Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron

‘n Wegholveldbrand het Maandag duisende hektaar weidinggrond in die Zastron-distrik verwoes asook die bekende Aasvoëlberg-buitelugsentrum vernietig, het OFM berig. Voorsitter van die Zastron Brandbeskermingsvereniging, Steyn van Ronge, sê ‘n brand wat vermoedelik deur lede van ‘n inisiasieskool in die gebied begin is, het weens matige tot sterk winde vinnig na die suide van dié Vrystaatse

Lees verder: Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron

Twee tieners vermis by Heroldsbaai

Twee tieners word vermis nadat hulle vanoggend by Heroldsbaai naby George deur branders van rotse af geslaan is. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê die voorval het by ‘n plek wat plaaslik as Voëlklip bekend staan, gebeur. Pojie sê ‘n 29-jarige man en twee 14-jarige seuns het gaan visvang toe hulle deur branders van die rotse

Lees verder: Twee tieners vermis by Heroldsbaai

Geweld teister Djiboeti

’n Opposisiegroep in Djiboeti sê minstens 19 mense is in botsings met die polisie dood, het Reuters berig. Die onluste het uitgebreek toe mense godsdienstige vieringe gehou het. Die regering hou vol net nege mense is in die onluste beseer. Teenstrydige berigte maak dit moeilik om vas te stel presies wat Maandag in die klein

Lees verder: Geweld teister Djiboeti

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Hanskakiebedrywighede

“Hanskakie” is ‘n “minagtende benaming vir ‘n Afrikaner wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog [1899-1902] na die Britse kant oorgeloop het” (HAT). Die voor die hand liggende vraag is: Is so iemand werklik ‘n Afrikaner of bloot ‘n Afrikaanssprekende? Die term “hanskakie” is egter ook toepaslik op ons huidige situasie waar Afrikaanssprekendes die leiding in die

Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Hanskakiebedrywighede

Dan Roodt: Suid-Afrika behoort ‘n toesighoudende Afrikanersenaat te hê

Voor ek dié artikel in die New York Times getwiet het, het ek gedink aan Suid-Afrika se politieke penarie. The French Literati and the Arab World Do a Complicated Dance https://t.co/KQCiPZV52m — Dan Roodt (@danroodt) December 23, 2015 Al vier die bogaande Franse romans stel ‘n ander wêreld voor, soms ‘n baie negatiewe wêreld soos

Lees verder: Dan Roodt: Suid-Afrika behoort ‘n toesighoudende Afrikanersenaat te hê

Drie verskyn wat kind glo verkoop

Drie swart vroue wat glo ‘n eenjarige kind vir R5 000 wou verkwansel het Maandag vlugtig in die landdroshof in Nelspruit (Mbombela) verskyn. Die drie is verlede week deur lede van die Valke in Springs in hegtenis geneem. Reginah Ndlovu (25), die kind se ma en ‘n 18-jarige medepligtige, Nomthandazo Nkuna, is nie gevra om

Lees verder: Drie verskyn wat kind glo verkoop

SAL-aanvaar Nene-plan op die nippertjie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ter elfder ure besluit om die Airbus-transaksieplan te aanvaar. Die plan is soos dié een wat deur die voormalige minister van Finansies Nhlanhla Nene, goedgekeur is. Die lugdiens het die Tesourie ingelig dat sy raad gestem het soos in Julie toe Nhlanhla Nene die plan goedgekeur het. Die lugdiens het sodoende

Lees verder: SAL-aanvaar Nene-plan op die nippertjie

Hittegolf oor groot dele duur voort

Die heersende hittegolf gaan na alle waarskynlikheid tot môre oor groot dele van Suid-Afrika voortduur. Die Bloemfonteinse weerkantoor se Phemelo Zonke het aan OFM gesê in die westelike dele van die land word geen reën voorspel nie. Sy sê sekere dele van sentraal-Suid-Afrika kan wel verspreide donderbuie te wagte wees. In Bloemfontein gaan die kwik

Lees verder: Hittegolf oor groot dele duur voort

Padslagting wek groot kommer

Die Outomobiel Assosiasie het sy kommer uitgespreek oor die hoë padsterftes en sê daar is geen verbetering teenoor verlede jaar nie. Die woordvoerder van die AA, Layton Beard het aan RSG gesê die feit dat daar reeds meer as 500 mense op die land se paaie dood is, wek groot kommer. Beard sê te veel

Lees verder: Padslagting wek groot kommer

Swaar weer ontwrig lugverkeer by OR Tambo

Alhoewel die OR Tambo Internasionale Lughawe Maandag op sy amptelike Twitter-blad ontken het dat die lughawe gesluit is, het hewige donderstorms wel lugverkeer byna tot stilstand gedwing. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika kon nie aanvanklik vir kommentaar bereik word nie. ‘n Hewige donderstorm en hael in dele van Johannesburg het daartoe gelei dat talle vlugte by

Lees verder: Swaar weer ontwrig lugverkeer by OR Tambo