Gaye Derby-Lewis het vanmiddag by monde van haar prokureur erken dat haar man, Clive terminaal siek aan kanker is. Die omvang van sy siekte is na verskeie toetse bekend gemaak. Volgens mev. Derby-Lewis is Clive se siekte probleme nou as gevolg van die feit dat sedert kanker die eerste keer ‘n paar jaar gelede by
DA kla na Zuma nie anti-gay Oeganda veroordeel nie
Die Demokratiese Alliansie sê president Jacob Zuma se versuim om Oeganda se anti-gay-wetgewing te veroordeel, is ‘n belediging vir die Grondwet asook oudpresident Nelson Mandela se siening oor menseregte wat Suid-Afrika se buitelandse beleid rig. Zuma het vroeër op ‘n parlementêre vraag oor die saak gesê Suid-Afrika respekteer die soewereiniteit van ander lande om hul
Lees verder: DA kla na Zuma nie anti-gay Oeganda veroordeel nie
Sewe wit Suid-Afrikaners saam in VSA Meesterstoernooi
Nie minder nie as sewe wit Suid-Afrikaners jaag die wit balletjie in dieselfde toernooi. Die sewe wit gholfspelers slaan Donderdagoggend af in die 78ste Amerikaanse Meesterstoernooi. Suid-Afrika se gholflegende Gary Player wat in 1961 die eerste nie-Amerikaner was wat die toernooi gewen het, slaan eerste af saam met ander meesters, Arnold Palmer en Jack Nicklaus
Lees verder: Sewe wit Suid-Afrikaners saam in VSA Meesterstoernooi
Renosterslagting duur voort
Renosterstropery in die Krugerwildtuin duur voort ondanks lug-en voetpatrollies, meer veldwagters en die ontplooiing van soldate in die gebiede. Die departement van Omgewingsake het bekendgemaak dat 277 renosters reeds vanjaar gestroop is. Teen dieselfde tyd verlede jaar, is 203 renosters vir hulle horings van kant gemaak, het RSG berig. Die departement sê meer as die
Pure gif teen wit boere met nuwe grondgrypvoorstelle
Agri-Noordwes en die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika het hulle stemme by ‘n aantal ander landbou-organisasies gevoeg teen die regering se jongste grondgrypvoorstelle. Die betrokke dokument heet Final Policy Proposals for Strengthening the Relative Rights of People Working the Land, en fokus op die “uitbuiting” van swart arbeid. Ingevolge die voorstelle kan plaaswerkers op kommersiële plase die
Lees verder: Pure gif teen wit boere met nuwe grondgrypvoorstelle
Opposisiepartye verwelkom ad hoc-komitee oor Nkandla
Die Speaker van die parlement het aangekondig dat ‘n ad hoc-komitee ingestel sal word om te handel met die verslag van die Openbare Beskermer oor Nkandla. Die veelparty- ad hoc-komitee van 12 lede sal president Jacob Zuma se reaksie op die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag bestudeer en voor die verkiesing terugvoer gee. Thuli Madonsela, die
Lees verder: Opposisiepartye verwelkom ad hoc-komitee oor Nkandla
Nuwe Eskom-hoof onder wolk van agterdog oor pensioenfonds
Ná ‘n versoek van Cosatu om meer inligting oor die persoonlike verryking van die waarnemende hoof van Eskom, Collin Matjila, tydens ‘n beleggingstransaksie, het Matjila skielik sy pos verlaat dog sonder om amptelik te bedank. Volgens die sakekoerant Business Day, het Matjila persoonlik gebaat by ‘n transaksie deur Kopano ke Matla, ‘n beleggingsmaatskappy van Cosatu.
Lees verder: Nuwe Eskom-hoof onder wolk van agterdog oor pensioenfonds
Verwarring heers oor nuwe nommerplate
Die LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu het gesê die nommerplaatstelsel is gewortel in apartheid en is irrelevant vir huidige landdrosjurisdiksie en -grense. Kommer heers oor ‘n moontlike vermorsing van tyd en hulpbronne – terwyl verwarring heers – oor voorstelle vir nommerplate wat regoor die land gaan verander. KwaZulu-Natal het ‘n plan wat die
Media uitgenooi na Bevry Clive Derby-Lewis-betoging
Die organiseerders van die Bevry Clive Derby-Lewis-betoging nooi die media uit om hul aksie om 9:00 op Saterdag 12 April te Kerkplein, Pretoria, by te woon. Afgesien van die bekende sanger-aktivis, Steve Hofmeyr, sal ‘n hele aantal partye en Afrikaanse organisasies die betoging bywoon. Mnr. Derby-Lewis, ‘n voormalige LV van die Konserwatiewe Party en burgemeester
Lees verder: Media uitgenooi na Bevry Clive Derby-Lewis-betoging
EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering
Die Wes-Kaapse onderleier van die DA, het Dinsdag aan sakelui in Bellville gesê die EFF se kiesers kom van die DA. “Weet julle die EFF het die meeste van sy kiesers van die DA getrek?” het Teuns Botha gesê en daarmee erken dat die steunbasis van sy party ver-links is. Hy wou egter nie in die
Lees verder: EFF-kiesers kom van DA-aanhitsing oor dienslewering
