Tempo van Amerikaanse penetrasie in Afrika versnel verder met Boko Haram

Die tempo van Amerikaanse penetrasie in Wes-Afrika het dramaties versnel sedert 2011 nadat president Barack Obama Libië aangeval het. ‘n Vloedgolf ekstremiste en wapens is tans besig om die Sahel te destabiliseer. Chaos het uitgebreek in die streek. Sommige meen dit is ‘n bonus vir Amerikaanse militêre beplanners wat ‘n rede soek om groter missies

Lees verder: Tempo van Amerikaanse penetrasie in Afrika versnel verder met Boko Haram

Valke vat twee vas wat glo onwettig steroïdes vervaardig

Die Valke het twee vermeende dwelmvervaardigers, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Egiptenaar, vasgevat. Die twee is by ‘n meenthuiskompleks in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem. Hulle sal aanstons in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die medisynewet. Beslag is gelê op middels met ‘n geraamde waarde van R20 miljoen. Verslankingspille, viagra,

Lees verder: Valke vat twee vas wat glo onwettig steroïdes vervaardig

Belangrike perskonferensie deur Europese regse partye gehou

Gister het ‘n belangrike perskonferensie in die Europese Parlement te Straatsburg, Frankryk, plaasgevind waartydens vyf regse partye uit vyf lande die vrae van joernaliste beantwoord het. Die leidende figuur tydens die konferensie was Madame Marine Le Pen van die Front National wat alle vrae op Frans beantwoord het, terwyl Geert Wilders van die Nederlandse PVV

Lees verder: Belangrike perskonferensie deur Europese regse partye gehou

ANC-jeugliga steun Kurt Darren na optrede

Kurt Darren het Maandag ‘n ope brief aan sy ondersteuners en die publiek gerig na kritiek omdat hy by die ANC se inhuldingsvieringe opgetree het. Veral wit DA-ondersteuners het Darren op webwerwe en sosiale media geroskam. Jong swart ANC-ondersteuners het egter onder die Twitter-naam ANC Our Party agter Darren gestaan. Hy het ook ondersteuning op Twitter gekry

Lees verder: ANC-jeugliga steun Kurt Darren na optrede

Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe

Die polisie in Kaapstad ondersoek ‘n saak van poging tot moord ná die skietery gisteraand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe waarin een persoon dood en drie gewond is, het RSG berig. Volgens `n polisiewoordvoerder, Kaptein Frederick van Wyk het `n drie-en-dertig-jarige polisieman drie mense by `n restaurant op die lughawe gewond voordat hy homself geskiet

Lees verder: Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe

Minister moet besluit oor Eugene de Kock

Die Noord Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha moet besluit of die voormalige bevelvoerder van die polisie se Vlakplaas-eenheid, op parool vrygelaat sal word. Regter Thokozile Masipa het beslis dat die minister die besluit moet neem of Eugene de Kok na twee dekades in die tronk op parool

Lees verder: Minister moet besluit oor Eugene de Kock

Minister waarsku platinumbestuur oor salarisinkortings

Die minister van Minerale Hulpbronne, Ngoako Ramathlodi sê hy sien mislukking om arbeidsprobleme in die platinumgordel op te los nie as ‘n opsie nie. Lede van die mynwerkersvakbond, Amcu staak sedert 23 Januarie by die mynmaatskappye, Lonmin, Impala Platinum en Anglo American Platinum. Die staking kos die land reeds miljarde en het byna ‘n algehele

Lees verder: Minister waarsku platinumbestuur oor salarisinkortings

Sweedse Demokrate ontvang twee setels in Europarlement

Die Sweedse Demokrate, wat saam met die Franse Front National, die Vlaams Belang en ander partye deel van die regse groepering in die Europese Parlement gaan uitmaak, het twee setels in Straatsburg, waar die parlement geleë is, ontvang. Dié kleiner Sweedse party het in die pas afgelope Europese verkiesing sy steun vanaf 5 persent tot

Lees verder: Sweedse Demokrate ontvang twee setels in Europarlement

Bloemhof in greep van diarree-uitbraak

Bloemhof in Noordwes is tans in die greep van ‘n diarree-uitbraak. Die dorp ondervind al reeds geruime tyd probleme met skoon water. Verskeie leerders is van die skool af huistoe gestuur vir mediese hulp nadat hulle simptome van die siekte begin toon het, het RSG berig. Daar word vermoed dat die siekte die gevolg is

Lees verder: Bloemhof in greep van diarree-uitbraak

Zim moet soveel kinders as moontlik maak sê regeringslid

Die Registrateur-generaal, Tobaiwa Mudede het Zimbabwiërs aangeraai om voorbehoedmiddels te staak. Hy het gesê voorbehoedmiddels is ‘n slenter deur magtige Westerse lande om bevolkingsgroei te vertraag in Afrika en sodoende die kontinent te verswak. Mudede het gesê voorbehoedmiddels lei tot pandemiese siektes soos kanker, veral in vroue. Hy het voor kerklike gemeentelede ter herdenking van

Lees verder: Zim moet soveel kinders as moontlik maak sê regeringslid