Valke vat twee vas wat glo onwettig steroïdes vervaardig

valkeDie Valke het twee vermeende dwelmvervaardigers, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Egiptenaar, vasgevat.

Die twee is by ‘n meenthuiskompleks in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem.

Hulle sal aanstons in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die medisynewet.

Beslag is gelê op middels met ‘n geraamde waarde van R20 miljoen. Verslankingspille, viagra, en steroïede is op die perseel gekry.

Die SAPD en die departement van gesondheid se wetstoepassing het in ‘n gesamentlike operasie op die dwelmvervaardigers toegeslaan.

Die woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko sê ‘n veiligheidswag het hulle oor die verdagte bedrywighede by die huis ingelig.

Volgens Ramaloko is dit die grootste laboratorium waar steroïede vervaardig word waarop die polisie nog afgekom het.

Hy sê die twee verdagtes is vermoedelik deel van ‘n groter eenheid waarvan die verskaffer elders in die land is.

 

16 thoughts on “Valke vat twee vas wat glo onwettig steroïdes vervaardig”

    1. Willy dit is voorspel al n hele klompie jare gelede. Die invloei van die hordes Chinese en Nigeriërs wat weet van dwelms is die grootste slang in die gras.
      Amper so groot soos daardie luislang wat Marius gisteraand op Groenreis uit die gras wou sleep.

          1. Haha ja en ek het die gereedskap, Andy. Ek probeer ‘n foto laai maar die netwerk is verskriklik stadig aan hierdie kant.

          2. Genugtig maar die foto lyk sommer goed. Pa het darem n paar gesonde koeëls aan hom. mooi man.
            Willy ek is hier in Kaapstad, mag ek vra waar in die wêrelod is julle?

          3. Ek sukkel om die witleeus se fotos op te laai, Andy. Die plaas is in die Oos Vrystaat.

          4. So het jy dan nou al die wit leeus gekry! Hulle het mos ander kleur oë. Pragtig. sal uitkyk daarvoor.

  1. Ja maar nou moet mens versigtig wees . Is Zimbabwe se Mudede , wat aangeraai het daar moet meer kinders “geproduseer” word nie kop in een mus met hierdie sindikaat nie? Kyk daar is mos n massa klomp VIAGRA pille ook gekry.
    Wonder maar net. HIE HIE

Maak 'n opvolg-bydrae