Tot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie. Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”. Die NUM het intussen
Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen
Nie een enkele kandidaat van die 25 000 het vanjaar se toelatingseksamen tot ‘n universiteit in Liberië geslaag nie. Die Universiteit van Liberië sal dus geen eerstejaars op kampus hê nie. Dié instelling is een van die vasteland se twee universiteite wat deur die staat bestuur word. Minder as ‘n honderd kon daarin geslaag om
Lees verder: Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen
Eienaar van Malema-woning ook deur SAID ondersoek
Julius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, se nuwe eienaar word ook weens belastingbedrog ondersoek. Die man, ‘n vriend van Malema, het die huis op ‘n veiling gekoop. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag bevestig dat die bedrogsaak by die SAID aangemeld is. “Die beweringe sal deur die nodige kanale binne die Inkomstediens ondersoek
Lees verder: Eienaar van Malema-woning ook deur SAID ondersoek
Grondwethof gooi DA se wantroue mosie uit
Die Grondwethof het ‘n appèl deur die Demokratiese Alliansie, oor sy debat oor ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma, met koste van die hand gewys. Die DA het die mosie ingedien slegs enkele weke voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar. Die mosie kon egter nie gedebatteer word nie, omdat die
Afrika teen 2030: Een groot krotbuurt
Volgens die VN se Bevolkingsafdeling, is sub-Sahara-Afrika se jaarlikse stedelike groeikoers 3,6%, byna dubbel die wêreld se gemiddelde. Sowat 40% van Afrika se meer as 1 miljard mense woon in stede en dorpe, met baie wat migreer van landelike gebiede om armoede, droogte of konflik te ontsnap. Sowat 200 miljoen mense woon in krotbuurte. Dit
FAK vereer twee Ortodokse priesters vir hul vertaalwerk
Die FAK het twee Afrikaanse Ortodokse priesters vir besondere kultuurprestasie by die geleentheid van die 80ste herdenking van die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans vereer. Vader Zacharias van Wyk van Robertson in die Wes-Kaap en vader Jacobus van der Riet van Johannesburg het dié toekenning ontvang vir die vertalings van Ortodokse liturgieë en
Lees verder: FAK vereer twee Ortodokse priesters vir hul vertaalwerk
Vier renosterstropers doodgeskiet
Vier vermeende renosterstropers is die afgelope naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het ’n woordvoerder vir Sanparke, Ike Phaahla, Maandag gesê. Veldwagters het Saterdag op ses vermeende stropers in die wildtuin afgekom en ’n skietgeveg het uitgebreek. “Drie verdagtes is doodgeskiet en die ander drie is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê. ’n Vierde vermeende renosterstroper
MK-veterane belowe nog ‘n Marikana na plundertog
Sowat 80 betogers is in hegtenis geneem Maandag vir hul betrokkenheid in ‘n gewelddadige protes buite die Germiston se Burgersentrum waar Ekurhuleni se burgemeester Mondli Gungubele geweier het om hulle toe te spreek. Die protesgroep, wat bestaan uit Umkhonto we Sizwe Militêre Veterane en die Azanian People‘s Organisation, het die gebou binnegedring, en deure, vensters
Lees verder: MK-veterane belowe nog ‘n Marikana na plundertog
Matriek: Regering doen weg met bevoegdheidstoetse vir merkers
Die regering het weggedoen met bevoegdheidstoetse vir onderwysers wat matriekvraestelle wil merk. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aan die parlement gesê die toetse sal slegs weer ingestel word ná samesprekings met die onderwysersvakbond, SADOU. Die vakbond het oor die toetse gekla nadat talle van sy lede in vorige jare nie kon slaag
Lees verder: Matriek: Regering doen weg met bevoegdheidstoetse vir merkers
Oproer in Tsonga-gebied bedaar
Die situasie by Malamulele in Limpopo was laat Maandagaand weer rustig nadat die polisie versperrings en voorwerpe op talle paaie verwyder het. Die lokasie word hoofsaaklik bewoon deur Tsongas. Die dorp self is 35 km weg geleë van die Punda Maria–hek van die Kruger Nasionale Park, hoewel die grense teen die heining van die Kruger
