‘n Swanger vrou en haar kollega is verkrag en beroof by ‘n gastehuis in Hazyview, Mpumalanga. Die 32-jarige vrou, wat vyf maande swanger is, en haar 23-jarige kollega van Pretoria, is Sondagoggend omstreeks 03:00 deur twee swart gewapende mans by die Tatenda Gastehuis oorrompel. “Die twee mans het by die sekuriteitshek ingebreek en by ‘n
Kofi Annan probeer IS red met voorstelle vir Veiligheidsraad-hervorming
Die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, het Afrika-leiers gewaarsku om nie besluite te neem wat die funksie van die Internasionale Strafhof ondermyn nie. Dit volg in aanloop tot die AU se vergadering vandeesweek om die rol van die hof te bespreek. Annan het gisteraand sy derde jaarlikse Desmond Tutu Internasionale Vredeslesing by
Lees verder: Kofi Annan probeer IS red met voorstelle vir Veiligheidsraad-hervorming
‘Wêreld moet regmaak vir ergste met Amerikaanse dooiepunt’
Die minister van finansies, Pravin Gordhan sê die wêreldgemeenskap moet hulself vir die ergste voorberei weens Amerika se skuldkrisis. Hy het gewaarsku dat ekonomiese teenmaatreëls getref moet word om dit die hoof te bied. Gordhan het in ‘n onderhoud met Reuters gesê dat die finansiële markte gespanne raak oor die dooiepunt wat met die Amerikaanse
Lees verder: ‘Wêreld moet regmaak vir ergste met Amerikaanse dooiepunt’
Afrika ondermyn die geloofwaardigheid van IS, Den Haag
AU-leiers dreig om uit die Internasionale Strafhof te onttrek, wat pogings om menseregte-vergrype en volksmoorde op die kontinent onder die soeklig te bring, sal striem. Alhoewel die onderskeie lidlande van die AU ondertekenare van die Roomse Verdrag is teen sulke vergrype, sal ‘n politieke besluit deur die AU die Verdrag erg knou. Die twee Keniaanse
Lees verder: Afrika ondermyn die geloofwaardigheid van IS, Den Haag
‘Mal, onverdraagsame gedrag van Afrikanermans kommerwekkend’
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof Jonathan Jansen, sê hy is bekommerd oor kinders wat uit huise kom waar Afrikaanse mans hulle skuldig maak aan wat hy noem mal en onverdraagsame gedrag. Jansen het gereageer op die herrie wat losgebars het na mediaberigte oor sy standpunte oor Afrikaanse skole en Afrikaanse onderrig.
Lees verder: ‘Mal, onverdraagsame gedrag van Afrikanermans kommerwekkend’
Selebi verbeek glo nie paroolvoorwaardes nie
Die departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat die voormalige polisiekommisaris Jackie Selebi nie sy paroolvoorwaardes verbreek het deur sy huis te verlaat nie. Volgens koerantberigte is Selebi gister in Pretoria gewaar waar hy inkopies gedoen het. Die adjunk-hoofkommisaris van Korrektiewe Dienste, Teboho Mokoena sê die media mislei mense deur te insinueer dat Selebi sy
Saak uitgestel vir onderwyser wat naakfoto stuur
‘n Onderwyser wat geskors is nadat hy na bewering ‘n naakfoto van homself aan ‘n 16-jarige leerling gestuur het, sal weer in November in die hof verskyn, het die polisie in Gauteng gesê. “Hy sal weer op 6 November 2013 in die hof verskyn,” het ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê. Die onderwyser van die Hoërskool
Lees verder: Saak uitgestel vir onderwyser wat naakfoto stuur
Bloedtoets-uitslae neem staat 26 weke
Dit het die staat se forensiese diens verlede jaar ‘n gemiddeld van 26 weke geneem om die uitslae van ‘n bloedalkoholtoets te verskaf, het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, aan die parlement gesê. In ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag het Motsoaledi Maandag gesê die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria het in 2012
Senior bankbeampte sit agt jaar vir bedrog
‘n Senior beampte van Standard Bank is Maandag in die Bellville-handelshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Die 52-jarige Fowzia Davids is skuldig bevind op aanklagte van bedrog wat R1, 163 000 beloop en geldwassery. Davids het ‘n goeie salaries verdien as privaat bankier by Standard Bank en moes die bank se spesiale kliënte op hoogte
Vroue kan nog nie ANC lei nie
Die tyd is nog nie reg vir ‘n vrou om die ANC te lei nie, het die party se ANC-vroueliga (ANCWL) Maandag gesê. “Met tyd sal ons vroue-presidente in die ANC hê,” het Sisi Tolashe, hoofsekretaris van die ANCWL, aan joernaliste in Johannesburg gesê. “As ‘n bevrydingsbeweging sal ons eendag kan vier dat die tyd
