
Die Sweedse Demokrate, wat saam met die Franse Front National, die Vlaams Belang en ander partye deel van die regse groepering in die Europese Parlement gaan uitmaak, het twee setels in Straatsburg, waar die parlement geleë is, ontvang. Dié kleiner Sweedse party het in die pas afgelope Europese verkiesing sy steun vanaf 5 persent tot bykans 10 persent verdubbel.
Volgens die invloedryke politieke kommentator van die Londense Financial Times, Gideon Rachman, sou dit ‘n “fatale fout” wees om die swaai na regs in Europa te ignoreer. In gister se Financial Times skryf hy:
Dit is hoogs waarskynlik dat Europa se leiers gaan poog om die uitslae van die Europese verkiesings af te lag en hul toevlug tot alledaagse politiek gaan neem. Dit sou ‘n groot, moontlik fatale, fout wees.
Nie net verwerp ‘n toenemende aantal kiesers in al die EU-lande die immigrasiepolitiek van die Europese en Brusselse elite nie, maar ook hul ekonomiese beleid en die oorgawe van nasionale soewereiniteit aan die supranasionale instelling wat die Europese Unie verteenwoordig. Ongeveer ‘n kwart van Europese kiesers stem nou vir “nie-tradisionele” partye of partye wat buite die hoofstroom van die politiek staan en dus sonder enige werklike politieke mag is.
Terwyl die tradisioneel linkse Sosiaal-Demokratiese Party in Swede 24,5 persent van die stem op hom verenig het, het die Groenparty ook sterk vordering gemaak met 15,2 persent van stemme.
‘n Nuweling in Swede is die Feministiese Insiatief wat ‘n enkele setel in die Europese Parlement met 5,3 persent van die stemme verower het.
Hierteenoor het die Gematigde Party in Swede ‘n daling in steun ondervind en 13,5 persent aangeteken. Die voorheen gewilde “Rowersparty” het slegs 2,2 persent ontvang en moes albei sy huidige setels in die Europese Parlement afstaan. Swede is ook die tuiste van ‘n internetroofkykkultuur met die wêreldberoemde en berugte “The Pirate Bay” waar gebruikers gratis musiek en rolprente kan aflaai.
Swede het 20 verteenwoordigers in die Europese Parlement teenoor Frankryk se 74 of Duitsland se 99 LEP’s (Lede van die Europese Parlement) in Straatsburg. Dit beteken dat daardie 20 setels nou onder 9 Sweedse partye verdeel moet word, terwyl daar voorheen 8 partye in die Europarlement verteenwoordig was.
Die volledige uitslag van die Europese verkiesing in Swede lyk so:
Linkse Party 6,3 persent
Sosiaal-Demokrate 24,4 persent
Groenparty 15,3 persent
Liberale (Folkpartiet) 10,0 persent
Christen-Demokrate 6,0 persent
Gematigde Party 13,6 persent
Sweedse Demokrate 9,7 persent
Rowersparty 2,2 persent
Feministiese Inisiatief 5,3 persent
Sentrumparty: 6,5 persent

“en hul toevloeg tot alledaagse politiek gaan neem” ….
moet seker wees toevlug?
Merk hierdie foutjies neem al hoe meer toe.
Nee, skuus Gas. Dis nie my ervaring nie!
Alhoewel ek dalk met ‘n interne speltoetser geseën is (nie naastenby 100% korrek nie), en ek foute maklik raaksien, het Praag.co.za myns insiens BAIE MIN spel- en taalfoute! (in vergelyking met meeste ander nuusmedia in SA).
Ek merk egter ook nie dat die foute toeneem nie … inteendeel! Die feit dat hul ook luister na ons (soos ek hierbo in my antwoord aan Andy noem) tel net VIR hulle/ons!
Ek kan beaam. Een van die min nuusblaaie met die minste spelfoute. Die proeflesing is natuurlik uit die boonste rakke. Welgedaan Praag.
Gas, ek dink jy is verkeerd bewys op jou stelling.
Ons nuwe minister van finansies … te swaar vir sy stoel? Té dom vir sy doel?
http://www.youtube.com/watch?v=fJbpNlzk6qQ
Haha jaa Rifrug. Ek lag vir jou rym. Baie goed gedoen. Ek hoop nie hulle maak my eendag maak sit op daardie stoele nie.
Ek dink hy gaan werklik n gewigtige aandeel hê in die beplanning van die land se ekonomiese tuimeltrein.(Rolercoaster, ek hoop dit is reg gespel) Hie Hie
” ekonomiese tuimeltrein ” … my neologisme vir die dag!
In die vierdie kwartaal van verlede jaar het die ekonomie nog met 3,8% gegroei. [ Platina-berig ]. Absoluut vertoon hierdie webtuiste 100% beter as enige ander webblad. Ek glo daar is sekerlik net nie altyd tyd om elke artikel in detail deur te lees nie.
Was jou stelling ‘n klaaglied, Gas? ‘n 360° ommeswaai deur jou nadat jy attent gemaak was oor die puik gehalte wat Praag volg.
Willy as ek vir Gas in die bres mag tree, ek dink dit was dalk self ondersoek en herbesinnig oor sy opmerking na Rifrug toe.
