Polisie ontplooi in Johannesburgse gebiede na oproer

Verskeie paaie is Maandag in Ennerdale, Johannesburg gesluit vanweë protesoptrede. Die polisie moes inderhaas in die gebied ontplooi word nadat rassisme opgevlam het het oor die toewysing van behuising. Provincial- en James-weg is was vir die grootste deel van die dag gesluit. Motoriste is aangeraai om Lenasia-rylaan as alternatief te gebruik. Na wat berig word

Lees verder: Polisie ontplooi in Johannesburgse gebiede na oproer

Duisende vlug voor ISIS-aanslag

Duisende Siriese Koerde het die grens tussen Sirië en Turkye oorgesteek. Tienduisende burgerlikes stroom na Turkye om die aanslag van die Islamitiese Staat te ontvlug. ’n Aanval deur die Islamitiese­ Staat op Irakse­ basisse in twee westelike dorpe het gister­ die lewens­ van minstens­ 17 lede van die veiligheidsmagte­ en 40 jihadi’s geëis. Die aanvalle

Lees verder: Duisende vlug voor ISIS-aanslag

Spertyd vir oproer in Hong Kong kom nader

Te midde van ’n waarskuwing oor “ernstige gevolge vir openbare veiligheid” deur die Hongkongse regering en ’n naderende spertyd om die betogings te staak, het betogergetalle op straat afgeneem, maar is dit onseker of hulle aan die oproep gehoor gegee het of bloot asem skep voor hernude protesaksie. Op die vasteland het die Kommunistiese Party

Lees verder: Spertyd vir oproer in Hong Kong kom nader

Namibiese visbedryf in opstand

Honderde werkers van vismaatskappye het Vrydag in Walvisbaai aan ’n massa-protesaksie deel­geneem teen wat hulle as die miskenning van hul arbeids- en menseregte beskou, het die Republikein berig. Dié betoging volg kort op die hakke van ’n soortgelyke protesaksie verlede week toe viswerkers grond van die munisipaliteit van Walvisbaai geëis het sodat hul werkgewers vir

Lees verder: Namibiese visbedryf in opstand

Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap ondersteun oor sy teenkanting teen die uitsetting van plaaswerkers. Ramaphosa en die voorsitter Marius Fransman, het Sondag plaasgemeenskappe besoek tydens ‘n deur-tot-deur veldtog op Mbekweni in die Paarl. Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op boere wat na bewering betrokke is by die uitsetting

Lees verder: Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings

ANC in Gauteng staan sterk teen e-tol

Die ANC se Gautengse provinsiale konferensie het vroeër in Pretoria ten einde geloop waar die e-tolstelsel onder meer bespreek is. Afgevaardigdes het hul teenkanting teen die huidige formaat van die stelsel uitgespreek. Volgens die afgevaardigdes is dit te duur en behoort ‘n brandstofheffing, wat geadministreer sal word deur SAID, die Inkomstediens, dit befonds. Die ANC

Lees verder: ANC in Gauteng staan sterk teen e-tol

Woolworths dreig boikotters met die hof

Die kleinhandelgroep Woolworths het gewaarsku dat hy die BDS-organisasie (Boycott, Divestment and Sanctions) hof toe kan neem omdat betogers en boikotters glo die “veiligheid” van sy personeel en klante “bedreig”. “Ons werknemers, van alle gelowe en kulture, vertel ons dat hulle toenemend deur die betogings bedreig voel. Daarbenewens berig die gesinne van ons werknemers dat

Lees verder: Woolworths dreig boikotters met die hof

Pastoor kry lidmate om blomme te eet

Lesego Daniel, die omstrede pastoor van Rabboni Ministries in Ga-Rankuwa, se lidmate het Sondag blomme geëet. Die pastoor was voorheen in die nuus nadat hy lidmate aangemoedig het om petrol te drink en gras te eet. Daniel het ontken dat hy ‘n luukse lewe op die rug van sy goedgelowige lidmate lei. Hy het Sondag

Lees verder: Pastoor kry lidmate om blomme te eet

SADOU: Inheemse tale moet voorrang geniet

Afrikatale behoort in skole ontwikkel te word sodat hulle die medium van onderrig kan word, veral in die grondslagfase, het die onderwysunie SADOU in ‘n verklaring gesê. Skole moet voorsien word van die menslike hulpbronne met betrekking tot onderrig in dié tale,” het die vakbond gesê. Die kongres het gevra dat onderwyskolleges opleiding van onderwysers

Lees verder: SADOU: Inheemse tale moet voorrang geniet

Pa behandel nadat sitkamer afbrand

‘n Pa van twee is Sondagaand vir rookinaseming behandel nadat sy sitkamer in Wonderboom, Pretoria aan die brand geraak het. Volgens Frikkie Gous, woordvoerder van Lifemed-ambulansdienste, is slegs die pa op toneel behandel. Die vrou en twee kinders, onderskeidelik 2-jaar en 10 maande oud, is nie beseer nie. Die brand het omstreeks 19:00 uitgebreek.Gous het

Lees verder: Pa behandel nadat sitkamer afbrand