Selebi verbeek glo nie paroolvoorwaardes nie

Selebi
Selebi

Die departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat die voormalige polisiekommisaris Jackie Selebi nie sy paroolvoorwaardes verbreek het deur sy huis te verlaat nie.

Volgens koerantberigte is Selebi gister in Pretoria gewaar waar hy inkopies gedoen het.

Die adjunk-hoofkommisaris van Korrektiewe Dienste, Teboho Mokoena sê die media mislei mense deur te insinueer dat Selebi sy paroolvoorwaardes oortree het.

Selebi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van korrupsie, maar is verlede jaar op mediese parool vrygelaat.

Mokoena sê Selebi het die reg om sy huis elke Sondag tussen 9uur die oggend en 5uur die middag te verlaat.

Die koerantberigte het egter bevraagteken hoe Selebi se gesondheid só verbeter het dat hy sonder ondersteuning inkopies kan doen. – RSG

4 thoughts on “Selebi verbeek glo nie paroolvoorwaardes nie”

  1. O, die koerante vra hoedat sy gesondheid so kon verbeter dat hy sonder ondersteuning kan inkopies doen. Noem dit maar, die “siek-maar-het-herstel” bevraagtekening.

    En dis presies hier dat koerante wys hoe onderduims hulle eintlik regtig is. ‘n Normale koerant sou reguit gese het dat Selebi nooit siek was toe hy tronk toe is nie, maar dat iemand, moontlik ‘n mediese dokter, met een of ander regeringsmasjinerie se toestemming, sy mediese rekords vir die publieke oog vervals het. Want dit is snaaks hoedat hy ewe skielik terminaal siek word net voordat hy in die tronk beland, terwyl hy voor die tyd niks makeer het, toe hy op eie stoom kon voortkorrupteer.

    Maar om reguit te se dat Selebi niks makeer het voordat hy tronk toe is nie, en dat sy gefeinsde siekte maar net nog ‘n bedrogspul is om hom uit die tronk uit te kry, a la Shaik, sou beteken dat die koerante ook moes se dat hulle regering inherent korrup en onbevoeg is. Alhoewel hulle dit weet sal hulle dit nie se nie, hulle sal die maklike en onderduimse uitkoms, die “siek-maar-het-herstel” stelling gebruik, in plaas daarvan om die blaam te plaas waar dit hoort, en dit reguit te verwoord. Op die NSA van hulle maaksel se regering se absolute verhewendheid bo die gereg, die blatante miskenning van enige wette en regulasies, en die minagting vir die gewone Suid Afrikaanse blanke, wat deur hierdie saamgeflansde leuens en fasades kan sien, maar tog magteloos is om enige iets teen hierdie magsvergrype te kan doen.

    So sus die koerante ons elke dag aan die slaap met slim, gesaniteerde, woordkeuses wanneer dit kom by die korrupte regering en die NSA, waaraan koerante vandag nog steeds help bou, se voortrek van “Struggle comrades”. Alles in watte toegedraai sodat die gewone ou op straat maar nog net ‘n paar jaar of wat langer kan slaap, en wanneer hy uit sy slaap wakker word, om agter te kom dat dit dan alreeds te laat is om enige-iets daaraan te kan doen.

    Dit is belangrik dat die gros wat nog aan die slaap is, uit hulle trans geruk moet word. Die koerante probeer hulle aan die slaap hou, tot voordeel van die magsdronk, korrupte regering, want alles is nog nie in plek vir die finale doodslag op die blankes nie. Ons is wel ons weermag en polisie ontneem, maar ons het nog meeste van ons wapens. Die weermag en polisie beteken in elk geval nie veel as daar meer as honderd doelgerigte Afrikaners bymekaar is nie. Die miltere opleiding wat tans aan die swart jeug gegee word onder die vaandel van “werkskepping” wil nie lekker vlot nie, want die Tokkelossie loop te sterk daar. Daar is nog te veel Afrikaners van die regte ouderdom wat baie goeie militere en ander opleiding het. Die despote moet nog tyd gegun word, en die blanke moet vir nog ‘n paar jaar aan die slaap gehou word. Dit is die koerante se werk.

  2. Nee, hy verbreek nie paroolvoorwaardes nie! Al wet wat oortree is en deur sy “vrye beweging” illustreer word is die wet waarvolgens hy nie oor voldoende meriete beskik het om vir hierdie tipe parool in aanmerking te kom nie. Die wettelose president waarvolgens Schaik parool ontvang het, is mos reeds deur sy hooggeplaasde kaders daargestel, en hy pluk slegs heel “wettig” die vrugte.

    Almal wat oor slegs ‘n halwe verstand beskik het mos reeds tydens die hofsaak die aard van die bedrog besef toe die pes hom toevallig pak net mooi saam met die aanklagte!

    Dis slegs die sotlike liberale buiteland wat die oortuiging benodig om te sien uit watter stoffasie hulle liefling (eks)hoof van Interpol en sy kaders saamgestel is!

Maak 'n opvolg-bydrae