Skokgranate en rubberkoeëls teen oproeriges by Kimberley

Die polisie in Kimberley moes Maandag skokgranate en rubberkoeëls gebruik op ‘n skare oproeriges van sowat 200 van die gemeenskap in Roodepan en Lerato Park uitmekaar te jaag. Die oproermakers het die hoofingang na Roodepan met klippe, rommel en brandende bande versper. Volgens polisiewoordvoerder Andrea Cloete, is drie mense beseer in die oproer teen wat

Lees verder: Skokgranate en rubberkoeëls teen oproeriges by Kimberley

Eskom hou openbare verhore oor hoër tariewe

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal vandag en môre openbare verhore hou om Eskom se voorgestelde verhoging in die verbruikersprys van elektrisiteit te bespreek. Die elektrisiteitsverskaffer het Nersa verlede maand genader om die verhoging aan te vra want munisipaliteite verhoog in Julie hul kragtariewe aan verbruikers. ‘n Styging van 12,69% vir vanjaar is reeds

Lees verder: Eskom hou openbare verhore oor hoër tariewe

Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep. Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer die saak van die families van mynwerkers wat in die Marikana-tragedie in 2012 dood is.

Lees verder: Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Vyf vermeende renosterstropers het Maandag in die KwaMsane Landdroshof in Kwazulu-Natal verskyn waarna hulle op R5 000 borgtog elk vrygelaat is, het News24 berig. Die vyf mans is 13 Junie in hegtenis geneem na ‘n wenk dat renosterstropers op pad was om ‘n renoster in die Umfolozi-gebied te stroop. Polisie het die vyf omstreeks sewe-uur

Lees verder: Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Oorlogsmonument weer beskadig

Die oorlogsmonument in Uitenhage in die Oos-Kaap is met wit verf beskadig het RSG berig. Dit is die tweede voorval van vandalisme by die standbeeld die afgelope ruk, nadat dit in April vanjaar aan die brand gesteek is. Ander standbeelde wat vanjaar in die provinsie deurgeloop het, is die standbeeld van Koningin Victoria, ‘n beeld

Lees verder: Oorlogsmonument weer beskadig

Namibiese oogspesialis wen Nelson Mandela-prys

Die Namibiese oogspesialis, dr. Helena Ndume, bekend vir haar liefdadigheidswerk met gesiggestremdes, het pas die Verenigde Nasies se eerste Nelson Mandela-prys in New York verower. Die Portugese president Jorge Sampaio sal ook die prys ontvang, het die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, Sam Kutesa Maandag gesê. Ndume is glo bekend vir

Lees verder: Namibiese oogspesialis wen Nelson Mandela-prys

Olimpiese atletieklegende oorlede

Die Bloemfonteinse atletieklegende en wenner van die hoogspringtitel vir vroue by die Olimpiese Spele in 1952 in Helsinki, Finland, Esther Brand is gister op die rype ouderdom van 92 jaar in Bloemfontein oorlede. Brand is tot op hede die enigste Suid-Afrikaanse vroue-atleet wat ‘n goue medalje by ‘n Olimpiese Spele kon vermag. Sy het gewen

Lees verder: Olimpiese atletieklegende oorlede

Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval

‘n Bejaarde man is Sondagoggend met ‘n skêr in sy oog en rug gesteek toe hy en sy vrou deur twee swart verdagtes op hul plaas in Noordwes aangeval is. Johannes Haasbroek (73) en sy vrou het albei in hul plaashuis op die plaas Friedslard in Ganyesa geslaap toe die aanval gebeur het. Noordwes polisiewoordvoerder,

Lees verder: Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval

Nog chaos dié week in parlement verwag met Bashir-debat

President Jacob Zuma het sy spyt en teleurstelling uitgespreek oor die chaos in die Parlement toe ‘n beplande vraag- en antwoordsessie tussen hom en parlementslede weer verdaag moes word. Chaos word dié week verwag met die debat oor die Soedanese president se verdwyningstoertjie nadat hy ‘n Hooggeregshofuitspraak verontagsaam het. Die ACDP se hoofsweep, Cherelyn Dudley,

Lees verder: Nog chaos dié week in parlement verwag met Bashir-debat

Standaardtarief vir doktersbesoeke bekyk

Die Raad op Gesondheidsfinansiers vra dat ‘n standaardtarief vir gesondheidsorg ingestel word om stygende mediese kostes aan bande te lê, het RSG berig. Die Raad het gereageer op kommer dat ‘n toenemende aantal dokters kontant van pasiënte vereis voor hulle behandeling ontvang. In talle gevalle is dié bedrag meer as wat mediese fondse betaal. In

Lees verder: Standaardtarief vir doktersbesoeke bekyk