kykers oral ontstel, veral in Rusland, waar honderde mans foto’s van hulself gepos het waar hulle hul baarde uit protes afskeer.

Die omstrede dwelmverslaafde TV-kok Nigella Lawson, het ‘n foto van haarself met ‘n baard op Twitter gepos, ‘n desperate stap om haar tanende gewildheid te red.

Sy is ‘n voorbeeld van die aanhangers wat die heel middelmatige Wors amusant en nie erg vervelig vind nie.

Nog 'n na-aper van die Wors
Nog ‘n na-aper van die Wors

Comments

34 responses to “Vreemde simbool vir eenheid in Europa”

  1. Willy Avatar
    Willy

    Wat party nie sal doen vir publisiteit nie. Hulle sal sommer rondkruip in die gutters ook.

  2. Piet Velskoen Avatar
    Piet Velskoen

    Snaakse Russiese onderskrif van julle by die boonste foto. Loof ‘n prys uit aan de Praagleser wat dit die eerste vertaal.

    1. Joseph Avatar
      Joseph

      Dit beteken: Skeer! Moenie soos ‘n vrou wees nie!

      1. Piet Velskoen Avatar
        Piet Velskoen

        As dit met skeer te doen het – ás – kla hy oor die stomp skeermes. Nog iemand?

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Engels: Shave! Don’t be like a boogeyman!
          Afr: Skeer! Moenie soos Outa-Jas lyk nie!

    2. Leana Avatar
      Leana

      Die derde woord onder vertel mos die storie duidelik Piet !
      Hier kommie *a* boetie !

      1. Willy Avatar
        Willy

        Sê hy vir sy partner, Leana. ;~)}

        1. Leana Avatar
          Leana

          Lekker lag ek nou Willy, dis raak gevat sowaar.

          1. Willy Avatar
            Willy

            Haha ek kon nie keer nie, moes dit net sê, Leana.

  3. henkst Avatar
    henkst

    Internasionale demokrasie is besig om demokrasie se graf te grawe!

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Dit pas alles in by die raslose, geslaglose, denkelose, gelooflose slaaf wat die NWO wil hê.

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Hoekom vloek julle so in die artikel, kyk wat staan daar in die onderste reël van die prentjie, waar is die sensor?

    1. Joseph Avatar
      Joseph

      Ha ha. Daardie woord in Russies beteken doodgewoon “hoe” of afhangende van die voorgaande woord “soos”.

    2. Leana Avatar
      Leana

      Tikfoutjie !

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Dink nie so nie, kyk net die woord wat daaragter staan – baba- dis mos die ding wat baba’s doen.

  6. Gas Avatar
    Gas

    Walglik en afskuwelik, die inhoud van die artikel sowel as die foto.

    1. Leana Avatar
      Leana

      Dis alledaagse dinge waaraan ons almal aan gewoond is Gas. Van waar is jy, Pluto?

  7. Leana Avatar
    Leana

    WOW !! Het so gehoop ek het die lotto gewen, maar sal darem die Milkinson Sword ook goed kan gebruik. Baie dankie 🙂

  8. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    ‘n Aantal jare gelede is Romy Schneider, (interesssant genoeg ook ‘n Oostenryker), beskryf as die “verloofde van Europa”, – la fiancée de l’Europe. Nou is dit Conchita Wurst. Dieper en dieper die afgrond af.

  9. Riempies Avatar
    Riempies

    Lyk vir my of die NWO se tropdiersindroom deur gelykheid
    en enersheid – wat hulle doestelling is vir wereld oorheersing – dalk nog n hele
    entjie het om te gaan, of dalk besig is om te duik?

    1. henkst Avatar
      henkst

      My maggies, en ek het gedink die NWO is ‘n samesweringsteorie, geskep deur fundamentalistiese christene. Wat is die verband tussen die EU en die NWO?

      1. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Jy het ‘n klok hoor lui……………………………………

        1. henkst Avatar
          henkst

          Bredero, A.H.: De Ontkerstening der Middeleeuwen, meld dat veral met naderende onweer klokke gelui is om weerlig te voorkom. Waar is die naderende onweer?

          1. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Jy staan in die oog van die storm daarom kan jy niks inneem of waarneem.

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Hoeveel lande word noual beheer deur die Europese Unie?
        28 -29 of meer? Kissenger sal seker vir jou beter kan verduidelik omtrent die verband maar my beskeie mening is dat die verband le in almal gelyk en dom- en deur een mag regeer word onder een regstelsel en een geldstelsel.

  10. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Het Caster ingeskryf?

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Skerp! Geen operasies nodig nie.

  11. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    Die gays in Rusland wou ‘n optog 31 Mei hou vir die verheerliking van die moffiegemors maar Moskou se regsdienaars het dit verbied. Kan ons hulle nie invoer om die ‘Gay Parades’ van kaapstad te stop nie. Dit is so waglik!

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Is die storie waar dat Steri Stumpie die gay parades borg?

      1. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Ek weet regtig nie. Maar sal graag wil weet wie gee hulle geld.

        1. Kalium_Chloraat Avatar
          Kalium_Chloraat

          Ek hoor die pienk Steri Stumpi vir die vrouens en die bruine vir die mans 😉

      2. JAVR Avatar

        Wil ek dit graag weet want ek koop nogal daardie melk!

    2. JAVR Avatar

      Jy sal die hele Kaap moet toemaak want ek dink omtrent 90% van in inwoners in die stad self is gay! Dis mos nou hulle posie daai!

      1. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Dis ‘n feit, walglik!

Leave a Reply