Dan Roodt: Gita du Toit en die gefabriseerde konsensus

Verlede week het ek ‘n brief in die Business Day gepubliseer waarin ek verwys na die “georkestreerde veldtog” teen die Universiteit van Stellenbosch deur ‘n organisasie soos Open Stellenbosch, wat sy oorsprong in tradisionele Boerehaat het. Dit was in reaksie op ‘n meningsartikel deur Franny Rabkin wat ‘n pleidooi vir ‘n Engelse Stellenbosch gelewer het.

Lees verder: Dan Roodt: Gita du Toit en die gefabriseerde konsensus

EU ontken blaam vir vlugteling-krisis

Die krisis van massa-migrasie van vlugtelinge uit Afrika is nie veroorsaak deur die Europese lande nie, maar deur outokratiese leiers, het ‘n Europese amptenaar Dinsdag gesê. Roeland van de Geer, die ambassadeur van die Europese Unie na Suid-Afrika, het gesê die oorsaak van die krisis in Noord-Afrika “lê vierkantig by sy eie leiers”. Ná ‘n

Lees verder: EU ontken blaam vir vlugteling-krisis

Australië voer lugaanvalle uit op Sirië

Die Amerikaanse weermag sê Australiese gevegsvliegtuie het hulle eerste lugaanvalle op vestings van die Islamitiese Staat-groep in Sirië uitgevoer, het RSG berig. Australië het verlede week aangedui dat hy sy betrokkenheid by die Amerikaans-geleide optrede teen die jihadistegroep gaan uitbrei. Vroeër het die Britse eerste minister, David Cameron gesê ‘n sterk saak kan uitgemaak word

Lees verder: Australië voer lugaanvalle uit op Sirië

Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Die waarnemende burgemeester van Kaapstad, Brett Heron het die aanval op ‘n Intercape-bus in die Strand waarin twee mense dood is, veroordeel. Herron het beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting. Die motief vir die aanval op Onverwachtstraat, net langs die N2-snelweg, is nog nie duidelik nie. “Op hierdie stadium is

Lees verder: Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Keniane maak jag op albino’s

Keniane is dié week betrap waar hulle probeer het om liggaamsdele van ’n man met albinisme af te kap om dit vir moetie te verkoop. Dit het vrees vir oorgrens-aanvalle uit naburige Tanzanië laat ontstaan, het AFP berig. “Drie mense het my huis bestorm en geld geëis,” het die 56-jarige Enock Jamenya van die Vihiga-distrik

Lees verder: Keniane maak jag op albino’s

Geweld teister Jerusalem

Israeliese polisie het bekend gemaak dat ’n Joodse setlaar dood is aan wonde wat hy opgedoen het toe sy voertuig met klippe bestook is op die Wesoewer. Sy voertuig het glo onder klippe deurgeloop toe hy en twee ander insittendes onderweg huis toe was nadat hulle ’n maaltyd bygewoon het om die Joodse nuwejaar te

Lees verder: Geweld teister Jerusalem

Noodtoestand in Kalifornië na brande

Talle wonings is in ligte laaie gelaat in die wegholbrande in Seigler Springs, Kalifornië, het AFP berig. Die goewerneur van Kalifornië het Sondag ’n noodtoestand afgekondig nadat brande in die noordelike dele van die droogtegeteisterde Amerikaanse staat versprei het. Duisende mense is genoop om voor die vlamme uit te vlug. Die dorp Middletown met ’n

Lees verder: Noodtoestand in Kalifornië na brande

Hyskraan val op Mekkamoskee

‘n Hyskraan wat op die Groot Moskee geval het in Saoedi-Arabië, het die dood van minstens 107 mense veroorsaak. Die Masjid al-Haram is die godsdientige sentrum van Islam. Gelowige Moslems wat daartoe in staat is, is veronderstel om ten minste een keer in hul lewe die pelgrimstog na Mekka aan te pak. Die Groot Moskee

Lees verder: Hyskraan val op Mekkamoskee

Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Die Egiptiese regering het om verskoning gevra nadat veiligheidsmagte Sondag “per ongeluk” 12 mense, insluitende twee Mexikaanse toeriste, doodgeskiet het. Die Egiptiese ministerie van binnelandse sake sê ondersoek sal ingestel word oor hoekom die toeriste in die verbode gebied was. Tien Mexikane en Egiptenare is ook in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.

Lees verder: Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Regter Elton Hoff het Maandag sy uitspraak teen 65 beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadverhoor in Windhoek voltooi. Altesaam 30 beskuldigdes is skuldig bevind op ʼn klag van hoogverraad, nege klagte van moord en 240 klagte van poging tot moord. Die oorblywende 35 beskuldigdes is op al die klagte teen hulle onskuldig bevind. Drie van dié beskuldigdes

Lees verder: Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor