Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof Jonathan Jansen, sê hy is bekommerd oor kinders wat uit huise kom waar Afrikaanse mans hulle skuldig maak aan wat hy noem mal en onverdraagsame gedrag.
Jansen het gereageer op die herrie wat losgebars het na mediaberigte oor sy standpunte oor Afrikaanse skole en Afrikaanse onderrig.
Jansen sê mense lees net wat hulle wil. Volgens hom wou hy onder meer die boodskap oordra dat die dae verby is van eksklusief Afrikaanse skole waar kinders nie met ander kulture in aanraking kom nie.
Jansen sê hy gee nie om as mense met hom verskil hieroor nie. – RSG
