‘Ek sou graag ‘n soldaat wou wees vir die apartheidsregering sodat ek teen swartes kon oorlog voer. Dit sou gaaf wees om ANC-guerillas te skiet’ – Joel Anker, Sweedse politieke navorser by EU-parlement
Joel Anker, ‘n dertigjarige prokureur wat as assistent vir ‘n politikus van die Sweedse Demokrate by die Europese parlement werk, is uit die party geskors omdat hy onder andere op die internet sy steun vir apartheid uitgespreek het. Volgens ‘n berig in die linkse Sweedse koerant Aftonbladet het hy geskryf: “Ek sou graag ‘n soldaat wou wees vir die apartheidsregering sodat ek teen swartes kon oorlog voer. Dit sou gaaf wees om ANC-guerillas te skiet.”
Joel Anker, die navorser van die Sweedse Demokrate wat weens steun vir die destydse apartheidsregering en anti-Moslem-uitlatings geskors is.
Volgens die koerant het hy “rassistiese dinge oor Moslems, Jode en swartes op die webwerf Flashback geskryf”. Die koerant het insgelyks onthul dat Joakim Andersen van die Sweedse Groen Party rassistiese uitlatings op die Ubuntu-geselsforum gemaak het.
Joel Anker het tot voor sy skorsing as navorsingsassistent vir ‘n EU-parlementslid, Kristina Winberg, gewerk. Oor Moslems het Anker op die Flashback-webblad gesê: “Islam en sy mense is in die hel uitgevind en moet na die woestyn teruggedryf word, met wapens as dit nodig is.”
Die navorsingsassistent van die Sweedse Demokrate het verder skerp kritiek gelewer teen ‘n Joodse krimonologieprofessor in Stockholm, wat hy as ‘n “Judas” getipeer het.
Hoewel Anker sy uitlatings onder ‘n skuilnaam gemaak het, het Aftonbladet sy identiteit vasgestel en die party daarmee gekonfronteer, waarna hy geskors is.
“Daar was geen ander uitweg nie. Ons kan nie ‘n persoon wat sulke dinge skryf in ons party duld nie,” sê die EU-politikus Kristina Winberg.
Joakim Andersen van die Groen Party het in koerantberigte beweer dat immigrante in Swede welkom behoort te voel. Maar toe hy anoniem op die Ubuntu-geselsforum skryf, het hy presies die teenoorgestelde gesê en was “verheug” om te hoor dat ‘n immigrant vermoor is.
Swede ondervind al hoe meer probleme met geweldsmisdaad wat deur immigrante gepleeg word, maar die Sweedse Demokrate is die enigste party wat immigrasie wil beperk terwyl die hoofstroompartye dit aanmoedig. Enigeen wat “vir homself werk” kan in Swede gaan woon en ten minste ‘n eenjaarvisum verkry. Swede neem ook jaarliks ‘n hoë aantal politieke vlugtelinge uit die Midde-Ooste in, die meeste van enige EU-land.
Swede sal in Maart 2015 sy eerste blitsverkiesing in meer as ’n halfeeu hou nadat ‘n regse party, die Sweedse Demokrate, die linkse minderheidsregering tot ‘n val gebring het.
Die regse anti-immigrasieparty het die regering se eerste begroting Woensdag in die parlement teengestaan.
Die regering is in September gevorm na die voorafgaande verkiesing die magsbalans aan die Sweedse Demokrate besorg het.
Premier Stefan Lofven se Sosiaal-Demokrate wat in koalisie met die Groenes is, is allerweë as Swede se swakste regering in dekades beskou.
Tydens gister se algemene verkiesing in Swede het geen party besonder goed gevaar nie, behalwe die patriotiese Sweedse Demokrate wat sy steun meer as verdubbel het, vanaf 4,8% tot 12,9%.
