
Die tyd is nog nie reg vir ‘n vrou om die ANC te lei nie, het die party se ANC-vroueliga (ANCWL) Maandag gesê.
“Met tyd sal ons vroue-presidente in die ANC hê,” het Sisi Tolashe, hoofsekretaris van die ANCWL, aan joernaliste in Johannesburg gesê.
“As ‘n bevrydingsbeweging sal ons eendag kan vier dat die tyd aangebreek het en niemand sal ooit nee sê wanneer daardie tyd aanbreek nie. Ek dink ons is nou amper daar.”
Tolashe het gesê die ANC het vordering gemaak met vroue in top-posisies.
“Ons is die enigste organisasie in die land en op die kontinent wat erken dat vroue ook leiers kan wees.”
Angie Motshekga, president van die ANCWL, het gesê die liga sal ‘n vergeefse stryd stry “indien hy probeer druk” vir ‘n vroulike president of adjunk.
Motshekga het gesê die vroueliga het verlede jaar op die party se konferensie in Mangaung geweet dat dit ‘n verlore stryd is om vir ‘n vroulike president of adjunk te veg.
Sy het gesê dit beteken egter nie dat vroue in die party nie senior posisies wil beklee nie. – Sapa

Mag daar nooit so dag aanbreek nie – ons sukkel juis om ontslae te raak van die hele ANC-gespuis !
Motshekga kon nie eers die pos wat sy beklee na behore uitvoer nie – TSK !
Kan die ANCWL nie fondse insamel nie …
die een tussen die ore of die tande?
Tussen die tanne !
Die ander een is ‘n vakuool … geen geld kan daardie “gap” vul nie.
Kyk wie was die langste in die tronk en het die grootste kriminele rekord en stel die ousie biets aan. Kan nie verkeerd gaan nie, ondervinding is ‘n vereiste.
Hau ! ‘K wil daai bek leen om my wors te stop.
Snotram, Daniel, Shannon, self erkende Blanke
hater, Praat jy nou van jou tannie? Vader of moederskant?
……m.a.w. Zollie van die DA val ook uit die bus uit….? wat van Weeenie? sy weet van stompies dood druk.