President Jacob Zuma het ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die bewerings van omkopery vir onderwysposte goedgekeur.
Die sekretaris-generaal van die Nasionale Kongres, Monokoane Hlobo, het die ondersoek verwelkom en sê korrupsie behoort op dieselfde manier hanteer te word.
Verskeie vakbonde is glo betrokke by die vermeende werksverskaffings-bedrogspul in die onderwys.
Die Nasionale Kongres van Skoolbeheerliggame sê hy stem nie saam met die mening dat slegs die Demokratiese Onderwys-Unie of Sadou, by die bedrogspul betrokke is nie.
Berigte dat lede van Sadou poste vir skoolhoofde en adjunkhoofde vir meer as R30.000 elk verkoop het, het onlangs die lig gesien.