‘n Regeringskoalisie van die Sosiale Demokrate onder Stefan Lofven en Linkse Party (voormalige Kommunisteparty) sal waarskynlik die land voortaan regeer nadat die sentrum-regse koalisie aan steun ingeboet het. Tesame met die Groenparty, beskik die linkse koalisie egter oor slegs 43,7% van die stemme.
Die sentrum-regse blok sou gemaklik kon regeer met die hulp van die Sweedse Demokrate, maar soos in Vlaandere waar sowel linkse as regse partye weier om met die Vlaams Blok saam te werk, poog Swede om ‘n “cordon sanitaire” rondom die Sweedse Demokrate te trek.
Die ‘regse gevaar’: Jimmie Åkesson, leier van die Sweedse Demokrate
Die Sweedse Demokrate se standpunt teen verdere immigrasie uit die derde wêreld is in die linkse Sweedse media só omstrede dat die party allerweë as “verregs” afgemaak word. Die meeste hoofstroomkoerante in Swede word deur twee ryk (Joodse) families beheer, die Bonniers en Peter Hjörne (Kaplan), eienaar en hoofredakteur van die Göteborgs-Posten, die vierde grootste koerant in Swede met ‘n sirkulasie van 253 700 en 600 000 lesers. Dit verklaar ook waarom Swede in die sewentigerjare opgesweep is om terreur in Suid-Afrika geldelik vanuit die land se parlement te ondersteun.
Gister se verkiesing is meesal gevoer rondom die hoë werkloosheid in die land (8%), asook enkele skandale rondom geprivatiseerde skole waaruit sakeondernemings nou geld maak terwyl standaarde daal. ‘n Opname van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), wat ontwikkelde lande verteenwoordig, het getoon dat Swede se skoolstandaarde vergeleke met dié van ander lande gedaal het, wat vir die publiek as ‘n groot skok gekom het. Daarom word gevoel dat die staat weer volle beheer oor skole onder die Sosiaal-Demokrate behoort te neem.
Stefan Lofven, leier van die Sosiaal-Demokrate, het reeds gesê dat hy nie sal toelaat dat die Sweedse Demokrate as “koningmaker” tussen Links en Regs optree nie. Maar die leier van die Sweedse Demokrate, Jimmie Åkesson, meen dat die parlement nie sonder sy party se 49 LP’s sal kan funksioneer nie, aangesien hulle nou die derde grootste party in die land is, ná die Sosiaal-Demokrate en die Gematigdes.
Nadat al 5 837 kiesdistrikte, op twee na, gisteraand getel is, het die linkse koalisie oor slegs 158 setels beskik, terwyl 175 vir ‘n meerderheid nodig is. Daarteenoor het die sentrum-regse koalisie (sonder die Sweedse Demokrate) 142 setels behaal. Indien die SD hom dus by die Sweedse Demokrate sou voeg, sou die sentrum-regse koalisie kon aanhou regeer. Daar was gisteraand groot vreugde by die party se viering na afloop van die verkiesing in die middestad van Stockholm.
Interessant is ook dat ‘n derde van die Gematigde Party se kiesers voel dat daar met die Sweedse Demokrate saamgewerk moet word, anders as wat die hoofstroommedia en die linkse partye wil hê.
Dit was die juis Gematigdes endie Sosiaal-Demokratewat die meestekiesersaan dieSweedse Demokrate afgestaan het.29persent van diegene wat vanjaar vir die Sweedse Demokrategestem het,het indie verkiesingvan 2010 vir die Gematigdes gestem.
Net so het 16 persent of een uit ses van die Sweedse Demokrate se kiesers in die vorige verkiesing vir die linkse Sosiaal-Demokrate gestem, wat toon dat die party kiesers vanuit die linkse én die regse deel van die politieke spektrum trek, soortgelyk aan Marine Le Pen se Front National in Frankryk.
