Soektog na vermiste vrou afgeskaal

Die soektog na die vermiste Annetjie Myburgh van die Elanzeni-distrik naby Barberton is afgeskaal.

Myburgh is Woensdag as vermis aangegee nadat sy nie by die werk opgedaag het nie.

Daar was in die afgelope sewe weke twee inbrake en vier pogings tot inbrake by haar huis.

Myburgh werk by ‘n prokureursfirma in Witrivier. Nadat sy Woensdagoggend spoorloos verdwyn het, word daar geglo dat sy by die hek van haar kleinhoewe in Curlews naby Rocky Drift gekaap en ontvoer is.

Twee kapmesse is by die hek gevind sowel as haar bril. Twee stelle spore is langs die heining van Myburgh se kleinhoewe gevind.

Die vermeende kapers het in haar wit Pajero met die registrasienommer CHF 482 MP gevlug.

Haar twee selfone het in ‘n stadium na die Swalala Trust-selfoontoring ‘n sein gestuur, maar is sedertdien afgeskakel.

Soekspanne het in die lokasies inbeweeg met ‘n nuwe taktiese aanslag.

Kapt. Pottie Potgieter van die duikeenheid op Witrivier, koördineer die soektog en het by navraag gesê dat talle mense al ingebel het met inligting sedert daar nou ‘n beloning van R31 000 uitgeloof is.

“Ons volg alle leidrade op. As mense beweer hulle het haar Pajero in ‘n bepaalde area gesien, gaan stel ons dadelik ondersoek in,” het hy gesê.

Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice, het by navraag gesê dat, hoewel die soektog nou afgeskaal is, hulle nog reg deur die nag na haar gesoek het.

Intussen stroom aanbiedinge van hulp steeds in van regoor die land om te help met kospakkies en vervoer vir die soekgeselskap.

Boodskappe van bemoediging en gebede word ook telkens op die Facebook-groep, Bid vir Annatjie Myburgh, geplaas.

Haar man, Wendell Myburgh, het almal bedank vir hulle gebede en ondersteuning.

Swarte wat vier vroue vermoor vas

jailʼn 20-jarige swarte is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vier vroue in Hazyview, Mpumalanga.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte se oom het hom aan die polisie oorgegee. Hlathi sê dit kom nadat die liggaam van ʼn 16-jarige meisie Saterdag in ʼn straat gevind is. 

Die verdagte het erken dat hy die meisie na haar ouers se huis vergesel het en dat hy haar op pad verkrag en met ʼn baksteen teen haar kop geslaan het. 

Die man het ook erken dat hy verlede maand ʼn 58-jarige vrou in haar huis vermoor het. Die vrou is verkrag, gewurg en met ʼn hamer oor die kop geslaan. 

Hlathi sê die verdagte het ook twee bejaarde vroue, onderskeidelik 75 en 82 jaar oud, in hul huis vermoor.

Die verdagte het Maandag in die Calcutta-landdroshof verskyn en die saak is tot Woensdag uitgestel. Hy bly in aanhouding. – Sapa

Swanger vrou by Hazyview-gastehuis verkrag

Tatenda Gastehuis
Tatenda Gastehuis

‘n Swanger vrou en haar kollega is verkrag en beroof by ‘n gastehuis in Hazyview, Mpumalanga.

Die 32-jarige vrou, wat vyf maande swanger is, en haar 23-jarige kollega van Pretoria, is Sondagoggend omstreeks 03:00 deur twee swart gewapende mans by die Tatenda Gastehuis oorrompel.

“Die twee mans het by die sekuriteitshek ingebreek en by ‘n kamer ingegaan waarna hulle die twee vroue verkrag en selfone, juweliersware en skootrekenaars gesteel het,” het die bestuurder van die gastehuis, Christel Mathee, Maandag gesê.

“Ek het saam na die hospitaal gegaan. Hulle is erg getraumatiseer, ons is almal geskok.”

Die Hazyview-gebied het die afgelope paar jaar deurgeloop onder ‘n vlaag geweldmisdade.

Verlede week het drie gemaskerde mans met ‘n haelgeweer en twee pistole 108 skoliere en tien onderwysers van Laerskool Hennopspark in Centurion, Pretoria aangeval.

Die kinders, wat lede van die skoolkoor was, het by die Aan de Vliet Gastehuis oorgebly.

Kol. Leonard Hlathi het gesê niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie. – Sapa

Polisiewapens verdwyn

Meer as 60 wapens en 50 000 rondes ammunisie is vermoedelik gesteel van ‘n gespesialiseerde polisie-eenheid in Mpumalanga, berig Nuus24.

Die wapens is deel van ‘n onluseenheid in Hazyview se arsenaal.

Die eenheid is in 2007 ontbind nadat voormalige komm. Jackie Selebi beslis het dat alle spesialiseenhede ontbind moet word.

‘n Ondersoek is geloods nadat dit aan die lig gekom het dat polisievuurwapens in onlangse OTM-bomaanvalle gebruik is.

Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het bevestig dat ‘n ondersoek tans onderweg is.

poker free 10Данильченко Юрий Брониславович Харьков