N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

Oproerigheid het daarvoor gesorg dat talle mense in hegtenis geneem is in die Oos-Kaap vir openbare geweld. Die polisie was uiteindelik genoodsaak om traangas en skokgranate te gebruik om die skare uiteen te jaag. Oproermakers het die die N2 tussen Oos-Londen en King William’s Town versper. Die inwoners van Tshabo het buitebande op die pad

Lees verder: N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

President lewer moeë Staatsrede

In ‘n Staatsrede wat verskeur is deur opposisielede, het president Jacob Zuma min op detail gefokus en byna hoegenaamd nie op die Nasionale Ontwikkelingsplan nie, die regering se groei bloudruk. Zuma het benadruk dat die skep van werkgeleenthede vinniger ekonomiese groei vereis, maar effektief begin met die 2016 plaaslike regering verkiesingsveldtog. Hy het direkte ingryping deur die

Lees verder: President lewer moeë Staatsrede

Opleidingsvlug eindig in ramp

‘n Roetine lugmagopleidingsvlug het Dinsdag in ‘n ramp geëindig toe die vliegtuig in ‘n berg in Mpumalanga vasgevlieg het en die dood van sy twee bemanningslede en ‘n passasier tot gevolg gehad het. Die Cessna Caravan C208 van 41 Eskader, wat gebaseer is op Waterkloof Lugmagbasis, Pretoria, het in die hange van Blystaanhoogte, nie ver

Lees verder: Opleidingsvlug eindig in ramp

Boerehaat op die internet: Wat gaan ons doen?

Die pla my al geruime tyd dat daar soveel negatiewe inligting oor Afrikaners op die internet bestaan. Doen ‘n mens enige soektog met die slagwoorde “Afrikaner” of “Boer”, word jy gekonfronteer met honderde blaaie waar dit gaan oor apartheid, rassisme, diskriminasie teen swartes, konserwatisme, Calvinisme en wat nog. Daar bestaan waarskynlik geen ander volk op

Lees verder: Boerehaat op die internet: Wat gaan ons doen?

praag se voorkoms het verander

praag se voorkoms het verander! Lewer gerus hier onder kommentaar op die nuwe voorkoms, wat ons nog verder oor die volgende dae en weke sal verfyn. Ons het besluit om die meer teksgerigte voorkoms wat reeds op die Engelse praag te siene was, te gebruik. Nie net gaan dit vir ons makliker wees om by

Lees verder: praag se voorkoms het verander

Oproer breek naby Durban uit

Meer as 300 mense het hulle tot klipgooiery gewend by die Seatideplakkerskamp by La Mercy naby Durban in KwaZulu-Natal. Paaie is met klippe versper deur oproerige inwoners. Die oproeriges eis HOP-huise wat glo deur die eThekwini-munisipaliteit aan hulle beloof is. Die polisie is in die gebied ontplooi en monitor die tans die situasie. Oproeriges sê

Lees verder: Oproer breek naby Durban uit

Militêre veterane kry voortaan gratis dienste

Ter ere van die jeug van 1976, sal alle militêre veterane voortaan op gratis dienste geregtig wees. Die departement van militêre veterane het ter viering van Jeugdag aangekondig dat veterane voortaan gratis gesondheidsorg, onderrig, behuising en ondersteuning vir sake-ondernemings sal ontvang. Swart jeugdiges het tydens die Soweto-opstand in 1976 “teen Afrikaans” by vryheidsbewegings soos Umkhonto we

Lees verder: Militêre veterane kry voortaan gratis dienste

LUR: Wit en swart skole in Gauteng moet saamsmelt

Wit Afrikaanse skole in Gauteng sal aanstons met swart townshipskole moet “saamsmelt” vir “beter integrasie tussen skole” ter bevordering van “nie-rassigheid”. Die opmerkings deur Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, kom nadat hy reeds ’n tegniese span aangestel het om “sosiale kohesie te bevorder”. Lesufi het aan Beeld gesê hy wil so ’n splinternuwe

Lees verder: LUR: Wit en swart skole in Gauteng moet saamsmelt

Terreur-selle in SA laat gevaarligte flikker

Die Volksblad berig dat Al-Sjabaab-selle, afkomstig van Somalië, vir Suid-Afrika ‘n bedreiging inhou. Die groep is deur Osama bin Laden in die lewe geroep. Kenia het sedert verlede jaar alle Somaliërs gebrandmerk ná ’n aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi. Samantha Lewthwaite, ’n Britse vrou, was glo die baasbrein agter die bomaanval op die winkelsentrum in

Lees verder: Terreur-selle in SA laat gevaarligte flikker

Oproeriges in Soweto bestook motoriste met klippe

Oproermakers in Soweto het Dinsdagoggend begin klipgooi na verbygaande motoriste en motorbande aan die brand gesteek. “Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Dit is nie veilig om in hierdie gebied te bestuur nie,” het ‘n woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, ao. Wayne Minnaar gesê. Die oproerigheid het by die kruising van Mofolo- en

Lees verder: Oproeriges in Soweto bestook motoriste met klippe