Ek hou egter van jou draakstekery.
Vir daardie opmerking het respek. Gee ook krediet waar dit nodig is. Dankie Gas.
HA HA, Ek sien die foutjie is reggemaak.
lekker man, lekker.
Oor “Ek sien die foutjie is reggemaak.” … ek is baie bly hieroor, ek
is al ‘n hele paar jaar hier, en hierdie is die eerste keer dat daar ‘n
regstelling agv my kommentaar was!
Ek dink jy verstaan my dalk verkeerd, Andy, met jou “lekker man, lekker”. Die rede waarom ek foute rapporteer is om te help – ek is Pro Afrikaans… en my foutsporing hier op praag is nie kritiek nie – maar vrywillige HULP.
Rifrug, ek lees jou reg , en dit was regtig bedoel as n kompliment want ek waardeer so iets. Ons moet mos hoë standaarde stel al is dit dalk miskien nou net kommentare op PRAAG. Ons sê dan ons is trots op ons taal. Leef dit dan uit!
Kan daar uit Swede iets goeds kom?
Nee daar kan nie.
Volvo? Saab? Abba?
Net dié drie.
Wankel ook maar knaend op die rand van bankrotskap. Wonder hoekom. Terloops, wat’s Abba?
Bankrotskap of te not, dit is goeie produkte.
Watse tipe musiek luister jy? Van 1972 tot nou word hulle musiek gespeel.
Jammer, ek het gedink dis nog ‘n motorkar! Dom né. Ek is natuurlik bekend met die sanggroep Abba. Wie ken nie hulle weergawe van Fernando nie? Een van die weinige groepe van wie ek nogal baie hou. Daar is natuurlik ook nog Jussi Björling en Kirsten Flagstad as ‘n mens meer na die klassieke kant neig. My opmerking oor iets goed uit Swede was ‘n bietjie spottenderwys bedoel. Feit bly egter dat ek op politieke en ideologiese gronde sowel as hulle morele dekadensie min tyd het vir die Swede.
Ek verstaan Karel. Myne was ook tong in die kies. Die oumense het mos gese alles is nie net slag nie.
Ja nee hulle musiek is mooi.
Ek is ook nie baie mal oor ‘n Sweed nie seker omdat hulle die meeste ongelowiges is bymekaar. Maar jong, hulle het ‘n mooi skoon land.
Het jy geweet jou soort vraag is meer as 2000 jaar oud?
Joh 1:46 En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk!
“Nie net verwerp ‘n toenemende aantal kiesers in al die EU-lande die immigrasiepolitiek van die Europese en Brusselse elite nie, maar ook hul ekonomiese beleid en die oorgawe van nasionale soewereiniteit aan die supranasionale instelling wat die Europese Unie vertegenwoordig.”
Immigratiepolitiek en economisch beleid en nationale soevereiniteit uit elkaar trekken is de alles rakende destructieve immigratie/invasie van onmogelijke onderontwikkelden in enig West Europees land bagatelliseren/onderschatten.
http://www.telegraaf.nl/binnenland/22677411/___Verdrag_met_Marokko_opzeggen___.html
http://www.telegraaf.nl/binnenland/22675038/___Gratis_zorg_arme_illegaal___.html
http://www.gooieneemlander.nl/algemeen/buitenland/article27082846.ece/Afrikaanse-migranten-dringen-Melilla-binnen
“Ongeveer ‘n kwart van Europese kiesers stem nou vir “nie-tradisionele” partye of partye wat buite die hoofstroom van die politiek staan en dus sonder enige werklike politieke mag is.”
En zonder rechterlijke macht !!! d66 rechters zoals bv. Boris Dietrich die voortdurend in zijn loopbaan de zgn. Nederlander met Nederlandse achtergrond achterstelt heeft het land miljarden gekost en nadrukkelijk aan het verval van normen en waarden bijgedragen. (zoals de hele verlinkste rechterlijke macht) Met (vermeend) racisme en discriminatie als standaard wapenrusting. En dat is in Duitsland, Frankrijk en elders niet anders. Sinds de invoering van de anti discriminatiewetgeving in tegelijkertijd alle West Europese landen begin jaren 80 is ‘positieve discriminatie van nieuwkomers’ grenzeloos.
Volgens BertO is te min reeds te laat gedoen.
Daardie punt van: Bejond the point of safe return” is lankal verby gesteek.
voor honderdduizenden bejaarden die reeds de dood vonden ‘om ruimte te maken’, in zorginstellingen en verpleegtehuizen zeker Arnieann. De dood van meer dan tienduizend Franse bejaarden tijdens een hittegolf zo’n tien jaar geleden past in die kraam.
Daarnaast zijn er reeds vele vele duizenden slachtoffers door rechtstreeks geweld te betreuren welke door de verschillende overheden bewust onder het kleed zijn geschoven. Aangifte doen bij de politie door ‘gelukkigen’ die nog leefden na ondergaan geweld, had als regel geen zin en leverde eerder nog een omkering van feiten op schandelijke onrealistische basis van verweten racisme.
Ek onthou daardie hitte golf wat daar was, en dat daar baie ou mense dood is Hans.
Wat die ander toestande is van veral ou mense, is ons nie van bewus nie.