Die President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in die huise wel water sal lewer, maar dat daardie water totaal onbruikbaar sal wees. “As die Staat homself as die beskermer van die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul.
Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het
Die Malawiese president Joyce Banda het verlede jaar haar luukse straler verkoop om sleutelskenkers soos Brittanje gelukkig gehou. Die straler is glo gekoop deur ‘n prominente Suid-Afrikaanse wapengroep, maar Banda gebruik steeds die vliegtuig sonder enige koste. Die Dassault Falcon 900EX is gekoop deur Bohnox Enterprises, ‘n firma wat in die Britse Maagde-eilande geregistreer is.
Lees verder: Banda vlieg hoog in straler wat sy kwansuis verkoop het
Beskermd: Bodem 14: Die roete
Daar is geen uittreksel nie want hierdie is ‘n beskermde bydrae.
Antraks-skok by Sanral
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moes sy hoofkantoor in Midrand Dinsdag ontruim na na ‘n vermeende antraks-aanval. Die Tshwane-eenheid vir gevaarlike stowwe (Hazmat) is na die toneel geroep nadat ‘n “verdagte koevert met ‘n wit stof ” op die perseel gevind is, het die uitvoerende hoof Nazir Alli gesê. “Ons weet nie wat dit is nie,”
IMF: SA-ekonomiese groei afwaarts aangepas
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal volgens die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitskatting vanjaar met 2,8% groei. Die IMF het in sy verslag oor groeivooruitsigte vir die jaar Suid-Afrika se groei afwaarts aangepas van sy vorige projeksie van twee komma nege persent. Groei in ander ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë sal na verwagting vanjaar tot vyf komma
Swaarlywige swart nasionalis Mazibuko soek steun
Die swaarlywige parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko, hou gewis nie van Afrikaners nie en sy sê dit hardop. Die DA gaan ongetwyfeld skrille Afrikanerhaat en anti-wit regstellende aksie as ‘n deurlopende tema in die komende verkiesing aanwend, met waarskynlik verdere funeste gevolge vir misdaad teen wittes en plaasmoorde. Mazibuko het onomwonde tydens ‘n
Lees verder: Swaarlywige swart nasionalis Mazibuko soek steun
Snowden vrees vir sy lewe na openbare doodsdreigemente
Edward Snowden se Russiese regsverteenwoordiger het Dinsdag gesê die voortvlugtige Amerikaner vrees vir sy lewe. Openbare doodsdreigemente is onlangs deur ongeïdentifiseerde Pentagon-beamptes gemaak. Volgens die asielsoeker se regsverteenwoordiger Anatoly Kucherena word Snowden deurentyd deur veiligheidswagte vergesel en oorweeg hy maatreëls om sy veiligheid op te skerp. “Daar is werklike dreigemente op sy lewe daar buite wat beslis bestaan,”
Lees verder: Snowden vrees vir sy lewe na openbare doodsdreigemente
Regering wil gesprekke oor platinum-loondispuut fasiliteer
Adjunk-president Kgalema Motlanthe het Dinsdag gesê die regering sal wanhopige gesprekke tussen Amcu en platinummaatskappye Woensdag fasiliteer om te verhoed dat ‘n staking die brose sektor lamlê en verdere skade aan die land se reputasie aanrig. Die minister van Arbeid, Mildred Oliphant voer vandag namens die regering samesprekinge met mynmaatskappye en vakbonde in aanloop tot
Lees verder: Regering wil gesprekke oor platinum-loondispuut fasiliteer
Anargie, geweld, winste as Amcu-staking misluk
Die komende staking by platinummyne deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) by die platinum- en goudprodusente kan tot geweld lei, skryf ‘n arbeidskenner Jan de Lange in Sake24. De Lange sê omstandighede by die platinummyne van Anglo American Platinum, Impala Platinum (Implats) en Lonmin, is uniek en verskil van dié by goudmyne.
Hoe meer haas, hoe minder spoed…
Die beeldhouers van die nuutopgerigte standbeeld van Nelson Mandela by die Uniegebou het om verskoning gevra vir die haas op Mandela se beeld, het die departement van kuns en kultuur Dinsdag gesê. “Ons aanvaar hul verskoning en dat hulle bedoelings eerbaar was,” het die woordvoerder van die departement Josias Pila in ‘n verklaring gesê. Hy
