Valke vat twee vas wat glo onwettig steroïdes vervaardig

valkeDie Valke het twee vermeende dwelmvervaardigers, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Egiptenaar, vasgevat.

Die twee is by ‘n meenthuiskompleks in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem.

Hulle sal aanstons in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die medisynewet.

Beslag is gelê op middels met ‘n geraamde waarde van R20 miljoen. Verslankingspille, viagra, en steroïede is op die perseel gekry.

Die SAPD en die departement van gesondheid se wetstoepassing het in ‘n gesamentlike operasie op die dwelmvervaardigers toegeslaan.

Die woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko sê ‘n veiligheidswag het hulle oor die verdagte bedrywighede by die huis ingelig.

Volgens Ramaloko is dit die grootste laboratorium waar steroïede vervaardig word waarop die polisie nog afgekom het.

Hy sê die twee verdagtes is vermoedelik deel van ‘n groter eenheid waarvan die verskaffer elders in die land is.

 

Britse sokkerspan weier Viagra

Die Engelse Sokker Federasie het gerugte dat Fabio Capello, Engelse sokker-afrigter, dit oorweeg om sy spelers Viagra in te gee, ontken.

Die teenimpotensiepil is veronderstel om die spelers ‘n hupstoot te gee wanneer hulle op ‘n hoër seevlak moet speel.

Volgens ‘n verslag sal Viagra die spelers se longkapasiteit in Rustenburg verbeter.

Rustenburg lê byna 5 000 voet bo seevlak.

“Die Engelse mediese span werk tans saam met deskundiges om navorsing te doen voor die Wêreldbeker volgende jaar,” het ‘n woordvoerder vir die Engeland se Sokker Federasie gesê.

“Die gebruik van Viagra is egter nog glad nie bespreek nie en ons is hoegenaamd nie van plan om dit volgende jaar aan die spelers te gee nie.”

 

детские велосипеды украинаЛобановский