Theresa May neem oor van Cameron

Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig. May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het. Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende

Lees verder: Theresa May neem oor van Cameron

Bulle van Pamplona maai onder hardlopers

Twee mans wat aan ‘n jaarlikse bulstormloop in Spanje deelgeneem het, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle gegaffel is. Een het ‘n nekwond en die ander ‘n borswond opgedoen. Die twee het Sondag in Pamplona, Spanje, aan die Sint Fermín-fees in die stad deelgeneem waar daar elke oggend ses bulle vrygelaat

Lees verder: Bulle van Pamplona maai onder hardlopers

Suid-Soedan: Oliekonflik woed

Minstens 150 soldate van Suid-Soedan is dood in hernude gevegte tussen die weermag en die voormalige rebelle wat lojaal aan visepresident Riek Machar is. Hewige gevegte het Maandag in Suid-Soedan se hoofstad, Juba, gewoed ondanks internasionale beroepe tot kalmte nadat dodelike skermutselinge duisende mense op die vlug laat slaan het. Die jong land se wankelrige

Lees verder: Suid-Soedan: Oliekonflik woed

Moslemgemeenskap in Johannesburg geskok oor ISIS-verdagtes

Die inhegtenisneming van vier vermeende ondersteuners van die Islamitiese Staat (ISIS) en die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade in Pretoria oor moontlike terreuraanvalle, mag dalk verband hou tot groot skok van die plaaslike Moslemgemeenskap. Amerika en Brittanje het in Junie gewaarsku dat terreuraanvalle by winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom. Die woordvoerder van die

Lees verder: Moslemgemeenskap in Johannesburg geskok oor ISIS-verdagtes

Swart aanvallers slaan op dokter en sy siek vrou toe

Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee aanvallers wat ‘n dokter en sy vrou Maandagaand in hul plaashuis by Halfkroondrift in die Kroonstad-distrik oorval het. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die 71-jarige Jacobus Troskie het omstreeks 19:00 by die huis aangekom. Sy 69-jarige vrou, Natalie, was alleen tuis. Troskie het met sy aankoms

Lees verder: Swart aanvallers slaan op dokter en sy siek vrou toe

Zimbabwe gaan weer staak

Nog ‘n Zimbabwiese geestelike het hom by die geledere aangesluit van diegene wat standpunt teen president Robert Mugabe se bewind inneem vanweë die verslegtende ekonomiese toestand. In ‘n gelade preek Sondag wat agterna viraal versprei het, het Emmanuel Makandiwa, die stigter en “profeet” van die Verenigde Familie- Internasionale Kerk, gemaan dat daar  meer betogings gaan

Lees verder: Zimbabwe gaan weer staak

Brief: My pa was ‘n donkie

My Pa het my altyd vertel hoe hulle op skool ‘n bord met die woord “Donkie” om hulle nek moes dra elke keer as hulle swak gedoen het met die Engels. Nou vir ‘n jong Boere-lat was Engels nie die maklikste ding op aarde nie en die gevolg was dat hy menige pouses as ‘n

Lees verder: Brief: My pa was ‘n donkie

Facebook meen grafiese geweld teen wit beamptes is gemeenskapsvriendelik

Facebook weier om ‘n walglike afbeelding van ‘n Black Panther wat ‘n wit polisiebeampte se keel afsny van ‘n bladsy te verwyder wat deur die vermeende Dallas-skieter Micah Johnson gebruik is. Die grusame foto toon ‘n man geklee is in swart wat die keel van ‘n wetstoepasser in uniform met ‘n mes afsny terwyl bloed

Lees verder: Facebook meen grafiese geweld teen wit beamptes is gemeenskapsvriendelik

Twee verdagtes van Greytown-plaasmoord verskyn

Twee swart mans, 18 jaar oud, verskyn vandag in die Greytown-landdroshof op aanklagte van moord en huisroof na die moord op ‘n plaaslike boer vandeesweek in KwaZulu-Natal. “Greytown se speurders het onvermoeid sonder ophou gewerk om seker te maak dat die beweerde verdagtes wat betrokke was by die moord op Sarel David Theron aan die

Lees verder: Twee verdagtes van Greytown-plaasmoord verskyn

Lesotho: Redakteur geskiet

Die redakteur van die Lesotho Times en Sunday Express koerante Lloyd Mutungamiri is geskiet en gewond by sy huis in die hoofstad Maseru. Hy is geskiet omstreeks middernag Saterdag toe hy sy motor geparkeer het ná sy terugkeer van die werk af. Sy vrou Tsitsi Mutungamiri het gesê sy het ‘n paar skote gehoor en

Lees verder: Lesotho: Redakteur geskiet