Oproermakers in Soweto het Dinsdagoggend begin klipgooi na verbygaande motoriste en motorbande aan die brand gesteek.
“Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Dit is nie veilig om in hierdie gebied te bestuur nie,” het ‘n woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, ao. Wayne Minnaar gesê.
Die oproerigheid het by die kruising van Mofolo- en Vincent-straat in Soweto begin, het hy gesê.
Dit is nie bekend waaroor die inwoners ontevrede is nie.

Weereens duur die oefeninge voort.
En is mens nie al absoluut keelvol verby nie .
Mag ‘n paar van daardie klipgooiers getref word deur hul eie klippe.
Hou so aan, binnekort vreet julle mekaar wanneer julle finale revolusionere plan in wording kom, waar gaan julle dan kla?