Vandie anderpartyehet net‘n paar persentvan die SweedseDemokratiesekiesersinvanjaar severkiesing bygedra. Die Liberale Partyhet vyf persent bygedra en die Christen-Demokratedrie persent. Die Linkse Party,die SentrumpartyendieGroenParty het twee persent bygedra.
Volgens meningspeilings is dit nie duidelik waarom kiesers in Swede van party verander nie. Blykbaar raak die kiesers meer beweeglik en besluit self vir wie om te stem. Een uit elke drie kiesers besluit in die laaste week van die verkiesing vir wie hulle gaan stem.
In die konserwatiewe kamp het Reinfeldt, die leier van die Gematigde Party, 63 persent van sy vorige kiesers behou. Agt persent van die party se kiesers het na die Sweedse Demokrate oorgeloop en dieselfde persentasie na die Sosiaal-Demokrate. 17 persent het vir ander partye in die alliansie gestem.
Die Sweedse Demokrate, wat saam met die Franse Front National, die Vlaams Belang en ander partye deel van die regse groepering in die Europese Parlement gaan uitmaak, het twee setels in Straatsburg, waar die parlement geleë is, ontvang. Dié kleiner Sweedse party het in die pas afgelope Europese verkiesing sy steun vanaf 5 persent tot bykans 10 persent verdubbel.
Volgens die invloedryke politieke kommentator van die Londense Financial Times, Gideon Rachman, sou dit ‘n “fatale fout” wees om die swaai na regs in Europa te ignoreer. In gister se Financial Times skryf hy:
Dit is hoogs waarskynlik dat Europa se leiers gaan poog om die uitslae van die Europese verkiesings af te lag en hul toevlug tot alledaagse politiek gaan neem. Dit sou ‘n groot, moontlik fatale, fout wees.
Nie net verwerp ‘n toenemende aantal kiesers in al die EU-lande die immigrasiepolitiek van die Europese en Brusselse elite nie, maar ook hul ekonomiese beleid en die oorgawe van nasionale soewereiniteit aan die supranasionale instelling wat die Europese Unie verteenwoordig. Ongeveer ‘n kwart van Europese kiesers stem nou vir “nie-tradisionele” partye of partye wat buite die hoofstroom van die politiek staan en dus sonder enige werklike politieke mag is.
Terwyl die tradisioneel linkse Sosiaal-Demokratiese Party in Swede 24,5 persent van die stem op hom verenig het, het die Groenparty ook sterk vordering gemaak met 15,2 persent van stemme.
‘n Nuweling in Swede is die Feministiese Insiatief wat ‘n enkele setel in die Europese Parlement met 5,3 persent van die stemme verower het.
Hierteenoor het die Gematigde Party in Swede ‘n daling in steun ondervind en 13,5 persent aangeteken. Die voorheen gewilde “Rowersparty” het slegs 2,2 persent ontvang en moes albei sy huidige setels in die Europese Parlement afstaan. Swede is ook die tuiste van ‘n internetroofkykkultuur met die wêreldberoemde en berugte “The Pirate Bay” waar gebruikers gratis musiek en rolprente kan aflaai.
Swede het 20 verteenwoordigers in die Europese Parlement teenoor Frankryk se 74 of Duitsland se 99 LEP’s (Lede van die Europese Parlement) in Straatsburg. Dit beteken dat daardie 20 setels nou onder 9 Sweedse partye verdeel moet word, terwyl daar voorheen 8 partye in die Europarlement verteenwoordig was.
Die volledige uitslag van die Europese verkiesing in Swede lyk so:
Linkse Party 6,3 persent
Sosiaal-Demokrate 24,4 persent
Groenparty 15,3 persent
Liberale (Folkpartiet) 10,0 persent
Christen-Demokrate 6,0 persent
Gematigde Party 13,6 persent
Sweedse Demokrate 9,7 persent
Rowersparty 2,2 persent
Feministiese Inisiatief 5,3 persent
Sentrumparty: 6,5 persent