
Die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, het Afrika-leiers gewaarsku om nie besluite te neem wat die funksie van die Internasionale Strafhof ondermyn nie.
Dit volg in aanloop tot die AU se vergadering vandeesweek om die rol van die hof te bespreek. Annan het gisteraand sy derde jaarlikse Desmond Tutu Internasionale Vredeslesing by die Universiteit van Kaapstad gelewer.
Annan sê hy is bekommerd oor pogings om die rol van die Internasionale Strafhof te systap. Hy sê sommige Afrika-lande soos Kenia het herhaaldelik nie sy leiers vervolg vir misdade teen die mensdom nie.
Annan het ook dade van terreur op die Afrika-vasteland veroordeel asook die hedendaagse politieke verskynsel van “die wenner-kry-alles”. Hy het dit beklemtoon dat die VN-Veiligheidsraad sal moet hervorm.
Annan sê dit kan nie geregverdig word dat Afrika met sy 54 lande nie ‘n enkele setel in die Veiligheidsraad het nie.
Hy sê so het lande in Latyns-Amerika, wat ‘n vyfde van die wêreld se bevolking het, ook nie ‘n setel nie. – RSG

Afrika stel glad nie belang in die Internasionale Strafhof en sal dit bly ondermyn en minag. Afrika het sy eie regstelsel en dit is wat die kaptein sê is daardie stam se wet. Hulle probeer die regstel hier ook ondermyn want Shaik, Selebi, Winnie ens loop los rond buite die tronkdeure. Wat gebeur met al die ondersoeke teen Zuma? Daar word die regstelsel ook geondermyn.
Koffie, hier gebruik hella sommer die tyres en kleppe.
Hella glo nie in beskawing se geldmors nie.