‘n Wegholveldbrand het Maandag duisende hektaar weidinggrond in die Zastron-distrik verwoes asook die bekende Aasvoëlberg-buitelugsentrum vernietig, het OFM berig.
Voorsitter van die Zastron Brandbeskermingsvereniging, Steyn van Ronge, sê ‘n brand wat vermoedelik deur lede van ‘n inisiasieskool in die gebied begin is, het weens matige tot sterk winde vinnig na die suide van dié Vrystaatse dorp versprei. Die droë en warm weersomstandighede het sake vererger.
Van Ronge sê weens ‘n tekort aan water op die dorp moes boere, inwoners en plaaswerkers water vanuit vee se krippe gebruik om die brande te blus. Daar word geraam dat tussen 3 000 en 5 000 hektaar grond vernietig is en minstens drie plase hul totale weidinggrond verloor het.
Rondawels, bome en geboue by die buitelugsentrum, beter bekend as die Buitelugskool, het tot op die grond afgebrand.
Dit kom ná nog ‘n brand wat tien dae gelede tussen 10 000 en 15 000 hektaar in dieselfde omgewing vernietig het.
Van Ronge sê dit smeul steeds plek-plek vandag, maar weens stiller wind is daar geen onmiddellike brandgevaar nie.

Die vernietiging van ander se eiendom blyk deel van die initiasie te wees of is net suiwer n kan nie omgee houding.Ek dink dit is albei.
Hulle is besig om weiding te vernietig vir die grond oordrag wat kom, dis duidelik. Die boere in die Vrystaat en Noordwes is al raadop met die droogte.
Raai wie gaan op die ou end met die ware kopsere sit – nie
die boere nie – maar die regering wat hierdie presidente van alles verniet kry wat uit die lug val geskep het. Die buiteland sit nou alreeds met soortgelyke aasvoëls by hulle so hulle gaan niks hê om verniet weg te gee nie. Voor hier oorlog kom gaan hier eers “poetic justice” kom. Merk my woorde.
Tydens die droogte van die laat 80’s vroeë 90s was daar ook heelwat veldbrande. Baie van hulle ook katastrofies. In ‘n gesprek met die volk vra ek toe juis hoekom hulle die veld so brand. Die antwoord was dat dit veronderstel is om hulle voorvadergeeste te paai om reën te stuur. So tydens droogtes word die bietjie wat daar is ook nog verwoes. Dit is juis hierdie kultuureienskappe wat ek verskriklik vreemd vind.
Tydens droogte kom die pes en dodelike siektes want daar word vegiftigde water gedrink aangesien daar niks anders beskikbaar is nie.