Ter ere van die jeug van 1976, sal alle militêre veterane voortaan op gratis dienste geregtig wees.
Die departement van militêre veterane het ter viering van Jeugdag aangekondig dat veterane voortaan gratis gesondheidsorg, onderrig, behuising en ondersteuning vir sake-ondernemings sal ontvang.
Swart jeugdiges het tydens die Soweto-opstand in 1976 “teen Afrikaans” by vryheidsbewegings soos Umkhonto we Sizwe aangesluit.

Mbulelo Musi, woordvoerder, het in ‘n verklaring duisende militêre veterane wat gedurende hierdie tydperk 38 jaar gelede aangesluit het, gelukgewens.
Op 16 Junie 1976, het ‘n groep skoolkinders uit Morris Isaacson High School in Orlando, Soweto, oproerig geraak “oor Afrikaans as die medium van onderrig”.
Dié en ander verbeelde griewe teen die apartheidsregering is deur die Afrikaans-vyandige pers kunsmatig opgeblaas tot ‘n “internasionale insident” nadat ‘n foto van ‘n dooie swart kind, Hector Pieterson, internasionale voorblaaie gehaal het.
Die Pieterson-gesin was oorspronklik die Pitso-gesin, maar het glo besluit om die Pieterson-naam aan te neem om te probeer om as Kleurlinge geklassifiseer te word.
Daar word tewens bespiegel dat die 12-jarige deur swartes vermoor is omrede hy nie as swart gesien wou word nie.
Deesdae is daar geen buitelandse koerant wat in die daaglikse oproer, brandstigting, moorde en plundery belangstel nie, alhoewel dit baie meer wydverspreid en sonder ophou plaasvind.
Die dag word steeds gevier as “Jeugdag” onder swartes en wit Mandela-aanbidders.
