“Hulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.” Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis
Polisievoertuig land op sy dak
Ses verdagtes in polisieaanhouding is beseer toe hulle na hulle hofverskyning na die Kagiso-polisiestasie onderweg was. Ses verdagtes in polisieaanhouding en twee polisiebeamptes dié week beseer toe die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie gebots het en op sy dak beland het. Dié ongeluk het omstreeks 3.30nm op die hoek van Hoofrif- en
Vrou ry oor aanvaller
‘n Vroulike motoris het na bewering oor ‘n man gery wat haar kant-venster in Benoni gebreek het, en hom in ‘n koma gelaat. The Star berig dat die voorval om 07:30 Dinsdag in Northmead, Benoni plaasgevind het. Konst. Timothy Masilela het aan die koerant gesê dat die vrou, wat bestuur het, gestop het by ‘n kruising.
SR-verkiesing: Daso en Sasco in messtekery
Beeld berig dat ‘n messtekery tussen lede van die DA-studenteorganisasie (Daso) en lede van Sasco uitgebreek het ná afloop van die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) se SR-verkiesing. Die geweld het op Polokwane-kampus uitgebreek omdat Mmusi Maimane, DA-premierskandidaat in Gauteng, die verkiesingsuitslag op die Soshanguve-kampus bevraagteken het. Sekere studente moes weens tegniese probleme by ‘n ander
Soesji-koning bedank uit EFF-bestuur
Die Soesji-koning en pornobaas Kenny Kunene se politieke loopbaan was van korte duur. Die sakeman het bedank uit Julius Malema se nuwe Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). Mbuyiseni Ndlozi, ’n woordvoerder, het aan Sapa gesê Kunene het gevra om onthef te word van sy leiersverantwoordelikhede. Kunene is op 12 Julie deur Malema as lid van die EFF
Zuma nie na Bob se inhuldiging nie
President Jacob Zuma sal nie teenwoordig wees by Robert Mugabe se inhuldiging nie. Adjunkpresident, Kgalema Motlanthe verteenwoordig Suid-Afrika vandag by die plegtigheid in Zimbabwe. Hy word van die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane vergesel. Bykans 40 huidige en voormalige staatshoofde, onder wie Thabo Mbeki en Kenneth Kaunda sal die inhuldiging bywoon. Die leier van
Agang se uitdaging: Zuma reageer
President Jacob Zuma het gereageer op Agang-leier Mamphela Ramphele se oproep om hom sy persoonlike finansies bekend te maak. In ‘n verklaring van die presidensie Woensdagaand, het Zuma gesê hy doen jaarliks aan die Kabinet verslag, volgens bepalings in die Grondwet. “Die Grondwet van 1996 en die Uitvoerende Lede Etiek, 1998, skryf die aard, inhoud
Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer
Die Seriti Kommissie van Ondersoek na Wapenaankope sit vandag sy openbare verhore voort, nadat hy nie kommentaar wou lewer op berigte dat die kommissie opsetlik vertraag word nie. Die woordvoerder van die kommissie, William Baloyi sê hy sal homself nie verwerdig om kommentaar te lewer op die berigte wat in Beeld verskyn het nie. Drie
Lees verder: Kommissie verwerp berigte dat Seriti opsetlik wapenondersoek sloer
Wilgehof: Geen bewyse van rassisme nie, maar departement hou vol
Die Vrystaatse Onderwysdepartement gaan voort met die ondersoek na beweerde rassisme deur ‘n graad-een onderwyser teen ‘n leerder van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein, in weerwil daarvan dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geen bewyse van mishandeling kon vind nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se woordvoerder Isaac Mangena sê die leerlinge, onderwysers en die Skoolbeheerliggaam (SBL) se
Lees verder: Wilgehof: Geen bewyse van rassisme nie, maar departement hou vol
Langer skooldag in die vooruitsig
Skooldae kan met tot ’n uur per dag gerek word om leerlinge die geleentheid te gee om ’n derde inheemse taal aan te leer. Elke skooldag sal tussen 24 minute en ’n uur langer wees, het die Cape Times berig. Dit is vervat in die konsepbeleid wat skole sal dwing om ’n bykomende inheemse taal
